441 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

11 Oktober 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 441

11 Oktober 2017

•EERSTE WEDREN SPRING OP WELLINGTON WEG

Atlete meet kragte teen stoomtrein •Jaomi Zeeman Wellington was op Saterdag, 7 Oktober, die wegspringplek van die eerste Stoomtrein Uitdaging in die Wes-Kaap. Wellington was op Saterdag, 7 Oktober, die wegspringplek van die eerste Stoomtrein Uitdaging in die Wes-Kaap. Ons dorp se stasie was ‘n bynes van bedrywighede soos deelnemers gereedgemaak en toeskouers en ondersteuners op die stasie se perron bymekaargekom het. Die eregas by hierdie geleentheid was egter Dominique, die stoomlokomotief wat die atlete en fietsryers die stryd aangesê het. Die Stoomtrein Uitdaging behels ‘n wedren tussen atlete, fietsryers en ‘n stoomtrein op die roete tussen Wellington en Ceres. Die atlete en fietsryers kon in spanne meeding wat om die beurt skofte afgelê het om die stoomtrein tot in Ceres die stryd aan te sê. Spanne van drie fietsryers en drie atlete elk óf individuele atlete, wat al die skofte op hul eie aangedurf het, kon vir die wedren inskryf. Die idee van die Stoomtrein Uitdaging het ontstaan toe Pieter van Wyk, roete-ontwerper vir die Cape Epic en boorling van Wellington, die potensiaal van die spoorlyn wat deur die asemrowende natuurskoon van ons vallei kronkel, raakgesien het. Hierdie mooi roete tot in Ceres, die feit dat hyself ‘n kranige bergfietsryer is en sy vaardighede as roete-ontwerper het hom laat besluit dat hierdie die perfekte roete vir ‘n “treinresies” sal wees. Hierdie opwindende Stoomtrein Uitdaging is gebaseer op die beproefde konsep van mense wat ‘n ou stoomtrein die stryd aansê. Dié plaaslike weergawe van die uitdaging is egter uniek omdat dit hardloop, sowel as bergfietsry behels. Talle spanne en individue van regoor die WesKaap het aan hierdie uitdaging deelgeneem om te kyk wie van “man” of “masjien” as wenner uit die stryd sal tree. Die stoomtrein het Saterdag om 08:00 uit Wellington-stasie vertrek, terwyl atlete by die ingang van Wellington Wines weggespring het. Van hier af het deelnemers langs ‘n veldrenroete van ongeveer 90km teen die stoomtrein meegeding. Die eerste been was van Wellington tot by Malan-stasie oor ‘n afstand van 7,2km vir hardlopers. Daarna het twee fietsrybene, ‘n hardloopskof, nog ‘n fietsryskof en uiteindelik ‘n laaste hardloopskof vanaf Waverly Hills tot by Ceres Golf en Eco Estate gevolg.

Dominique die trein vertrek vanaf die Wellington-stasie.

Terwyl die atlete en fietsryers dit langs die stoomtrein uitgespook het, kon toeskouers en ondersteuners die wedren vanuit die luukse trokke van die trein dophou. Hierdie trein dateer uit die era toe die Suid-Afrikaanse Spoorweë 235 Klas 19D stoomlokomotiewe met berg-tipe wiele tussen 1937 en 1949 op ons land se spoorlyne geplaas het. Dominique, die stoomlokomotief wat in die wedren gebruik is, is ‘n gerestoureerde lokomotief uit hierdie era wat aan die Ceres Rail Company behoort. Die resies was ‘n heerlike gemeenskapsprojek. By die Wellington Wines wegspringpunt was lewendige musiek en stalletjies en by die Ceres eindpunt is die feestelikheid voortgesit met musiek deur Newton & Co, stalletjies en

grootskerms waarop die rugbytoets gekyk kon word. ‘n Gedeelte van elke inskrywingsfooi is aan die Breyten Paulse-stigting, wat kinders in landelike gebiede help, geskenk en deelnemers kon ook tweedehandse of nuwe boeke in houers by die wedren plaas as ‘n poging om geletterdheid, lees en taalvaardighede by kinders te bevorder. Die wenner was uiteindelik ‘n inidividuele inskrywing wat man-alleen die wedren aangedurf en die stoomtrein laat les opsê het. Die solo-mansdeelnemer Brenton Ashby het die trein in ‘n tyd van 04:30:50 geklop. Die eerste solo-vrou oor die wenstreep was Gemma Grobbelaar in ‘n tyd van 05:06:02 en die mansspan van Wellington, Bold and the Beautiful, het uitstekend gevaar deur algeheel tweede in die spankompetisie te eindig.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
441 dié courant wellington by DieCourant - Issuu