447 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

22 November 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 447

22 November 2017

•WELLINGTON-LEGENDE VERTEL HAAR VERHAAL

Crous en die blou Ford Anglia onthou •Jaomi Zeeman Tannie Rida Crous is ‘n bekende gesig in Wellington. Hierdie 90-jarige dame is al vir jare lank deel van die dorp se aktiwiteite en stories en sy en haar 1959-model blou Ford Anglia is ‘n legendariese deel van Wellington se strate. Op 14 November het die Wellington-museum tannie Rida genooi om haar geskiedenis, haar stories en haar verbintenis met ons dorp te deel. ‘n Video-opname is van hierdie geleentheid gemaak. Tannie Rida vertel dat sy as een van agt kinders as ‘n nooi Van der Merwe in die Koue Bokkeveld grootgeword het. “Ek onthou nog my juffrou Sarie Marais wat ons by die plaasskool onderrig het. "Ek het aan Hoërskool Ceres gematrikuleer en is daarna na die Handelskool in die Paarl om ‘n kursus in snelskrif en tik te doen,” vertel sy. Sy het ook sanglesse by die konservatorium in Stellenbosch ontvang en het gereeld as solis opgetree. Dit is in die Paarl dat sy haar man, Hennie, ontmoet het en hulle is in 1951 getroud. Hy was ook ‘n musikant en het die trekklavier gespeel. Saam-saam het hulle by talle funksies opgetree. “Ons het ook rolbal gespeel en deur ons bedrywighede baie interessante mense ontmoet. "Ons het selfs saam met parlementslede gekuier,” vertel sy oor hul lewendige gemeenskapslewe. Dit was die dae van die gewilde Koffiehuis-konserte - lewendige radio-uitsendings van musiekkonserte wat eers in ‘n saal langs die Groote Kerk gehou, en later ook in die platteland opgeneem is. Een van hierdie “buite-uitsendings” is vanuit die Wellingtonse-stadsaal gehou

Bo: Rida Crous en haar legendariese 1959 Ford Anglia is 'n bekende gesig op Wellington. Crous het haar verhaal by die Wellington Museum vertel. en dit is hier waar bestaan het, was die destydse wenners van die tannie Rida groot heel eerste SAUK Radio-orkeskompetisie. Nog ‘n interessante verbintenis met Wellingbekendheid verton, is die feit dat ses van tannie Rida se susters werf het. “’n Mens kan dit hulself as onderwyseresse aan die destydse seker my ‘moment WOK bekwaam het - ‘n rekord wat seker nooit of fame’ noem. gebreek sal kan word nie. Tannie Rida is steeds aktief in die gemeenIemand het my tydens ‘n uitvoering skap betrokke. Sy is ‘n VLV-lid, sing in die Herfsvreugde-koor in die Goodnow-saal hoor sing en toe vir ‘n en sy is ook lid van die Dames 18-groep. Sy bestuur ook nog self. uitsending van die KofAlhoewel haar gesondheid die laaste tyd nie fiehuis-konsert genooi. "Ek het ‘n lewendige meer so watwonders is nie, is haar gees alleruitvoering oor die radio mins geblus en haar oë vonkel wanneer sy praat. Haar ongelooflike sopraanstem is iets wat ‘n gedoen,” onthou sy hierdie mens se asem wegslaan wanneer sy klokhelder hoogtepunt. Tannie Rida en haar man was ook ‘n uittreksel uit die Duitse Unsere Heimat begin later deel van Imker Hoogenhout, die klein- sing. “Ag, my asem is ‘n bietjie kort,” maak sy lagseun van CP Hoogenhout, se orkes. Hierdie orkes, wat uit nog ‘n paar ander lede gend verskoning nadat die laaste note wegsterf.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
447 dié courant wellington by DieCourant - Issuu