425 dié courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

dié

21 Junie 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

21 Junie 2017

Uitgawe 425

•SKOOL VEREER VIR HARDE WERK

Suksesresep van St. Albans Primêr •Jaomi Zeeman Die Pauw Gedenk Primêre Skool het onlangs ‘n gesogte toekenning ontvang. Hulle is deur die Click Foundation as die skool in die Kaapse Wynland wat die beste presteer aangewys. Volgens die skoolhoof, Julius Williams, bars hy van trots oor hierdie toekenning. “Dit is vir ons ‘n ongelooflike eer om hierdie toekenning te ontvang. Om uit 27 deelnemende skole in die hele Wes-Kaap as die beste een aangewys te word, is geen geringe prestasie nie,” sê hy. Die Click Foundation is ‘n organisasie wat hom vir opvoeding deur tegnologie beywer. Pauw Gedenk Primêr is in 2015 as een van 27 skole in die Wes-Kaap deur hierdie organisasie geïdentifiseer om aan hulle “Reading Eggs”-program deel te neem. Hierdie program voorsien skole van die nodige sagteware vir hul rekenaarlokaal wat die bevordering van moedertaalonderrig ten doel het. “Ons skool probeer met die bronne tot ons beskikking om regtig by te bly in hierdie tegnologiese eeu. Ons het ‘n volledige rekenaarlokaal en met skenkings wat ons van ons raadslid ontvang, koop ons elke jaar ‘n interaktiewe witbord vir een van ons klaskamers. "Ons is in 2015 deur ons skool se kringbestuurder vir deelname aan die Click Foundation se 'Reading Eggs'-program genomineer en ons het die geleentheid met opgewondenheid aangegryp,” vertel Williams. Volgens Williams is die Click Foundation se leuse, “Innovative education through technology”, in lyn met wat Pauw Gedenk vir die opvoedingsgeleenthedeleerders van sy eie leerders ten doel gestel het. “Die sagteware wat ons van die organisasie ontvang word deur ‘n fassiliteerder, wat ook deur hulle voorsien word, in ons skool onderrig en aangebied. "In die praktyk beteken dit dat elke kind twee keer per week vir ‘n uur lank die kans kry om ‘n program te volg wat sy of haar moedertaalontwikkeling bevorder,” verduidelik hy. Die program is ook van só ‘n aard dat elke

Duisende macramé eersdaags op rakke

Claressa Jooste (Click Foundation), Ashanty Albertus (skool fassiliteerder) en die trotse skoolhoof, Julius Williams. kind weekliks individueel en op hul eie vlak, teen hul eie pas met die program kan voortgaan. Dit bring mee dat elke kind se vordering individueel gemeet word en op ‘n databasis van die skool, sowel as die Click Foundation gemonitor kan word. Van al die skole in Wes-Kaap wat aan hierdie program deelneem, is Pauw Gedenk Primêr nou as die skool met die mees suksesvolle prestasierekord hierin bekroon. “Ons is regtig baie dankbaar vir die geleenthede wat hierdie program by ons skool aan ons leerders bied. "Daar was, sedert die implementering daarvan, ‘n dramatiese verandering en verbetering ten opsigte van tale en die versterking van die kinders se huistaal. Ons onderwysers se terug-

Poole bemagtig jeug

voer is baie positief en ons uitslae het beduidende verbeterings getoon,” sê Williams. Hy is ook baie dankbaar vir die insette van Ashanty Albertus wat die program by die skool fassiliteer. “Haar toewyding en entoesiasme is die groot rede waarom ons skool so goed presteer het,” sê hy. Oor hul toekomsplanne is Williams baie seker: “Ons gaan nog ‘n lang pad stap met hierdie program en die Click Foundation. "Dit is ons grootste wens om kinders wat bemagtig is en gereed is om ‘n verskil en positiewe bydrae in die gemeenskap te maak by Pauw Gedenk se deure uit te stuur. "Hierdie toekenning is ‘n tree in die regte rigting – nou gaan ons daarop voortbou.”

Serfontein swaai septer by NIAA

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.