446 dié courant swartland en bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

15 November 2017

27.1%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 446

15 November 2017

Watersisteem: Cassie Steenkamp van Darling het 'n waterplan vir sy eie huis beraam. Met hierdie stelsel kan hy 17 000 liter grys- en reënwater berg. Hy span tenke, vleilandplante en pompe in om hierdie stelsel te laat werk. Sien berig op bladsy 2.

•BAM WIL NIE HARDER, MAAR SLIMMER WERK

Pionier palm prys in Warren Bam, 'n kommersiële boer van organiese uitvoertafeldruiwe en boorling van die Swartlandse dorp Saron, is die naweek aangewys as Landbouskrywers Suid-Afrika se Nuwe Toetreder tot die Kommersiële Landbou by 'n spoggeleentheid in Bloemfontein. Bam is verlede jaar tot die direksie van die SA Tafeldruifbedryfsliggaam (Sati) verkies. Hoewel Warren hom in bemarkings- en verkoopsbestuur bekwaam het, het hy homself as suksesvolle boer bewys. In 2014 het hy die Toyota New Harvest-eerbewys gewen en hy besit ‘n onderneming wat hy op huurgrond op die plaas Gunsteling bedryf. Warren neem die afgelope paar jaar deel aan Sati se voorkeurkultivarprogram waardeur hy van die jongste kultivars kon bekom. Hy beplan nóg uitbreidings vir die nuwe seisoen. Sy druiwe word deur Capespan uitgevoer, met omtrent 80% wat na Brittanje gestuur word. Die res gaan na die Europese Unie. Soos sy produksie toeneem, wil hy ook na Amerika uitvoer. Warren gebruik geldelike hulp van die Regering vir uitgebreide dienste, grondvoorbereiding, plantmateriaal, meganisasie, produksiemiddele en besproeiing. Hy wil graag in die toekoms bloubessies aanplant om sy produksierisiko’s te versprei. Hy wil ook verder op in die waardeketting betrokke raak met verwerking van landbouprodukte. Sy hoop is om nog ‘n plaas in ‘n ander gebied te bekom, sodat hy sy produksietyd kan verleng en om veranderinge in die klimaat die hoof te bied.

Warren en sy vrou Connie Bam. Foto: Helenus Kruger Vir Bam is dit 'n voorreg om deur die landbouskrywers benoem te word vir die titel. "Wanneer 'n mens op jou eie begin boer, is die primêre fokus eers om net weer die volgende jaar op die plaas te wees. "Die gedagte van kompetisies wen, is nie eens deel van die verwysingsraamwerk nie," sê Bam. Glenneis Kriel het hom vir dié toekenning benoem en die twee het mekaar nie ontmoet voor sy 'n onderhoud met hom gevoer het nie. "Wys jou net, in vandag se lewe met al sy minder mooi dinge, is daar darem nog mense wat iets positiefs het om te sê van iemand anders en ek is nog so bevoorreg dat iemand dink dat ek

goed genoeg is om my in te skryf vir die kompetisie," sê Bam beskeie. Vir hom was dit 'n hoogtepunt om met bekendes in die landbou soos Rossouw Cillers van Ceres, Louis de Kock, Charl Senekal ('n mega-suikerrietboer) en ander swaargewigte te gesels. "Charl Senekal het omtrent 'n halfuur met my gesels en ek het die heeltyd staan en wonder... Wie is ek dat hierdie groot manne tyd afknyp om met my te gesels? "Dit maak my nederig om te dink dat ek wat van 'n klein plekkie af kom die voorreg het om met sulke groot name te kan gesels." Vir Bam beteken die toekenning dat daar nog mense is wat geloof het in hul medemens. "Hierdie toekenning beteken ook dat ek my spelpeil aansienlik moet lig om die eer gestand te doen. Dit beteken nie noodwendig harder werk nie, maar slimmer werk," sê Bam. Bam en sy vennoot, Wessel van Niekerk, kyk daarna om later in tafeldruif-area te belê. "Eers wil ons die plaas waarop ons boer, maksimaal benut. Ons het nog so 50 hektaar wat ons kan toemaak met tafeldruiwe, maar eers as ons waterverifikasies afgehandel is. "Ek het tans sowat 28 hektaar tafeldruiwe vir myself. Oor twee jaar en met die genade van Bo, wil ek graag 33 tot 35 hektaar oes." Bam boer tans op huurgrond en droom van sy eie grond. "Ek sal ook graag met 'n ander gewas wil boer. My spesialiteit is tafeldruiwe en bloubessies, so die ander gewas sal sekerlik bloubessies wees. Al die planne is natuurlik onderhewig aan watersekerheid," sê Bam.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
446 dié courant swartland en bergrivier by DieCourant - Issuu