424 die courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

dié

14 Junie 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

14 Junie 2017

Uitgawe 424

•OUD-OPENBARE BESKERMER BY KOLLEGE

Belê in die jeug Thuli Madonsela

• Jaomi Zeeman Die voormalige openbare beskermer, advokaat Thuli Madonsela, het op Dinsdag 30 Mei met rolspelers en belanghebbendes van die Hugenote Kollege gepraat. Hierdie uitsonderlike geleentheid het tydens die bekendstelling van ‘n nuwe veldtog om jongmense te bemagtig, plaasgevind. Die Hugenote Kollege het ‘n veldtog, “Building a next generation of innovative social leaders”, tydens ‘n spoggeleentheid in Franschhoek bekendgestel. Die gasspreker vir die aand was niemand minder nie as die inspirerende advokaat Madonsela. Sy is ‘n innoverende sosiale leier in eie reg en het die gaste behoorlik aan haar lippe laat hang. Volgens dr. Willie van der Merwe, rektor van die Hugenote Kollege, pas die visie wat advokaat Madonsela vir die jeug van die land het perfek by dié van Hugenote Kollege in. “Hugenote Kollege is ‘n Christelike privaatopleidingsinstansie wat spesialiseer in die opleiding van leiers in teologie en bediening, sowel as professionele persone in die maatskaplike welsynsektor. "Die instansie is bekend daarvoor dat hulle jaarliks sosiale leiers aan gemeenskappe lewer,” het hy gesê. Van der Merwe het beklemtoon dat die Hugenote Kollege hulle daarop toespits om landsburgers wat in die voetspore van hul stigter, dr. Andrew Murray, wil volg, op te lei om ‘n verskil in hul gemeenskappe te maak. “Ons moet ook nie van ander soortgelyke leiers vergeet nie. "Mense soos oud-president Nelson Mandela, aartsbiskop Desmond Tutu en dr. Beyer Naude is maar enkele voorbeelde. ‘Ordinary men and women of virtue, wisdom, diplomacy and courage who inspires greatness in others and move the course of liberty’, soos so goed deur die George Wythe Universiteit se missie opgesom,” het hy bygevoeg. Die nuwe veldtog van Hugenote Kollege is daarop gefokus om ondersteuning vir spesifieke projekte binne die kollege te bekom en

Winterslaap in die galery

Bo: Ds. Nelis Janse van Rensburg, Moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk in die Wes- en Suid-Kaap, adv. Madonsela en dr. Willie van der Merwe, Rektor van die Hugenote Kollege. sodoende by te dra om die volgende generasie gebrek aan fondse of infrastruktuur nie. "Ek droom van ‘n opvoedingsomgewing waar as innoverende sosiale leiers toe te rus. Hulle wil met hierdie inisiatief kursusse daar- niemand onsedelike lewensomstandighede hoef stel wat programme in teologie en bediening, te verduur nie en van onderwys- en opvoedingsasook in maatskaplike hervorming as toerusting inhoud wat nie rasse-, geslags- en ander sosiale stereotipes of historiese ongeregtighede vervir studente kan dien, aanbied. “Dit is bowenal iets waardeur ons die sterk nie,” het sy in haar toespraak gesê. Die Hugenote Kollege wil met hierdie inisiabelangrikheid van sosiale leiers en mentors aan die jeug van Suid-Afrika wil verduidelik,” sê Van tief gestalte gee aan die siening van die “Centre for Social Leadership”: “Social leaders serve and der Merwe. Advokaat Madonsela het in haar boodskap by bless others. They create beauty in the world, hierdie visie aangesluit en die essensie daarvan lift the vision of mankind, broaden our possibilities and deepen our life experiences,”. ondersteun. Vir meer inligting oor die veldtog kan belangSy het klem gelê op die belangrikheid om in stellendes Hugenote Kollege by 021-873 1181 of ons jeug te belê vir ‘n beter toekoms. “Ek sien ‘n toekoms waar geen kind uitge- bestuur@hugenote.com kontak of hul webtuiste sluit word van enige tersiêre studies weens die by www.hugenote.com besoek.

Lionsklub pak bewusmaking oor gif

Hillcrest kraai koning

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
424 die courant wellington by DieCourant - Issuu