419 dié courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

NUUS • NEWS

dié

10 Mei 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 419

10 Mei 2017

•PLAASLIKE KUNSTENAARS OOK OP VERHOOG

Stasiefees se wiele rol volstoom voort •Jaomi Zeeman

Wellingtonners kan hierdie naweek na groot feesvieringe en vermaak uit die boonste rakke uitsien wanneer plaaslike kunstenaars saam met bekende name in die vermaaklikheidsbedryf sal optree. ‘n Uitstekende vertoning wat al vir ag jaar met groot welslae deur die land toer, gaan Vrydagaand 12 Mei as platform vir ‘n heerlike ABBA-makietie dien. Volgens die plaaslike kunstenaar Karin Kay, wat as seremoniemeester by hierdie geleentheid sal optree, is “ABBA Magic SA” ‘n betowerende produksie. “Die produksie het reeds in 2008 ontstaan toe daar aan ‘n unieke vertoning by die 2009 ABSA KKNK begin werk, is. "Die ABBA Magic SA vertoning is in 2009 by dié fees opgevoer en dit was só gewild dat hulle die wynsaal moes sluit, omdat dit oorvol was met mense wat die vertoning wou sien,” vertel sy. “Nou kan Wellingtonners hul beste ABBApakkies aantrek en hierdie vertoning Vrydagaand op hul eie drumpel kom geniet.” Die vertoning word deur vier kunstenaars, almal individueel suksesvol in hul eie reg, gedoen. Hulle is Nadia Louw, Hugo Nieuwoudt, Lee Scott en Rene van Reenen. Hierdie kunstenaars het almal hul eie solo loopbane, maar het besluit om vir die ABBA Magic SA-produksie kragte saam te span. Hulle het sedert hul eerste vertoning in 2009 by die KKNK al by talle ander feeste en funksies opgetree en regdeur die land en ook in die buiteland, getoer. Hierdie heerlike aand van vermaak is die voorloper tot die hele naweek se feestelikheid. “Die ABBA Magic-vertoning is eintlik die opwarmingsoefening vir al die ander vermaak wat die naweek tydens die Stasiefees op Wellingtonners wag,” sê Karin. Die jaarlikse Stasiefees, wat by die Stokeryweg-terrein van Wellington Wyne plaasvind, beloof om hierdie jaar weer ‘n groot hoogtepunt op die dorp se sosiale en kultuur-kalender te wees. Talle plaaslike kunstenaars sal saam met groot name op die verhoog verskyn om vir ‘n hele naweek se saamkuier en vermaak te sorg. Besoekers kan onder andere uitsien na ver-

Stigtersdag: Dié dag, wat ook die herdenking van Dr. Andrew Murray se verjaars-

dag (9 Mei), is die naweek gevier. Ruan Palvie, hoofseun van Hugenote Hoërskool, lê ‘n krans by die standbeeld van Andrew Murray. Sien berig op bladsy 3.

tonings deur die plaaslike sanggroep Adagio, Stephan Visagie, Jaco, Hugo Nieuwoudt en die Ghoema-bekroonde Refentse. Die bekende Karin Kay sal natuurlik ook optree, terwyl sy die seremoniemeester van die hele fees is. Dit is nie net op die musiekverhoog dat plaaslike sterre met die bekendes sal skouers skuur nie – daar sal ook tydens praatjies, in die kostent, by die boekuitstalling, tydens die kindervermaak, sowel as in die buite-arena bekende gesigte saam met die beroemdes verskyn. Amoré Bekker, die kinder-gunstelinge Tjiff en Tjaff en tannie Poppie van Kokkedoor-faam

MOTHER'S DAY AT SABINO CANYON SPUR

is maar ‘n paar van die bekendes wat saam met die Klopse, Rieldansers, Groenberg Koor, Tommy Oliver en ons eie Kokkedoortjie, Thali Hugo, by die fees te sien sal wees. Besoekers kan vir slegs R15 ‘n pret-treinrit Paarl toe en terug geniet. Hulle kan ook die motoruitstalling besigtig, by die plaaslike skrywers se boekuitstalling inloer, winskope by die talle stalletjies raakloop, wyn proe, praatjies bywoon, na demonstrasies kyk, rotsklim, aan die hekelmarathon deelneem of net heerlik saamkuier. Kaartjies vir die ABBA Magic SA-vertoning is teen R100 elk by Herbert Sills, 082 374 3146, beskikbaar.

POP A BALLOON AND STAND A CHANCE TO WIN ONE OF FOUR KEN FORRESTER HAMPERS Hampers include: 1 bottle of Ken Forrester wine, a Ken Forrester wine tasting voucher, a branded apron and spice rub.

Complimentary welcoming glass of Ken Forrester wine for all Moms on arrival!

SABINO CANYON SPUR Alcohol not for Sale to Persons Under the Age of 18.

Only valid on 14 May 2017. Eat-in only. Ts and Cs apply.

www.spur.co.za

Customer Care: 0860007787

28976s

Beansa Building, Cnr Renier & Voortrekker Roads, Malmesbury. 022 487 1511


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
419 dié courant wellington by DieCourant - Issuu