c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
18 Oktober 2017
26.6%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 442
18 Oktober 2017
Fotografie:
By die Swartland Fotografieklub se onlangse vergadering het hierdie foto van Phillip de Lange weggeloop as die groot wenner van die aand met sy foto In the Mountains. Dit het ook die louere ingepalm in die senior-afdeling. Clifford Wyeth se foto Jah Guide het die gedrukte-afdeling gewen. Noeline Stofberg se Slow Down Mommy het die junior-afdeling gewen en was ook die tema-wenner.
•DIENSTE SPOEDIG HERSTEL - DR. SMITH
Hospitaal ‘n prioriteit Die planne om 'n splinternuwe hospitaal vir die Swartland op Malmesbury te bou, vorder fluks. Volgens dr. Barry Smith, superintendent van die Swartland Hospitaal op Malmesbury, het die Wes-Kaapse departement van gesondheid aangedui dat die bou van 'n nuwe hospitaal 'n prioriteit is. Die eerste fases van die proses is reeds onderweg. Die perseel wat aanvanklik aangedui is hiervoor grens aan Darlingweg in Malmesbury-Wes. "Dit gaan jare neem voor daar wel 'n nuwe hospitaal in werking is en juis daarom is planne voorgestel om die gesondheidsorgdienste op die huidige perseel te versterk," verduidelik Smith. Die bestaande geboue sal omskep word om 'n radiografie-afdeling, 'n buite-pasiënte eenheid en 'n nuwe ontvangs vir die hospitaal te huisves. Daar word ook voorsiening gemaak vir die berging van mediese rekords, 'n noodeenheid, 'n kombuis, fisioterapie-afdeling en ook 'n teaterkompleks. Twee nuwe vleuels sal ook gebou word wat sal verseker dat die kapasiteit om volwassenes te akkommodeer beskikbaar is. Dit sal weer ver-
seker dat die kraamdienste na die ou kraamsaal terugskuif. Konstruksiewerk hiervoor sal spoedig in aanvang neem. Sedert die brand van 18 Maart 2017 is talle planne beraam om die beste moontlike diens te lewer in die beskikbare ruimtes. Die noodeenheid funksioneer nou vanuit die voormalige buite-pasiënte lokaal. Die twee algemene sale vir mans en vroue, asook pediatriese pasiënte word bedien vanuit die onaangeraakte sale. Hierdie skommeling van dienste het ruimte geskep om die hospitaal 'n bed-kapasiteit van 40 te gee. Die administrasie-afdeling, die waskamers, algemene stoorkamers en dokumentkamers is nie in die brand beskadig nie. Die hospitaalbestuur is gedwing om alternatiewe reëlings te tref om te verseker dat alle nodige sorg deur die Swartland se sub-distrikte gelewer kan word, ten spyte van die beperkte infrastruktuur wat wel beskikbaar is. Alle kraam-pasiënte wat in kraam is, word by die kraam-afdeling van die Paarl Hospitaal ondersteun. Ambulanse vervoer tans pasiënte in kraam direk van hul huise na die Paarl Hospitaal.
Alle nood-operasies sal ook by die Paarl Hospitaal uitgevoer word. Elektiewe kleiner operasies sal twee keer per week by die Radie Kotze Hospitaal op Piketberg uitgevoer word. Pasiënte van die Swartland Hospitaal sal hierheen vervoer word. Beperkte x-straaldienste kan by 'n plaaslike radiologie-praktyk hanteer word en besprekings word by die Swartland Hospitaal hiervoor gedoen. Spesialis-kliniekafsprake word by die kliniek in Malmesbury-Wes hanteer. Pasiënte van Darling en die onmiddellike omgewing word na die Wesfleur Hospitaal in Atlantis vervoer, weens die beperkte kapasiteit van die huidige noodgevalle-afdeling. Volgens Smith is die personeel van die hospitaal toegewyd om ononderbroke diens van hoë gehalte te lewer, ten spyte van die ontbreking aan die nodige infrastruktuur. "Ek wil graag die publiek bedank vir hul samewerking oor die afgelope paar moeilike maande. Ons sien baie daarna uit om die gesondheidsorg plaaslik uit te brei en so te verseker dat omvattende gesondheidsdiens aan die gemeenskap gelewer word," sê Smit.
NUUS • NEWS