courant
1 Wellington
dié
29 Maart 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 413
29 Maart 2017
•OUD-JOERNALIS LEI BREYTENBACH-SENTRUM
Dié liefde kom lank - Lötter 'Koester vir nageslag'
•Jaomi Zeeman Die Breytenbach-sentrum het hierdie week ‘n nuwe bestuurder aangestel. Francois Lötter, voormalige senior assistentredakteur van Die Burger en Beeld, sal vanaf 1 Mei in die bestuurstoel van die sentrum sit. Francois stap al ‘n lang pad in die joernalistiek en kreatiewe wêreld. Hy was onder andere die hoof van die Volksblad se buitekantore, ‘n politieke beriggewer in die Parlement, Beeld se buitelandse redakteur, nuusredakteur en redakteur in Pretoria en uiteindelik ook van 2004 tot 2011 Die Burger se senior assistentredakteur in Kaapstad. As redaksielid van Beeld en Die Burger was Lötter betrokke by kulturele en gemeenskapsprojekte soos die Aardklop-kunstefees in Potchefstroom, die Absa KKNK in Oudtshoorn en die Suidoosterfees in Kaapstad. Hy was ook redakteur van die Absa KKNK se feeskoerant Krit. Lötter was die afgelope paar jaar betrokke by die Eugène Marais-stigting en is ook lid van die trusteeraad van die Hugenote Gedenkskool in Dal Josafat. Volgens Francois is hy baie opgewonde oor hoe hy sy vorige ondervinding tot voordeel van
Roses vs Hillcrest
Die rugbyspanne van Roses United en Hillcrest United pak mekaar Saterdag op Pelikaanpark in ‘n epiese stryd in die Boland Rugby-unie se Groot Uitdaag-beker. . Die hekke maak reeds 12h00 oop en wedstryde begin vanaf 13h00. Toegang is R10 per persoon en R10 per voertuig. Kontak Jovan-re Cupido by 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com met navrae.
die Breytenbach-sentrum sal kan aanwend. “Die skeppende omgewing waarin ek gewerk het, die skeppende mense oor ‘n wye spektrum wat my pad gekruis het, lang werkure, netwerk kontakte, redaksionele bestuurposisie, joernaliste as personeel, my liefde vir die gemeenskapslewe, spertye, mensekennis, spanwerk, ensovoorts sal my moet help om die werk te doen,” sê hy. Alhoewel Francois voorheen geen amptelike verbintenis met die sentrum gehad het nie, was dit ‘n plek wat hy gereeld besoek het. “Ek is al vir lank ‘n gereelde besoeker by van die aanbiedinge en projekte van die sentrum. As joernalis het ek foto’s hier geneem wat in Die Burger gebruik is. "Die liefde kom ‘n lang pad - van die amptelike opening van die sentrum wat ek bygewoon het as mediaverteenwoordiger,” vertel hy. Vir hom is daar sekere dinge wat ononderhandelbaar is by ‘n entiteit soos die Breyten-
bach-sentrum. “Die onvoorwaardelike saam beleef en ervaar en deel van kuns- en kultuurdinge wat elkeen na aan die hart lê en jou die mens maak wie jy is. "Beleef saam met ander dit wat jy koester en laat ander toe om te koester wat vir hulle maak wie hulle is. "Leef en laat leef. Geniet dit. Dit is die dinge wat die swaarste moet weeg,” sê hy. Volgens Francois is die sentrum vir hom ‘n simbool van erkenning en herkenning van geregtigheid en ongeregtigheid. “Dit is ook ‘n simbool van saamwees en saamwerk en saam kennis deel en saam kuns maak, musiek maak, en saam menswees. "En om mekaar te wys dis lekker en goed en dit moet so wees en moes eintlik altyd so gewees het,” verduidelik hy. Louis Duvenhage, voorsitter van die direksie van die Breytenbach-sentrum, voel baie positief oor Francois se aanstelling. “Lötter vat nou die stokkie by Theo Kemp oor. Theo het die grondslag gelê en die sentrum tot ‘n organiese projek wat tot voordeel is van die mense van Wellington en elders opgebou. "Ons weet dat Francois hierdie etos van die Sentrum verder sal uitbou. Ons wens hom alle sterkte toe.” Volgens Francois lê die sentrum se grootste bate in die Breytenbach-etos, die personeel, die vrywillige deelnemers en die dinge wat saam by die Sentrum beleef word. Oor sy visie vir die Breytenbach-sentrum voel hy baie sterk: “Dat die hele plaaslike gemeenskap, sowel as die kuns- en kultuurgemeenskap hier en elders die sentrum en waarvoor dit staan sal koester as hulle eie en sal in stand hou vir die nageslag. Nie omdat ons moet nie, maar omdat ons wil.”
NUUS • NEWS