434 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

23 Augustus 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 434

23 Augustus 2017

Die roos van die Boland

Die rugbyklub van Roses United is Saterdag gekroon as die ligawenners van die Boland-rugbyunie se Groot Uitdaag-kompetisie. Hulle het Robertson verslaan met 48-24.

•TALLE HOOGTEPUNTE BY SENTRUM BELOOF

Digters reg vir “Tuin” •Jaomi Zeeman Die jaarlikse “Tuin van Digters” wat by die Breytenbach-sentrum op Wellington aangebied word, beloof om hierdie jaar ‘n hoogtepunt op die kulturele kalender te wees. 2017 se Tuin van Digters sal op Vrydag en Saterdag, 15 en 16 September op die terrein van die Breytenbach-sentrum, maar ook by ‘n paar ander lokale plaasvind. Volgens Francois Lotter, uitvoerende bestuurder van die Breytenbach-sentrum en organiseerder van die geleentheid, is dit hierdie jaar die sesde keer dat hulle die fees aanbied. “Die eerste Digterstuin is in 2012 gehou toe daar besluit is om die klein parkeerterrein langs die sentrum in ‘n Digterstuin te omskep en op ‘n gepaste manier in te wy,” sê hy. Vele hoogtepunte, insluitende die toekenning van die prys aan die wenner van vanjaar se Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse debuutdigbundels wat in 2015 en 2016 gepubliseer is, wag op mense wat vanjaar se Tuin van Digters

Hugenote Gedenk hou lesing

bywoon. Die drie digters op die kortlys vir die prys is Hendrik J. Botha se Atropos, Bibi Slippers se Fotostaatmasjien en Hilda Smits se Die bome reusagtig soos ons was. Die Breytenbach-sentrum vier ook vanjaar sy 10de verjaardag en dit sal gevier word met ‘n praatjie deur die digter en vertaler Daniel Hugo, ‘n DVD oor die sentrum deur Cloete Breytenbach, die sing van getoonsette gedigte deur Laurinda Hofmeyr en ‘n spesiale groepuitstalling deur meer as 30 kunstenaars. Volgens Francois is daar ook talle ander hoogtepunte by die fees. “Daar sal ‘n huldiging van die digter Wilma Stockenström deur prof. Ronel de Goede wees, die bekendstelling van Nuwe Stemme 6, ‘n gesprek deur Charl-Pierre Naudé met twee digters wie se debuutbundels pas verskyn het, ‘n tafelgesprek gelei deur die digter Danie Marais oor Breyten Breytenbach se invloed op digters en skrywers na hom, ‘n gesprek deur Andries Bezuidenhout met Bibi Slippers oor haar bundel,

Fotostaatmasjien, asook die jaarvergadering van PEN Afrikaans en nog vele meer interessante items,” sê hy. Van die ander items op die veelsydige program sluit gesprekke, bekendstellings, musiekoptredes en uitstallings in. ‘n Spesiale kuierplek sal ook vir kinders ingerig word. “Daar sal ook oorgenoeg te ete en te drinke wees, terwyl jy gesellig kuier oor ‘n glasie wyn en luister na sangers soos Riku Lätti en Die Wasgoedlyn, Tribal Echo, Gertjie Besselsen en Alta van Zyl (Joubert) van Lollos-faam wat lekker Afrikaanse folk-musiek gaan sing,” vertel Francois. Die volledige program van die Tuin van Digters is op die Breytenbach-sentrum se webblad, www.breytenbachsentrum.co.za, beskikbaar. Kaartjies vir een of albei van die dae sal toegang tot al die gesprekke, uitstallings, digterspraatjies, musiek, en meer. bied. Dit sluit die oorhandiging van die Ingrid Jonker-prys in. Kaartjies kan bespreek word by besprekings@ breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.

Mensie met groot hart woeker vir vroue

Hugenote se interskole-aksie

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
434 dié courant wellington by DieCourant - Issuu