c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
6 September 2017
25.7%
Uitgawe 436
Bou saam met goeie nuus
6 September 2017
•GEBRUIK NOU 87L WATER PER PERSOON PER DAG
‘Vlak 5 gaan kom’
Die damvlakke lyk nie goed nie. Die vraag is nie of die water gaan opdroog nie, maar wanneer. Só het ‘n bekommerde Tijmen van Essen, uitvoerende burgemeester verlede week tydens ‘n raadsvergadering rakende die watersituasie gesê. Van Essen het dit weer aan die lug gebring dat die laaste sowat 10% van water in die damme, nie vir menslike gebruik geskik is nie. Die Wes-Kaap gaan gebuk onder waterbeperkings en hoë watertariewe, maar daar word steeds nie genoeg gespaar nie, het hy benadruk. Vlak vyf waterbeperkings is onlangs vir Stad Kaapstad ingestel. “Mense gebruik steeds te veel water. Daar is inwoners wat tot 50 kl en 60 kl water per maand gebruik.” Volgens hom kan daardie verbruikers die watertariewe bekostig. “Daar is egter twee soorte verbruikers. Die wat daarvoor kan betaal, terwyl die ander glad nie kan nie. Ons moet weet wat ons doen.” Hy het ook ‘n beroep op gebruikers van gryswater en boorgate gedoen om verantwoordelik te wees en dat sigbaarheid deur die plaaslike wetstoepassers opgeskerp sal moet word. Vlak vyf-waterbeperkings en -tariewe is moontlik inwoners se voorland, hoewel daar nog geen besluit daaroor geneem is nie. Volgens Van Essen word die instelling van vlak vyf-waterbeperkings intern bespreek. Gister het Van Essen oor die strenger beperkinge bevestig: "Dit gaan kom." "Die Swartland se inwoners gebruik gemiddeld 87 liter water per persoon per dag, terwyl Kaapstad sowat 100 liter per persoon per dag gebruik.” Volgens van Essen gebruik hy en sy vrou elk 40 l per dag per persoon. “Ons moet die gebruik van water afbring. Dit is die maklikste manier én die goedkoopste manier om water te bespaar. Daar sal ‘n besluit geneem moet word dat indien ‘n huishouding bo 20kl ‘n dag gaan, die tariewe buitensporig verhoog sal moet word.” Boetes kan binnekort vanaf R500 na R2000 verwag word wanneer die verbruik van water bo 20kl oorskry word. Geen swembaddens mag vanaf vandeesweek deur enige munisipale water gevul word nie. Hoewel Van Essen die besparing van water as baie belangrik ag, moet daar planne in plek gesit word vir die toekoms om genoeg water aan almal te verskaf. “Indien die damme môre vol reën, sal daar steeds nie genoeg water vir almal vir ‘n jaar lank wees nie,” voeg hy by. Volgens die departement van siviele ingenieursdienste, is daar slegs 183 dae se water in die
Voëlvleidam oor, indien geen verdere besparings gedoen word nie. “Ons moet die mense die waarheid vertel oor die watersituasie, maar veral wat Swartland se planne is, asook die koste betrokke. Die tegniese oplossings mag maklik wees, maar kos baie geld. Dit is belangrik om te verstaan dat die krisistyd vir die verskaffing van water tussen Januarie en Junie 2018 sal wees.” Die fokus lê tans op die identifisering van alternatiewe bronne vir water. “Gegewe die kompleksiteit daarvan, soos byvoorbeeld die lê van pype of elektrisiteitsuitgawes, is dit onwaarskynlik dat noodskemas water binne die volgende ses maande sal kan verskaf.” Grondwater kan gebruik word. Volgens Van Essen sal daar sowat 50 tot 200 boorgate (wat 200kl tot 500kl per dag elk verskaf) gesink moet word om genoeg water aan Malmesbury alleen te verskaf. Hy voeg by dat dié boorgate ook buite Malmesbury gesink sal moet word. Die kostes daar-
Fokus op Mount Royal-gholflandgoed
MRB maak reg vir Swartland Skou
Swart dra Swartland Skou se kroon
Die Swartland Skou se skoukroon word gedra deur Laurika Swart (links). Sy word ondersteun deur die eerste prinses, Elandi Uys. Swart is Vrydagaand op Moorreesburg gekroon by die jaarlikse skoudans. Foto: Ghida Visser
Die Swartland Skou skop vandag af. Sien meer op bladsy 5.
aan verbonde om 50 000 kl water per dag van die boorgate te kry, R14.50 per kl beloop. Die herwinning van rioolwater is ook ‘n opsie. “Indien ons ‘n stelsel kry om rioolwater te suiwer tot drinkwater standaarde, sal die kostes R94 miljoen beloop. Die kostes om die stelsel te bestuur, sal egter R15 per kl wees,” verduidelik hy. Die ander opsie is die ontsouting van seewater op Yzerfontein. Die kleinste aanleg kan sowat 3000kl of 3 megaliter per dag verskaf, wat die munisipaliteit R75 miljoen uit die sak sal jaag. “Dan moet daar boonop ‘n manier gevind word om die skoon water van die see na Darling te neem. Daar is pyplyne nodig, asook genoeg elektrisiteit.” Om die aanleg volhoubaar te hou en te bestuur, sal kostes by die R15 per kl beloop. “Indien ons daagliks 1.5 megaliter van Yzerfontein na Darling moet vervoer, sal dit 100 vragmotors neem, waarvoor daar nie genoeg geld is nie.” ‘n Spesiale vergadering word oorweeg om die alternatiewe waterbronne te bespreek.
Nuwe krieketfasiliteit vir Piketberg
NUUS • NEWS