422 dié courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

dié

31 Mei 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 422

31 Mei 2017

Koorfees: Dit was ‘n skouspelagtige-aand met hope talent en sang tydens Laerskool Hugo Rust se eerste koorfees. Altesaam 534 koorsangers het ‘n gehoor van 920 bekoor met liedere. Die talentvolle en gewilde kunstenaars, André Terblanche en Winand Grundling, het as kunstenaars opgetree en vir groot vermaak gesorg. Buurdorpe se skole wat hier betrokke was, sluit Laerskool Bastion, Worcester-Noord Primêr, Laerskool Durbanville en Hugenote Hoërskool in. Ou en nuwe vriendskapsbande is gesmee op kultuurfront.

•DU PREEZ'S LEWER TALLE PRESTASIES

Broers se kuns vereer

•Jaomi Zeeman Twee oud-skoliere van Hugenote Hoërskool is onlangs tydens die skool se Stigtersdagvieringe vereer. Hiermee het die skool geskiedenis gemaak – nie net omdat dit die eerste keer is dat twee persone by so ‘n geleentheid vereer word nie, maar veral ook omdat hierdie twee mense broers is. Carel en Petrus du Preez het beide diep spore getrap in hul onderskeie spesialisvelde. Wat hierdie prestasie nog meer besonders maak, is die feit dat die twee broers op twee baie uiteenlopende gebiede die hoogste sport bereik het. Carel, die oudste van die twee broers en deesdae weer ‘n inwoner van Wellington, was al vyf keer die SA Skopbokskampioen en hy was ook al die kampioen by die World Kickboxing Classics in Londen. Hy is tans ‘n skopboksafrigter by ‘n klub in die Paarl en palm steeds goue medaljes in sy afdeling by talle kompetisies in. Petrus is ‘n professor en hoof van die Universiteit van Stellenbosch se Dramadepartement. Hy is, buiten ‘n akademikus, ook ‘n akteur, poppemeester, dramaturg, regisseur en dosent. Hy het al in verskeie televisiereekse verskyn, dramatekste geskryf en geregisseer, sowel as

talle akademiese publikasies die lig laat sien. Buiten die feit dat hierdie twee broers besondere prestasies op sport-, akademiese en kultuurgebied behaal het, is hul ouers ook twee Wellingtonners wat hul merk gemaak het. Hul ma, Cornelia du Preez, was vir jare ‘n gerekende Afrikaanse onderwyseres by Hugenote Hoërskool. Onder haar leiding het vele toneelstukke by die skool op die planke verskyn, talle redenaars hul vaardighede geslyp en is talle eisteddfodbekers vir die skool ingepalm. Die twee broers se pa, Louis du Preez, was vir baie jare ‘n dosent by die CPUT. Hy is ‘n gerekende beoordelaar by eistedfodds en Die Du Preez's is agter Petrus du Preez, Ilze du Preez (Karel kunswedstryde, ‘n ghoeroe se vrou) en Karel du Preez. Voor sit Louis en Cornelia du in onderwysgeledere en het Preez, die trotse ouers van Petrus en Karel. onlangs sy eie trefferboek, skool, hul ouers en die gemeenskap wat hulle Deuntjies vir klein Duimpies, gepubliseer. Carel en Petrus het beide tydens hul help vorm het en gehelp het om hul potensiaal aanvaardingstoesprake hulde gebring aan die te ontgin.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
422 dié courant wellington by DieCourant - Issuu