426 die courant wellington res

Page 1

courant

1 Wellington

dié

28 Junie 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 426

28 Junie 2017

•DRING DEUR NA FINALE RONDTE

Span se potte prut ‘n 1ste plek los •Jaomi Zeeman ‘n Paar Wellingtonners het onlangs ons dorp se naam hoog gehou toe hulle aan die gewilde TV-kookprogram, “Laat die potte prut”, op die Via-kanaal deelgeneem het. Heinrich Robertson, John Pilaar, Donovan Kock en Michael Ephraim se span het die ander deelnemers in die negende episode van reeks 13 van hierdie populêre reeks uitgestof en as wenners uit die stryd getree. Volgens Heinrich, die kaptein van die span, is nie een van die spanlede opgeleide kokke nie, maar is hulle almal lief daarvoor om ‘n vuurtjie aan te steek en ‘n pot te maak. Hul inskrywing vir die program was ook ‘n impulsiewe besluit wat volgens hom baie moed gekos het. “Dit het alles baie vinnig gebeur. Ek het my moed bymekaar geskraap en my en my skoonpa, John, vir die program ingeskryf, nadat dit vir my na ‘n interessante uitdaging gelyk het. Ek het die program ‘n paar keer op televisie gesien en geweet dat my skoonpa ‘n ideale spanmaat sou wees omdat hy daarvan hou op ‘n pot te maak,” vertel Heinrich. Hulle het besef dat twee spanlede miskien ‘n bietjie min is en het, slegs twee weke voor die opname van die program, besluit om nog ‘n familielid en goeie familievriend nader te trek as deel van hul span. “Donovan Kock en Michael Ephraim is die manne wat ons saam met ons in die span wou hê. Donovan is ‘n man wat hou van kosmaak en Michael is die ideale mens om die spangees deurlopend hoog te hou,” sê Heinrich. Die volgende groot besluit vir dié gedugte viermanskap, was ‘n naam vir hul span. Heinrich het ‘n “volstruis”-tema vir hul pot voorgestel en die span se naam, “Groot Voëls”, was ‘n natuurlike uitvloeisel hiervan. “Ons wou iets anders maak, iets buite die normale en ook disse wat by ‘n goeie tema pas. Die volstruis-tema het perfek by hierdie benadering gepas, vandaar die naam Groot Voëls. Die manne het omtrent koppe bymekaar gesit om die volstruisspyskaart bymekaar te kry,” vertel Heinrich. Die “Groot Voëls” het ‘n liplek-lekker spyskaart opgestel. “Ons moes ‘n voorpot of napot, hoofpot, twee bypotte en ‘n ‘gebak’ voorberei. Ons spyskaart, na vele nadenking het uiteindelik so gelyk: Die voorpot was volstruissteak kerrie, bedien met tuisgebakte mini rolletjies en

Dié span het die potte behoorlik laat prut: Michael Ephraim, Donovan Kock, Heinrich Robertson en John Pilaar. ‘n yogurt en koljanderslaai. Vir die hoofpot het moes ons dit onmiddelik op die vuur kry, want ons volstruisnekbredie met jong wortelgroente ALLES (dek van tafel, opskep vir beoordelaars en gegeurde rys bedien. Ons bypotte was tra- en ander deelnemers) moet binne die toegedisionele pampoen en bruingebraaide ribbetjies late vier ure plaasvind. Ons moes die hele tyd met groenboontjies en vir die gebak het ons mos dink wanneer om wat op te sit, wanneer gaan die broodrolletjies gemaak wat saam met die die brood op en dan ook wanneer om wat af te haal,” sê Heinrich. voorgereg bedien is,” verduidelik Heinrich. Vir hierdie media en kommunikasiebeampte Volgens Heinrich het hulle nie eintlik vooraf enige van die geregte geoefen voor die kompe- by die Weskus Distriksmunisipaliteit, onder-voorsitter van die Paroolraad, korrektiewe tisie nie. “Die volstruisnekpot het ek en my skoonpa beampte by Allandale en onderwyser by St. al by geleentheid gemaak, maar die ander Alban’s Primêr, was dit egter ‘n ondervinding disse was alles op instink, gevoel en op die dag van ‘n leeftyd. “Ons het soos rolprentsterre gevoel,” sê hulle. gemaak. Om die volstruisnek sag te kon kry en Die episode van hul oorwinning is op Maandie brood perfek was die mees senutergende proses. Enige kosmaker weet dat op die dag, met dag 26 Junie uitgesaai, maar talle heruitsendings kameras rondom jou, kan enige iets skeefloop. sal dit vir meer kykers moontlik maak om in Gelukkig het ons kop gehou en alles was na aan die “Groot Voëls” se oorwinning te deel. Die plaaslike gemeenskap kan ook binnekort aan perfek,” sê hy. Die grootste uitdaging vir hierdie bobaas- die wenpot proe wanneer hierdie span dit vir ‘n -potjiekosspan, was om binne die tydsbeperking fondsinsameling ten bate van Furlo Theron, wat tydens ‘n rugbywedstryd beseer is, gaan maak. van vier ure te bly. “Die tydsfaktor was ‘n groot ding. VolstruisVir navrae kan Heinrich Robertson by 082 460 nek vat gewoonlik baie lank om sag te kook en 9262 gekontak word.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.