c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
30 Augustus 2017
24.7%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 435
30 Augustus 2017
'n Kykie uit die lug Dié spuitvliegtuig het buite Malmesbury, in die rigting na Wellington, 'n paar draaie gevlieg en sy tyd in die lug geniet soos hy die koring en kanola-lande gespuit het. Die vooruitsig vir die graanoes word met gemengde gevoelens en verwagtinge bespreek.
•CRAFFORD WIL GEMEENSKAP BEMAGTIG
Politiek in haar are Van 'n nuuskierige kind tot onderburgemeesteer van die Bergrivier Munisipaliteit. Dit is vanwaar Sandra Crafford gekom het. Crafford het ‘n passie vir plaaslike politiek, ‘n visie vir die gemeenskap en groot drome vir die toekoms. Crafford, wat in die Swartland Hospitaal gebore is, het by Swartland Laer- en Hoërskool skoolgegaan. Sy is ‘n plattelander in murg en been, met 'n Nederlandse agtergrond en is nederig van natuur. Volgens dié ma van twee dogters, was sy ‘n nuuskierige kind wat byna in alles belang gestel het. “Jack of all trades – master of none. Op skool het ek hokkie gespeel, nie baie goed nie, en koor gesing, ook nie baie goed nie, maar ek het gehou van skoolwerk,” vertel sy. Crafford het soos baie ander matrikulante, nie geweet wat sy wou studeer nie. Sy het vir twee jaar by haar pa, Tijmen van Essen, nou uitvoerende burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, wat destyds in die boubedryf betrokke was, gewerk en daarna vir ‘n jaar by die Swartland Monitor. Sy begin daarna by ‘n plaaslike rekenmeestersfirma waar sy terselfdertyd ‘n nasionale diploma in rekeningkunde deur Technicon SA verwerf. Dit is in die tydperk wat sy by haar pa gewerk het, wat hy sy voelers na die plaaslike politiek begin uitsteek het. “Ek was nog altyd daarin geïnteresseerd, maar dit was my begeerte om iets te doen in die gemeenskap, eerder as ‘n belangstelling in politiek, wat my by plaaslike politiek betrokke gekry het.” Haar eerste rol hier, was om haar pa met die skryfwerk en proeflees van pamflette en plakkate te help. Sy het ook graag op verkiesingsdae uitge-
help. Sy het in 2009 Velddrif se DA-tak gekontak om te help met die nasionale verkiesing. Aan die einde van daardie jaar, bedank die plaaslike wyksraadslid en Crafford doen aansoek namens die DA om in sy plek te staan. “Dit het alles op die ou end nogal vinnig en onbepland gebeur,” vertel sy. Sy is 'n vrou in 'n wêreld wat grotendeels deur mans gedomineer word, maar dit skrik haar nie af nie. “Ek het die voorreg gehad om groot te word in ‘n huis waar daar geen perke gestel is, omdat ons meisies was nie. "As kinders het ons geglo dat ons enigiets kon bereik.” Sy was vir meer as ses jaar die enigste vroulike DA-raadslid. Hoewel sy soms besef het dat die politieke omgewing nogal ‘n “man’s world” is, is sy bevoorreg om saam met ‘n klomp mans te werk wat haar aanvaar vir die bydrae wat sy kan lewer, voeg sy by. “Ek glo mans en vroue het verskillende maniere om na dinge te kyk en albei geslagte se insette is nodig om ‘n gebalanseerde besluit te neem.” Die doelwit was en is steeds om alles moontlik te doen om die mense binne die gemeenskap op te hef, asook die besighede te laat groei en floreer. “Bergrivier se nuwe visie stel dit so pragtig: ‘n Vooruitstrewende gemeenskap waar almal wil leef, werk, leer en speel op ‘n menswaardige manier.” Volgens Crafford, glo sy dat ‘n mens op plaaslike vlak die grootste verskil in mense se lewens kan maak. “Daarom is ek presies waar ek wil wees.”
Van die grootste hoogtepunte in haar loopbaan, en volgens haar is daar baie, is die feit dat Bergrivier Munisipaliteit uiteindelik ‘n skoon oudit gekry het en dat die munisipaliteit gereken word as een van die beste munisipaliteite in die land. “Ten spyte van die feit dat Bergrivier as ‘n baie goeie munisipaliteit gesien word, weet ek daar is nog baie wat gedoen kan word om die lewensomstandighede van mense in die area te verbeter.” Crafford put baie genot uit haar loopbaan, veral die uitdagings wat elke dag bring, die nuwe mense wat sy daagliks ontmoet en nuwe dinge wat sy leer. “Mens kan nooit hier verveeld raak nie.” Sy het groot verwondering vir talle vroue in haar lewe, hoewel dit moeilik vir haar is om iemand uit te sonder. Sy het egter baie respek vir haar ma wat elke dag haar liefde vir haar medemens prakties uitleef. “Daar is al die sterk vroue met wie ek elke dag te doen kry. ‘n Mens leer iets by elkeen.” Crafford spoor graag ander vroue aan om hul drome na te jaag. Volgens haar kan enigiemand enigiets in die lewe bereik, solank jy ‘n visie en ‘n plan het. “Goeie dinge val nie net in ‘n mens se skoot nie, jy moet werk vir wat jy wil hê en bereid wees om onder te begin.” Sy is ‘n ma en ‘n vrou met ‘n suksesvolle loopbaan. Sy bieg egter en sê dat sy die balle nie alleen in die lug hou nie. “Ek het gelukkig ‘n wonderlike man wat daardie balle in die lug help hou en dan het ons ook ‘n wonderlike ondersteuningsnetwerk van familie en vriende, waarvan my skoonouers die kern uitmaak.”
NUUS • NEWS