434 dié courant swartland en bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

23 Augustus 2017

23.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 434

23 Augustus 2017

Riebeek Kelder kraai koning by skou

Wenners:

Die trofeewenners by vanjaar se Swartland Jongwynskou: Agter van links staan Eljay Geldenhuys, Eric Mnyango, Alecia Boshoff, Eric Saayman, Zakkie Bester, almal van Riebeek Kelder en Bertus Kloppers, streeksbestuurder van Boland Santam. Tarien Hansen, Christo Somers en André Engelbrecht, ook van Riebeek Kelder staan in die middel met Francois Duckitt en Dewald Huisamen van Pulpit Rock, Pieter-Niel Rossouw van Darling Cellars, Thembile Ntloko (Riebeek Kelder) en Van der Bijl Brink en Hermias Nieuwoudt (Pulpit Rock). Sien berig binne.

•VIND NUWE TUISTE OP MOORREESBURG

Gunter lei nou HDU Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg spog met ‘n splinternuwe skoolhoof. Hein Gunter het na 17 jaar as die hoof by Hoërskool Namakwaland op Calvinia besluit dit is tyd om na die Wes-Kaap te verhuis. “Die pos by HDU was ‘n besturing van Bo,’ vertel Gunter. Hy en sy vrou, wat ook ‘n wiskunde-onderwyseres op Piketberg is, se dogter (13) is nou in Graad 8. Gunter wou al vir ‘n geruime tyd na die Wes-Kaap verhuis en besluit dit is nou die regte tyd. Hulle het ook ‘n seun (24) wat homself in die ingenieurswêreld bevind. Hy het reeds sedert April vanjaar sy plek agter die lessenaar ingeneem en is nog nie een dag spyt oor sy besluit nie. Hulle het reeds hul voete gevind en woon baie lekker op dié Swartlandse

Interskole in beeld

Bl. 6-9

dorp. Gunter is gebore en getoë op Stellenbosch. Hy het ook onderwys aan die Universteit van Stellenbosch studeer. Onderwys as ‘n loopbaan het baie maklik vir hom gekom. Die gogga het al van vroeg gebyt, vertel hy. Hy het as hoërskoolleerling reeds rekeningkunde aan studente by die plaaslike kollege aangebied. En dit het nie daar gestop nie. Hy het ná sy studentejare vir 13 jaar op Springbok as ‘n rekeningkunde onderwyser gewerk. Gunter het net goeie woorde te sê oor HDU. “Dit is ‘n baie goeie skool met goeie praktyke, goeie onderwysers en ‘n goeie tradisie,” vertel hy. Volgens hom is top-onderrig ‘n prioriteit hier. Hy sien baie uit na wat die toekoms inhou.

Sonkrag vir B'rivier Top-wyne gekroon Bl. 3

Bl. 5

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
434 dié courant swartland en bergrivier by DieCourant - Issuu