425 dié courant bergrivier

Page 1

courant

NUUS • NEWS Bergrivier

dié

21 Junie 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 421

24 Mei 2017

Porterville gekiek:

Zabetha Albertyn het die sonsondergang vasgevang. Zabetha Albertyn het die sonsondergang vasgevang.

Die top-drie deelnemers aan vanjaar se fotokompetisie, aangebied deur Porterville-toerisme, word moreaand deur bekende plaaslike beoordelaars bekend gemaak. Die kompetisie wat jaarliks deur die plaaslike toerismekantoor aangebied word, het vanjaar besonderse talent na vore gebring wat die dorp en sy omgewing van agter hul lens kon uitbeeld en vasvang, sê Nathalie Wagenstroom van die toerismekantoor. Vanjaar se top sewe sewe is Jozua Ackerman, Lizelle Wentzel, Janine Carstens, Brandon Smit, Michael Hindon, Zebetha Alberta en Dienie Steyn. Sien nog finaliste op bladsy 7.

SWARTLANDSE LANDBOUREUS NOTEER MAANDAG

Kaap Agri na beurs Die groeiende Swartlandse landboumaatskappy, Kaap Agri, sal Maandag amptelik op die hoofbord van die JEB (Johannesburgse effektebeurs) noteer. Volgens die maatskappy se uitvoerende kommunikasiehoof, Johann Engelbrecht, vind die notering só plaas dat "die aandele wat tans op die oor-die-toonbank-register lê, na die JEB-register oorgedra word, en dan op die hoofbord verhandel sal word. "Geen nuwe aandele word met notering uitgereik nie.“ Die oor-die-toonbank-verhandeling is reeds in Mei gestaak in aanloop tot die notering op die effektebeurs. Die laaste prys waarteen ‘n Kaap Agri-aandeel verhandel het, was R55 per aandeel. Die raad van direkteure het vroeër ‘n tussentydse dividend van 29.40 sent per aandeel verklaar vir die halfjaarperiode wat geëindig het op 31 Maart 2017 vir betaling aan aandeelhouers wat op die rekorddatum as aandeelhouers geregistreer was. Engelbrecht verduidelik dat die aandele nog altyd te koop was vir enige koper, tot die mate wat daar ‘n gewillige koper en verkoper was. “Die oor-die-toonbank-aandele was meer illikied (wat nie vereffen is of kan word nie) en die notering op die JEB-hoofbord sal die likiditeit (onmiddellik vereffenbaar, onmiddellik beskikbaar) verbeter.” Hoewel die groep reeds ‘n geruime tyd beplan

om die maatskappy op die JEB-hoofbord te noteer, verduidelik Engelbrecht dat Kaap Agri nog altyd genoteer was, maar net op die meer illikiede oor-die-toonbank-beurs. “Die Raad het ‘n besluit geneem om die likiditeit te verbeter en die besigheid te posisioneer vir die volgende groeifase. Deur op die JEB genoteer te wees, word Kaap Agri aan ‘n groter beleggingsmark blootgestel en kan die Kaap Agri-aandele vir verkryging gebruik word en senior personeel kan behou word deur die aandeleskema.” Kaap Agri spesialiseer in kleinhandel, brandstof en talle verwante landboumarkte. Die groep beplan om die groei van die laaste drie jaar in die komende paar jaar te ewenaar. Kaap Agri het volgens sy jongste winsaankondiging op hul webblad, vir die ses maande tot einde Maart vanjaar sy omset met 13,8% tot R4,497 miljard opgestoot vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Inkomste (direkte transaksies uitgesluit) het met 13,7% tot R3,456 miljard gestyg en wins voor belasting was R200,8 miljoen (12,3% hoër). Maar is dit nou ‘n goeie tyd om te noteer te midde van die land se afgradering tot rommelstatus? “Ons sien baie geleenthede om Kaap Agri binne die huidige omstandighede te laat groei en ons fokus daarop om die verdienste per aandeel oor die langer termyn te laat groei. Oor die langer termyn sal die mark jou vergoed op ‘n aandeelprysvlak as jy jou verdienste per aandeel groei.” Engelbrecht sê 'n goeie maatskappy oorleef

deur aan te hou groei. “Jy kan slegs groei indien jy betekenisvol is vir jou mense, kliënte en gemeenskappe,” voeg hy by. Volgens hom is sakevertroue tans baie laag en beleggings sal dus negatief geraak word te midde van die huidige resessie. “Dit is te danke aan die huidige politiese raamwerk waarbinne die regering verwag dat die sakesektor moet belê. Die regering moet verantwoordelikheid neem vir die huidige situasie in die land.” *Oor die besluit dat die maatskappy se hoofkantoor van Malmesbury na die Paarl verskuif, sê die woordvoerder dat Kaap Agri reeds vir die laaste sewe jaar ‘n "gedeelde hoofkantoor in die Paarl en op Malmesbury en dit sal so bly. “In die mediumtermyn gaan die sukses van die maatskappy baie afhang van die implementering van strategieë rondom verskaffing en logistiek, asook inligtingstegnologie-oplossings. "Hierdie funksies is tans gesetel in die Paarl, wat nader aan die N1 is. Daarom skuif die korporatiewe span na die Paarl ten opsigte van hulle werkadres.” Die maatskappy verwag nie dat die besluit 'n ekonomiese impak op Malmesbury sal hê nie. Tot nou het slegs een gesin aangedui dat hulle Paarl toe verhuis. “Van die 12 persone wat deur die herposisionering van die korporatiewe kantoor geraak word, is nege persone reeds buite Malmesbury woonagtig.”

13


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.