435 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

30 Augustus 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 435

30 Augustus 2017

•LAAT TWEE DIGBUNDELS DIE LIG SIEN

Adonis dig op 88

•Jaomi Zeeman Die 88-jarige Josephine Adonis het wakker oë en sy lag maklik. Hierdie ma van twaalf kinders se stem is klokhelder wanneer sy haar skryfblok uithaal en van haar gedigte voorlees. “How Amazing,” lees sy die titel van een van haar gunsteling gedigte. “Hierdie gedig het ek vir my kleinseun geskryf toe hy ‘n gedig vir skool nodig gehad het. Dit was ongelooflik, die woorde het net so na my toe gekom. Dit het my seker net twee minute geneem om dit te skryf. Toe hy by die deur uit is met die gedig het ek hom so agterna gekyk en met my vinger teen my kop getik. Ek kon self nie glo dat die woorde van daardie gedig so deur my op die papier verskyn het nie. Dit titel het ook net so na my toe gekom – How Amazing,” vertel Josephine. Hierdie merkwaardige vrou, wat eers op haar oudag begin skryf het, het reeds twee digbundels uit haar pen laat verskyn. “Ek was my lewe lank voltyds huisvrou, ma en versorger,” vertel sy. “Ek het ook ‘n hele klomp loseerders gehad wat vir my net soos my eie kinders was. Ek was baie lief vir hulle,” sê Josephine. Sy vertel dat skryf nog altyd een van haar groot liefdes was. Sy het reeds tydens haar laerskooldae daarvan gehou om stories en opstelle te skryf. Later het sy gereeld haar kinders en loseerders met opstelle en briewe gehelp. Volgens Josephine het daar nog altyd idees in haar agterkop gebroei en het sy reeds as jong ma besluit dat sy graag eendag gedigte wil skryf. In 2008, op 79-jarige ouderdom, het die droom om gedigte te skryf uiteindelik gestalte gekry toe Josephine gaan sit en ernstig begin dig het. Haar kinders en kleinkinders het haar gehelp om haar gedigte te boekstaaf, wat uiteindelik tot die publikasie van haar twee bundels gelei het. Haar eerste bundel is in 2012 gepubliseer en die tweede bundel in 2014. Sy is reeds besig om aan haar derde bundel te werk en hoop om dit binnekort te publiseer. Josephine, wat al vir 65 jaar in Wellington woon, se lewensverhaal is vol interessante kinkels en stories oor haar familie. “My pa was ‘n Hollander, Karel van der Berg, en my ma was bruin. Ek is die bruinetjie van ons drie kinders – my broer en suster is baie lig. O, maar dit het ons glad nie gepla nie, ons was soos

Ere-doktorsgraad vir Demore

Digter: Christine Siebrits en Daphne Hoogenhout van die Ouma Granny Museum saam met Josephine Adonis. een. Ons was verskriklik lief vir mekaar!” sê sy oor die spesiale band tussen hulle. “My broer was eenkeer in die hospitaal en toe mag ek nie by hom ingaan nie omdat ek bruin is. Dit was nog in die apartheidsjare,” vertel sy. Josephine put inspirasie uit die alledaagse dinge wat elke dag rondom haar afspeel. “Ek het nie eintlik ‘n spesiale proses waarvolgens ek skryf nie. Ek sal ‘n idee kry en dan begin skryf. Dan kom die woorde net na my toe – dit kom net, dit kom net. Snaaks, dié wat die maklikste skryf, is gewoonlik die beste gedigte. Dié waarmee ek sukkel en karring kom nooit goed uit nie,” verduidelik sy. Haar gedigte is vir Josephine ‘n manier waarop sy sekere dinge, soos verlies, hartseer en blydskap kan verwoord en verwerk. Haar geloof speel ook ‘n groot rol in haar digkuns en die bemoediging en hoop wat sy daaruit put skemer in byna al haar gedigte deur. Al haar gedigte word aan haar kinders opgedra. In die voorwoord van haar bundels sê sy dat haar gedigte hoofsaaklik op die genot en die plesier van haar lesers gemik is. “Mense moet lag, huil en terugdink aan hul eie lewens en vergelykings tref tussen wat ek

Williams se eerste digbundel vrygestel

skryf en uitbeeld en dit wat hulle self ervaar,” skryf sy. Josephine het al by die Breytenbach-sentrum se Tuin van Digters opgetree en sy is tydens die onlangse Stasiefees vir haar publikasies vereer. Sy het besluit om haar twee bundels aan Christine Siebrits en Daphne Hoogenhout van Ouma Granny Huis te skenk. “Die uitnodiging na die Stasiefees was vir my ‘n groot eer – ek wil graag vir hierdie twee mense dankie sê deur hierdie bundels aan hulle te gee,” sê Josephine. “Hierdie bundels gaan ‘n ereplek in die Ouma Granny Museum kry,” sê Daphne. In die gees van Vrouemaand is Josephine Adonis ‘n inspirasie en voorbeeld van deursettingsvermoë, diensbaarheid en veerkragtigheid. Oor vrouens skryf Josephine die volgende: “’n Moeder is ‘n vrou van durf en daad, haar kinders kan vrylik met haar praat oor enige saak. Sy luister hier, sy luister daar. Niks is vir haar te swaar. Sy sal nooit sê sy is te moeg of laat. Sy weet al te goed ons kan nie sonder haar. Ons moet maar altyd kom kla of vra. Met ‘n glimlag sal sy antwoord: waarvoor is ‘n moeder dan daar?”

Hugo Rust hou kermis

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
435 dié courant wellington by DieCourant - Issuu