444 dié courant Swartland en Bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

1 November 2017

28.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 444

1 November 2017

Kosmandjie volgemaak Die koringlande van die Swartland word nou deurkruis met oestyd wat afgeskop het. Op Truter de Kock se plaas De Grendel is dit 'n miernes van bedrywigheid. Volgens De Kock is dit wat hy reeds van die lande gehaal het se volume gemiddeld tot onder-gemiddeld. Die kwaliteit van die koring is van hoogstaande gehalte en voorspel hy dat die volume op ander blokke beter sal wees as hierdie.

•PAD BELANGRIK VIR PRODUKTIWITEIT - MINISTER

R46.2m vir arbeid Donald Grant, Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, en raadsheer JH Cleophas, uitvoerende burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, het Donderdag die lint geknip tydens die amptelike openingseremonie van die opgegradeerde R399-pad tussen Piketberg en Velddrif. Hierdie projek van R304.6 miljoen het ongeveer 35 maande geneem om te voltooi en twee gedeeltes van die pad, wat in totaal 58,4 km lank is, is opgegradeer. Die pad dien as hoofskakel tussen Piketberg en Velddrif wat in die bedieningsarea van die Bergrivier Munisipaliteit val. 'n Totaal van R46.2 miljoen is spandeer op plaaslike arbeid wat vanuit die Saldanha- en Bergrivier munisipale-areas (hoofsaaklik uit Piketberg en Velddrif), bekom is. 'n Verdere R67.2 miljoen is spandeer op geteikende bedrywe, waarvan R31.8 miljoen op ontluikende plaaslike kontrakteurs spandeer is wat deur die loop van die projek ook mentorskap en leiding ontvang het van die hoofkontrakteurs. Die oorspronklike pad is in die 1960's gebou. Dié Sandveld-streek is die natuurlike habitat van duinemolle wat tonnels grawe onder die paaie en hierdie versteurings in die onderlae lei tot 'n vers-

wakking van die padoppervlak. Die pad word tans deur tussen 800 en 1700 voertuie per dag gebruik. Motoriste wat daarvan gebruik maak, kan voortaan uitsien na 'n veel gelyker padoppervlak wat minder slytasie op hul voertuie tot gevolg sal hê. Reistyd sal ook aansienlik verbeter. Die R304.6 miljoen-projek het die bestaande pad, van twee 3.2meter-bane met gruis skouers, opgegradeer na 'n pad met twee 3.4meter-bane met addisionele geteerde skouers van 0.9 meter elk. Die rehabilitasiewerk het onder meer behels dat die padoppervlakte met 'n impakroller gekompakteer word. Hierdie Suid-Afrikaanse tegnologie verseker dat bestaande lugleegtes onder die oppervlak meestal verwyder word, ten einde 'n stabiele oppervlak te skep vir daaropvolgende plaveisel-lae. Daarna is 'n sement gestabiliseerde sub-basis van tussen 200mm en 250mm aangebring om te voorkom dat toekomstige lugleegtes tot strukturele ineenstorting sal lei, en ook om addisionele versterking te bied. Ook is 150mm splintersteen aangewend as die finale strukturele laag en gebind met 'n 19mm Cape Seal-deklaag. Bykomende aanvullende werk het die verbreding van twee brûe om die nuwe padkruising te akkommodeer, sowel as die formalisering

van plaasingange, ingesluit. Bestaande dreineringsduikslote is verleng en waar nodig, is nuwe duikslote en dreineringstrukture gebou. Daarbenewens is syslote ook geformaliseer, nuwe padtekens en -merke aangebring en skutrelings vervang. Gedurende die konstruksie-fase van die projek, wat deurgaans deur Group 5 en JG Afrika behartig is, is verskeie bemagtigingsdoelwitte behaal en oortref. "Ek hou al lank reeds vol dat pad-infrastruktuur 'n belangrike rol speel in die produktiwiteit, veiligheid en ontwikkeling van ons land, veral met betrekking tot die Wes-Kaap en sy distrikte. Dis ooglopend in areas waar paaie in 'n swak toestand is. "Ekonomiese aanwysers toon dat die Weskus-streek tussen 2010 en 2015 met 2.8% gegroei het. Meer as R35 biljoen rand is reeds opsygesit vir infrastruktuur-ontwikkeling in die Saldanha-area en die R399 gaan in die toekoms dien as 'n belangrike skakelpad tussen dié dorp en die res van die Weskus, wat mettertyd as die industriële hartland van die provinsie bekend sal staan," het Grant sy programrede tydens die funksie na afloop van die padopening by Org de Rac-wynlandgoed afgesluit.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.