c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
NUUS • NEWS
20 September 2017
26.7%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 438
20 September 2017
Malmesbury Skou reg vir makietie
Die tafel vir die Malmesbury Skou is gedek met groot vermaak, kampioenskappe van hoogstaande gehalte en 'n feestelike landbou-atmosfeer. Die Malmesbury Skou vind plaas vanaf môre tot Saterdag. Links is Herman Burger en Hoffie van Blerk hou die leisels van 'n 8-span vas.
•'DINK NÓÚ ANDERS OOR WATER' - VAN ESSEN
Aftel na Dag 0 begin
"Hoe meer water mense bespaar, hoe langer hou die bron," moedig die Swartlandse burgemeester, Tijmen van Essen, inwoners aan. Hy het verlede week by ‘n burgemeesterskomiteevergadering van die Swartland Munisipaliteit (SM) beklemtoon dat daar ernstig geraak moet word oor die tekort aan water. Die Swartland gebruik tans 50 megaliter water per dag. Wanneer "Dag Zero" kom, sal die munisipaliteit volgens plan moontlik ‘n maksimum van 15 megaliter per dag uit alternatiewe bronne kan voorsien. “Daarom móét inwoners meer water spaar. Die tyd om te spaar is wanneer daar nog water is om te spaar.” “Dit is een van die ergste rampe nog wat in die Wes-Kaap en die Swartland ondervind word. “ “Daar is twee soorte inwoners. Dié wat geld het en water kan aankoop as die water op is. En dié wat niks het nie. Laasgenoemde maak maklik tot twee derdes van die Swartland se 133 000 inwoners uit.” Die munisipaliteit voorspel grootskaalse ontevredenheid onder inwoners as die dag kom wanneer die water wel op is. In die geval van Orkaan Irma wat in die Verenigde State van Amerika amok gemaak het, het owerhede daar sowat vier dae voor die tyd kennis gedra van wat kom, verduidelik hy. “Ons weet al ‘n geruime tyd dat die water gaan op raak. Die vraag is wanneer die water gaan op raak. Die nuutste watervlak van die Voëlvleidam,
waarvan die Swartland slegs 6% kan gebruik, staan vandeesweek op 26.7%, teenoor verlede jaar se 68%. Dit is 40% minder water as die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. “In verhouding, het ons van 68% teruggeval tot 26.7%, wat beteken dat ons 42% meer water gebruik as die reën wat geval het." Van Essen voeg by dat daar nie by laekostebehuising voorsiening gemaak is vir hierdie soort waterkrisis nie. Dié huise het geen geute nie, wat beteken dat die inwoners ook nie reënwater in tenke sal kan opvang nie. “Ons sal anders moet begin dink oor water.” Die SM oorweeg dit om ‘n spesifieke taakspan vir die besparing van water aan te wys. Die waterskaarste kan in drie komponente opgebreek word, naamlik inligting, finansiering en tegnies van aard. “Wat die tegniese betref, gaan daar nie binne die volgende ses tot nege maande ‘n tegniese oplossing wees nie. Ons is klaar by daardie tegniese venster verby. Die waterverbruik sal verminder moet word.” Van Essen sê verder die gebruik van slegs 87 liter per persoon per dag, sal dalk nog verder moet verminder. "As inwoners tussen 45l tot 65l gebruik, sal daar 'n ekstra maand en 'n half se water wees." Alle lekkasies sal ook reggestel moet word en inwoners kan binnekort laer waterdruk ervaar. Die drie opsies vir alternatiewe watervoorsiening sluit steeds die sink van boorgate, die suiwering van rioolwater en die ontsouting
van seewater by Yzerfontein in. Die sink, verskaffing en bestuur van boorgatwater se kostes beloop tussen R80 en R100 miljoen. Die kostes aan die herverbruik van rioolwater waar verskillende tegnieke beskikbaar is en dié vir die ontsoutingsaanleg beloop ook tussen R80 en R100 miljoen. Water sal dan terug in die pyplyn na Darling gepomp of per trok vervoer moet word. “Alles wat nou beplan word, gaan ons tot by die R300 miljoen kos. Indien ons weer goeie reën kry, gaan inwoners vra hoekom ons die geld gemors het en nie eerder teerpaaie vir hulle gebou het nie. Dus bly ons in die moeilikheid, maar as die water op is, is dit op en ons gaan beskuldig word dat ons niks gedoen het nie.” Hy sê hoewel daar steeds nie oplossings is nie, help dit ook nie om oplossings te gee en nie daaraan te voldoen nie. Van Essen is verder bekommerd dat die boodskap om water te bespaar nie by al die inwoners van die Swartland uitkom nie. Juis hierom oorweeg die munisipaliteit ‘n dringende bemarkings- en mediaveldtog oor die besparing van water waartydens “die waarheid gepraat sal moet word”. Van Essen stel onder meer die oprig van reklameborde waarop die damvlakke bekend gemaak kan word soos ‘n paar jaar gelede, voor. Plakkers om water te bespaar sal aan gastehuise en karavaanparke uitgedeel moet word. • Sien hoofartikel op bladsy 4
Celebrate
Braai DAY with us
e re ar w e a we n on N E PEN o OP O h t 5 2 h t 25 S T. PT. EP SE
Hot DEAL
Chicken Drumsticks
3499 p/kg
Braai PACK Tender Tasty Sirloin Chicken Leg 1/4 Albertinia Braaiwors
3500
p/pack
BIG DEAL
Grabouw Boerewors
6599
The Deal A class
...braai
best buy
9999 p/kg
Prices valid at all Brito’s stores from 13 - 25th September 2017. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za
8999 p/kg
p/kg
Bacon Twister
Steak Pack
Consist of: Loin Chops Shoulder Chops Rashers
Pork Braaipack
5899 p/kg