c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
25 Oktober 2017
27.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 443
25 Oktober 2017
Oestyd kom nader Dis amper oestyd in die Swartland vir die landbouers van hierdie streek. Op Renosterbosrug het Alwyn Hanekom en sy span begin om die hawer plat te sny en te baal. Die koring sal nog vir 'n rukkie op die lande bly en die meeste boere beplan om teen einde Oktober te begin oes.
•BERGRIVIER NOU ONDER VLAK 5-BEPERKINGS
Krane stywer toe Die Bergrivier Munisipaliteit wat die dorpe van Piketberg, Porterville, Velddrif, Eendekuil en meer insluit, het nou ook vlak 5-waterbeperkings geïmplementeer met onmiddellike effek. Vlak 5-waterbeperkings vereis ‘n 40% besparing in waterverbruik. Munisipale bestuurder advokaat Hanlie Linde het gister die beperkings bekend gemaak. Sy het vroeër vanjaar ‘n beroep op inwoners deur middel van ‘n video gedoen om water te bespaar. Volgens die munisipaliteit mag watergebruikers nou slegs 87 liter munisipale drinkwater per persoon per dag gebruik, ongeag of die gebruik by hul huis of werksplek of elders geskied. Volgens Linde het die inwoners van die Bergrivier Munisipaliteit 17% op hul waterverbruik bespaar, maar Linde maan dat inwoners “baie beter moet doen”. Volgens Linde is die watertariewe van Bergrivier aansienlik laer as ander munisipaliteite in die Wes-Kaap, met Mosselbaai wat die duurste is. “Ons boere kry swaar, want daar is nie ‘n oes nie. Ons dorp kry swaar, omdat die boere nie kan oes nie. Daarom het ons raad besluit dat hulle nie die watertariewe ook nog drasties kan verhoog soos ander nie,” verduidelik Linde. Op 30 Mei vanjaar het die raad die nuwe watertariewe goedgekeur. Hierdie tariewe was onderhewig aan ‘n besparing van 20%. Soos die maatreëls verder verhoog is, is die tariewe met 2.5% verhoog vir elke 5% waarmee
die besparingsmaatreëls verhoog is. Dus is daar nou ‘n 10% verhoging in die watertariewe wat vroeër vanjaar goedgekeur is deur die raad. Versuim om aan die vereistes van die beperkinge te voldoen, behels ‘n misdryf volgens die munisipaliteit se verordeninge rakende watervoorsiening, sanitasiedienste en industriële afvloei. Die skuldige is strafbaar met ‘n boete ter erkenning van skuld en/of die installering van ‘n Aqualoc-watermeter. Waterdruk en vloeitempo mag ook verlaag word onder die toepaslike wetgewing of standaardvereistes om lekkasies te beperk, wat onderbrekings en skommelinge in die watertoevoer tot gevolg kan hê. Volgens die beperkings sal enkel residensiële eiendomme wat gemiddeld meer as 7000 liter, oftewel 7 kiloliter en meer munisipale drinkwater per maand gebruik, ‘n verhoogde tarief betaal. Kompleks-ontwikkelings soos woonstelle en behuisingskomplekse wat gemiddeld meer as 7 kiloliter en meer drinkwater per eenheid gebruik, kan beboet word en sal ook die verhoogde watertarief betaal. Op alle residensiële verbruike wat meer as 13 kiloliter water of meer per maand gebruik, kan ‘n boete opgelê word. Verbruikers word aangemoedig om waterdoeltreffende onderdele, toebehore en tegno-
logie te installeer om waterverbruik by krane, stortkoppe en ander loodgieterkomponente tot die minimum te beperk. Die verhoogde waterbeperkings bepaal ook dat geen voertuie, insluitende taxi’s, sleepwaens, woonwaens of bote met munisipale drinkwater gewas mag word nie. Dit moet met nie-drinkbare water, waterlose produkte of deur middel van droogstoom-skoonmaakprosesse gewas word. Die gebruik van skuifbare swembaddens en glip en gly-bane word verbied. Die beperkings geld ook vir nie-residensiële gebruikers. Gebruikers soos abattoirs, voedselvervaardingingsindrustrië, sorgfasiliteite, diereskuilings en ander industrieë kan aansoek doen om vrystelling. Hierdie vrystellings sal per aansoek op meriete oorweeg word indien meer as 40% van die water herwin of bespaar word in die wasprosesse. Alle nuwe tuin-uitlegte of sportvelde word verbied, tensy dit slegs met nie-drinkbare water besproei word. Verbruikers met spesiale vereistes mag by die direkteur tegniese dienste aansoek doen om vrystelling van die waterbeperkings en elke aansoek sal op meriete oorweeg word. Alle onwettige waterverbruike moet gerapporteer word aan die volgende nommers: Porterville/Eendekuil – 072 657 1801; Piketberg/ Redelinghuys – 083 272 4126; Velddrif/Aurora – 083 272 4129.
NUUS • NEWS