c urant
dié
1 Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
24 Mei 2017
16.3%
N7-konstruksie vertraag
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 421
Gemeenskap span saam teen indringers
24 Mei 2017
Stryd van die grotes vir Boland-rugby
Skoolkore deel verhoog met Emo
Die Afrikaanse sanger, Emo Adams, het Woensdag Malmesbury laat gons met sy passies en skerpskets-kwinkslae. Adams het saam met die kore van die Laerskool en Hoërskool Swartland opgetree as deel van 'n fondsinsamelingsprojek vir die twee skole.
•FINALE MUNISIPALE TARIEWE MÔRE BEPAAL
Begroting ter tafel Die finale meerjarige begroting van die Swartland Munisipaliteit word môre voor die raad gelê vir goedkeuring. Verskeie aanpassings is aan die konsepbegroting gemaak. Die kapitale begroting vir 2017/2018 beloop R81.243 miljoen, terwyl die totale aanwending van die kapitale beleggings oor die drie fiskalejare ‘n bedrag van R245.513 miljoen beloop. Die operasionele bedryfsuitgawes klim van R636.141 miljoen na R664.698 miljoen, wat ‘n verhoging van ongeveer 4.5% beloop. Die operasionele bedryfsinkomste styg ook van R647.894 miljoen na R695.181 miljoen. Die jaar op jaar groeikoers beloop dus ongeveer 7.3%. Die totale salarisbegroting styg van R183.679 miljoen na R200.947 miljoen, om sodoende ruimte te skep vir die nasionale vasgestelde jaarlikse aanpassing in salarisse, asook ander voordele soos mediese fonds en pensioenfondse.
Om die diensterekening van die munisipaliteit bekostigbaar te hou, is daar ‘n gemiddelde styging van tussen 4% en 10% vir die gemiddelde-inkomste huishoudings vir die 2017/2018-boekjaar. Elektrisiteit styg met 1.88%, soos bepaal deur NERSA. Riool styg met 6%, so ook vullisverwydering. Die watertariewe styg met 12%. Dit is ‘n verhoging van R15.46 na R17.32 per kiloliter. Die veranderinge aan die munisipale eiendomsbelastingwetgewing en die hantering van eiendom in Grottobaai, Jakkalsfontein, asook sekere eiendomme in die Riebeekvallei, was ‘n beduidende aanduiding dat die raad nie langer die infasering van die belasting betaalbaar kan akkommodeer nie en is die munisipaliteit genoodsaak om die tarief tot 100% te bring vanaf 1 Julie 2017. Weens die groeiende kommer oor tekort aan
water, is die munisipaliteit genoodsaak om die verskaffing van gratis water te staak. Deernishuishoudings is steeds geregtig op die nasionale vasgestelde 6 kiloliter water per maand. Die munisipaliteit sal ook genoodsaak wees om die huidige waterbeperkings aan te pas en strenger maatreëls in werking te stel. Die prys van ‘n enkelgraf styg vanaf R770 na R820. Vullisverwydering se tariewe klim vanaf R122.19 na R129.52. Die dienstedeposito (elektrisiteit, water, vullisverwydering en riool) se aansluiting styg vanaf R2140 na R2200. Die basiese minimum elektrisiteitstarief vir huise, woonstelle en plase styg van R189.8512 na R193.4204. Die tarief per eenheid tot en met 50kWh styg van R0.9576 na R0.9756. Vooruitbetaalde krag klim van R0.8778 per eenheid tot 50kWh na R0.8943.
NUUS • NEWS