428 dié courant wellington

Page 1

courant

1 Wellington

dié

12 Julie 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 428

12 Julie 2017

•GEMEENSKAP SPAN SAAM VIR TEHUIS

Hulp stroom in vir ACVV se Huis Lizelle

•Jaomi Zeeman Toe ‘n brand in die vroeë oggendure van Dinsdag 4 Julie in die Huis Lizelle aftreeoord op Wellington uitbreek, het 16 kamers in hierdie wooneenheid brandskade opgedoen. Een inwoner het ook in die brand gesterf. Inwoners was erg getraumatiseerd en geskok oor die lewensverlies. Nadat die brand geblus is, het die realiteit van die verlies van hulle laaste aardse besittings boonop ook uit die as voor hul opgedoem. In die week sedert die brand het die gemeenskap en plaaslike besighede ingespring om al hierdie slagoffers te help. Talle skenkings is gemaak, kos is aangedra en hulpmiddels beskikbaar gemaak om die verliese wat gedurende die brand gely is, te verlig. “Die brand het erge skade aan die hele ry agterste kamers aangerig en ook in die gang was daar skade. "Terwyl die brand geblus is, het alles in hierdie areas sopnat geword en is met roet en as deurdrenk,” vertel Janet Myburgh, bestuurder van die ACVV Dienssentrum net oorkant die straat. Die Dienssentrum het ook Jolianda Green en Gertie Williams van Silwerkruin lewer sedert die brand die afsetpunt vir Huis Lizelle se wasgoed in winkeltrollies af. donasies en skenkings aan die slahulle ook nou die skenkings aan die mense wat goffers geword. Een hele vertrek moes intussen aan al die komberse, beddegoed, dit die nodigste het. “Daar stroom soveel skenkings in. Ons hou handdoeke, toiletware en ander benodigdhede wat deur die gemeenskap aangedra word, afge- daarvan boek en wil dit kanaliseer na die mense wat dit die nodigste het,” verduidelik Myburgh. staan word. Volgens haar woon sommige van die inwoVolgens Myburgh is hulle oorweldig deur die goedheid van mense en hoe almal onmiddellik ners steeds in Huis Lizelle. “Die inwoners wat in die gedeelte woon wat ingespring het om hulle by te staan. “Dit is wonderlik hoedat daar soveel welwil- nie deur die brand beskadig is nie, kon na hul lentheid uit so ‘n slegte ondervinding kan kom. blyplek terugkeer. ‘n Mens besef hoeveel die mense van die dorp "Dié wat nie meer in hul kamers kan woon nie, vir mekaar omgee en na mekaar omsien wan- moes noodgedwonge ‘n ander heenkome vind – neer so ‘n ramp jou tref,” sê sy. iets wat tussen familielede en die gemeenskap Buiten die etes wat die Dienssentrum aan die gelukkig gereël kon word,” vertel Myburgh. slagoffers van die brand voorsien het, versprei Dit is nie net die gemeenskap, besighede en

die Dienssentrum wat die slagoffers bystaan nie. Volgens Myburgh ontvang hul ook ondersteuning van ds. Bernardo en die Silwerkruin Tehuis vir Bejaardes net om die draai. “Silwerkruin het die wasgoeddiens van die Huis Lizelle oorgeneem en was elke dag hul wasgoed,” sê sy. “Hulle ry dit sommer met winkeltrollies vir die mense aan.” Intussen is sy druk besig om bestekopname van al die skenkings te maak. “Kyk net al hierdie goed,” sê sy terwyl sy dekens, handdoeke en beddegoed uit hul verpakking haal. “Dit is alles splinternuut en kan nou vir iemand wat alles verloor het help om weer op die been te kom. Ons hou dit vir die mense wat nou eers uitgeplaas is of ‘n ander heenkome het totdat die gebou herstel is. En dit is nou behalwe al die eetgoed en die toiletware wat ons ook al ontvang het,” sê sy dankbaar. “Weet jy, daar is een omie wat alles verloor het. Hy het nie eers meer ‘n bed nie en kon in ‘n ander kamer intrek, maar sonder enigiets wat hy nodig het. Dit was net een boodskap op ‘n Whatsapp-groep, toe het ons voor ek die middag huis toe gaan vir hom alles wat hy nodig het – bed en al,” som sy die omgee-harte van Wellingtonners raak op.

Janet Myburgh van die ACVV Dienssentrum by al die skenkings aan Huis Lizelle.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.