448 dié courant Bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

29 November 2017

26.9%

Bou saam met goeie nuus

29 November 2017

Uitgawe 448

By die negende sertifikaatplegtigheid vir opkomende boere wat deur KaapAgri op Porterville aangebied is, het talle landbouers toekennings ontvang. Bo is Fanny Phetla, Ronald van Schalkwyk, Jackie van der Pool (top-presteerder in NQF3), Hilton Papier, Tasneem Sulaiman-Bray, Johannes Job, Manley Adams (top-presteerder NQF2), Wayne Mansfield en Darryl Jacobs.

•LEERDERS VERDER ONDERSTEUN

Stawelklip kry hulp Die nie-winsgewende organisasie op Piket-BoBerg, die Piket-Bo-Berg Inwonersvereniging (PBBIV), streef daarna om ‘n holisties gesonde gemeenskap te bevorder, waar besighede en die landbougemeenskap saamwerk tot ‘n beter toekoms vir die omgewing en die inwoners van Piket-Bo-Berg. Een van die kern funksies van die PBBIV is dan ook om ondersteuning aan kinders en die jeug op die berg te koördineer. Die PBBIV het die laaste twee jaar skoolsakke en skryfbehoeftes aan elke nuwe Graad 1-leerder by die plaaslike skool, Stawelklip Morawies Primêr, geskenk. Vanjaar het die PBBIV-bestuur besluit om dié tipe ondersteuning selfs verder te neem en is gesprekke met die skool se bestuurspan begin om die betrokkenheid te realiseer. Die besluit van die bestuur behels dat die PBBIV ‘n kontantprys en ook ‘n boekprys aan die top-leerders in elke graad gee. Verder is besluit dat die top-seun en top-meisie in Graad 9 ‘n selfs groter prys kry. Die twee leerders, Jody Marcus van die plaas Achtervlei, en Samquin Hendricks van die plaas Moutons Valley, se skoolfooie vir 2018 word betaal en ook betaal die PBBIV hul skooluniform. Albei leerders begin volgende jaar hul hoër-

skool-loopbaan aan Steynville Senior Sekondêr. Die pad wat die PBBIV verder met die skool gaan stap, behels dat die twee beste Graad 9-leerders se vordering vanaf 2018 tot in hul matriekjaar gemonitor word. Sou hulle ‘n bepaalde standaard, in terme van hul akademiese prestasie, handhaaf, is die idee dat die PBBIV help dat hulle na matriek by ‘n tersiêre instelling ingeskryf word om in ‘n spesifieke rigting te studeer. Hulp sal ook aan ander hoërskoolleerders gebied word, mits die akademiese vereiste nagekom word. Die droom is om ‘n beursfonds te hê wat uit-

eindelike elke verdienstelike leerder kan help om sy/haar droom na matriek waar te maak. Op hierdie stadium word fondse gegenereer deur die jaarlikse Piket-Bo-Berg Cycle Challenge wat aangebied word en grondeienaars (wat appels produseer) wat ‘n gedeelte van hul appel-oes afstaan aan die PBBIV om die nodige gemeenskap ontwikkelingswerk te kan doen. "Groot dank en waardering kon by beide die skool se personeel en ouers van die top-leerders bespeur word en dis duidelik dat hierdie ‘n broodnodige vennootskap is wat eenvoudig jaarliks van krag tot krag gaan," sê Gus Pickard van die PBBIV.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
448 dié courant Bergrivier by DieCourant - Issuu