439 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

27 September 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 439

27 September 2017

• SPAN KRAGTE SAAM MET LINTON PARK

Hugo Rust woeker vir renosters

•Jaomi Zeeman Hugo Rust Laerskool en Linton Park Wynlandgoed het hierdie jaar weer saamgespan om internasionale renosterdag met ruim bydraes te vier. Renosterdag, wat elke jaar op 22 September gevier word, het hierdie jaar ‘n stewige hupstoot uit die wonderlike inisiatiewe van hierdie twee instansies gekry. Hugo Rust, wat verlede jaar ook ‘n groot inisiatief vir hierdie verdienstelike doel gehad het, het hierdie jaar op die skool se skenking in 2016 probeer verbeter. Hul ondersteuning vir hierdie waardige saak strek reeds oor die afgelope paar weke. Hulle het drie speelgoed-renosters, wat deur Linton Park verskaf is, “aangeneem”. Hierdie renosters het saam met die seuns, dogters en onderwysers op ‘n kompetisie-basis, met bewusmaking as doel, as deel van die skool se foto’s op hul sosiale netwerk-platforms verskyn. Die seun, dogter en onderwyser wat die mees oorspronklike foto saam met een van die renosters geneem het, het uiteindelik ‘n prys ontvang. Hugo Rust het hul inisiatief verder gevoer deur ‘n fondsinsameling vir renosterbewaring te hou. Hulle het verlede jaar ‘n volle R5 000 met ‘n muntlegging vir hierdie doel ingesamel. Hierdie jaar het hulle besluit om aan elke leerder ‘n blikkie te gee wat vir renosterbewaring met geld gevul kon word. Volgens Ronel Saayman, organiseerder van die projek, het die kinders se entoesiasme en die samewerking van die gemeenskap alle verwagtinge oortref. “Ek het een aand om ‘n braaivleisvuur toevallig oor die projek met Edwin Kriel van Rhodes Food Group gesels. Hy was so begeesterd dat hy dadelik daarby betrokke wou raak en het aangebied om die blikkies vir ons te reël,” vertel sy. Edwin van Rhodes het met rolspelers van Nampak, wat die blikkies vervaardig, en Boland Drukpers, wat die etikette druk, onderhandel vir ‘n samewerkingsooreenkoms vir hierdie inisiatief.

en eiesoortigheid van die grond en plantegroei rondom Groenberg vertel - iets wat tot die geskiktheid van renosterveld bydra. Die landgoedbestuurder, Rudolf Janse van Vuuren, en die wynmaker, JG Auret, het die gaste ook meer oor die landgoed se uitdagings en unieke karakter vertel. Schalk Burger vertel meer Volgens Herman le Roux, oor die unieke aard van die direkteur van kommunikasie area rondom Groenberg. by Linton Park, is die doel van hul inisiatief om voortgesette ondersteuning aan renosterbewaring te gee. “Ons wil graag ‘n bydrae maak en ‘n verskil maak. Die Camelia-groep, waarvan Linton Park deel is, is ingestel op die bewustheid van die bronne waarmee ons werk, sowel as die bewaring daarvan. Ons wil ook ons bande met die gemeenskap versterk en daarom is dit vir ons ‘n eer om van hierdie inisiatief deel te wees,” het hy gesê. Linton Park, wat in 2016 R52 000 vir renosterbewaring bygedra het, het hierdie jaar ‘n allemintige R 92 000 - alles deel van die wynverkope van “Uiteindelik het Rhodes en Nampak die blikkies voorsien en Boland Drukpers die etikette hul Rhino-reeks wyne - vir hierdie doel geskenk. Hugo Rust se bydrae is tydens ‘n feestelike gedruk. Dit was wonderlik om te sien hoe die gemeenskap en besighede inspring en deel word geleentheid in hul skoolsaal op 22 September, internasionale renosterdag, bekendgemaak. ‘n van hierdie projek,” sê Ronel. ‘n Ander belangrike rolspeler en medewerker Skyfievertoning oor renosters as ‘n bedreigde in die sukses van die projek, is die Linton Park spesie, sowel as die foto’s wat leerders en Wynlandgoed. Hierdie groep het hul gewig onderwysers saam met die speelgoed-renosters verlede jaar ook saam met Hugo Rust agter geneem het, het die bekendmaking van die ingedie inisiatief ingegooi deur ‘n ruim skenking te samelde bedrag voorafgegaan. Die hele skool het nie net gehelp om die maak. Hulle het hierdie verbintenis hierdie jaar verder gevoer deur R1 van elke bottel van hul blikkies met kontant vir renosterbewaring te vul Rhino-reeks wyne aan Rhinos without Borders nie, maar elke graad het ook ‘n renosterprojek aangepak. Daar was inkleurprente, sketse, te skenk. Linton Park se bydrae is tydens ‘n informa- skilderye, klei-modelle, stories en gedigte oor tiewe, feestelike geleentheid aan die toepaslike renosters. Uiteindelik is die bedrag wat die skool ingesapersone oorhandig. Op Woensdag 20 September het hulle rolspe- mel het, bekendgemaak. In vergelyking met verlers in die projek, sowel as die leerder-leiers en lede jaar se R5 000, het hierdie jaar se R27 000 onderwysers van Hugo Rust op die wynlandgoed alle verwagtinge oortref. “Ons is uit die veld geslaan oor die ongeonthaal. Onder die gaste was Francois Peenz, ‘n verteenwoordiger van Rhinos without Borders, looflike ondersteuning van ons kinders, ouers, deel van die Africa Foundation en die Great Pla- onderwysers en gemeenskap vir hierdie vernes Foundation, wat Linton Park se bydrae tot dienstelike projek! Ons het verlede jaar gedink die bewaring van renosters in ontvangs geneem dat ons uitstekend gevaar het met ons R5 000 bydrae. het. "Ons is sprakeloos, trots en ongelooflik dankLinton Park se plaas het ‘n groot area renosterveld wat hul verbete probeer bewaar, herves- baar oor hierdie jaar se R27 000,” het Ronel tig en uitbrei. Schalk Burger het gaste tydens die Saayman gesê. “Dit is ‘n eer om dit aan renosverrigtinge meer oor die spesifieke samestelling terbewaring te skenk.”

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.