c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
29 November 2017
26.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 448
29 November 2017
Kersspel op die planke Die NG Moedergemeente van Malmesbury het Sondag 'n Kersspel in dié historiese baken van die Swartland op die planke gebring. Die opvoering het die geboorte van Jesus en die gepaardgaande omstandighede uitgebeeld. Links is Lindie Engelbrecht as Maria en Wilhelm Relihan as Josef saam met die skaapwagters.
•12 TOT 15 SEPTEMBER 2018 OP MÔRESON
Agri Mega skuif wes Agri Megaweek, die grootste landbou-ekspo in die drie suidelike kusprovinsies wat die afgelope 10 jaar op Bredasdorp aangebied is, het bevestig dat hulle van September 2018 dié groot geleentheid na Môreson in die Swartland skuif. “Vir ons was die rede vir die skuif om nader aan die metropool te wees,” het die Mega Groep van ondernemings se uitvoerende hoof, Orton King, gister aan dié courant gesê. “Ons vertrekpunt is om te sê ons lê buitekant Durbanville met die ekspo. Maar ons weet ook ons lê naby aan Malmesbury.” “Ons wil nie die klem spesifiek daarop plaas nie. “Die groot uitdaging is dat 85% van ons uitstallers uit die groot metropole kom. Bredasdorp is oor 'n berg en dis woeste ekonomiese kostes vir hulle. Veral in swak ekonomiese tye begin jou uitstallers jou onder druk sit. Hulle sê jy moet skuif of hulle gaan net elke twee jaar kan deelneem. “Ons kon nie anders as om 'n besigheidsbesluit daaroor te neem nie,” verduidelik King. Hy het gesê Megaweek het tot 20 000 mense en tussen 300 en 400 uitstallings in een jaar na Bredasdorp gelok, maar die laaste paar jaar het veral die ekonomiese druk 'n rol begin speel.
Die datum vir die eerste Agri Mega Week op Môreson (met 'n aanvanklike 10 jaar-ooreenkoms) is 12 tot 15 September 2018. Die nuwe super-Agri Megaweek sal nie alleen die twee grotes, Agri Mega Week en Cape Agri Week (voorheen die Bien Donné-ekspo vir die vrugte- en wynbedryf) insluit nie, maar ook die jaarlikse Cape Floral Kingdom Expo, Mega PetEx, BeSafe Agri en 'n Mega Tourism & Lifestyle Expo. King het bevestig dat hulle begin het met onderhandelinge om die Huntex ook te inkorporeer. “Ons het vanjaar by Megaweek op Bredasdorp vir die eerste keer probeer om die komponente soos die Floral Kingdom en die Be Safe Expo te kombineer met Megaweek en dit het uitstekend gewerk. “Daardie diversifikasie het net 'n baie goeie effek gehad. Daarom het ons besluit ons sal daardie komponente met hulle landboufokus voortaan sterk kombineer met Megaweek.” Oor die nuwe terrein het King gesê Môreson het nie die infrastruktuurgeriewe van Megapark nie, maar die totale terrein is baie soortgelyk in grootte en “deesdae is die tegnologie so ontwikkel dat jy 'n tent so voorberei dat jy nie juis agterkom jy is nie in 'n gebou nie” Hy het bygevoeg dat hulle seker mettertyd ook weer
strukture daar sal ontwikkel. In 'n persverklaring waarin die Megagroep se mediakantoor die skuif aangekondig het, verwys hul ook na akkommodasie-uitdagings in die Overberg, afstand van lughawens en seehawens vir deelname, die afname in besoekertalle weens die afstand vanaf Kaapstad en die beskikbaarheid van akkommodasie en 'n opname van die weerstatistiek oor die afgelope 12 jaar op die verskillende plekke. Agri Mega wil ook internasionale deelname bevorder en uitbrei en het die opsies vir 'n volhoubare standplaas ook in dié verband ondersoek. King het daarin beklemtoon dat “sentimente dikwels by skoue en soortgelyke geleenthede, veral in die landbou- en landelike gebiede, die oorhand oor besigheidsbesluite kry, wat tot noodlottige gevolge kan lei; daarom is nugtere denke en gesonde besigheidsoorwegings hier vir volhoubaarheid van kardinale belang.” *Dié geleentheid is 'n toevoeging tot die jaarlikse kalender in die streek saam met; • die jaarlikse Swartland Skou op Moorreesburg van 5 tot 8 September 2018; • die jaarlikse Darling Veldblomskou van 14 tot 16 September 2018 en; • die jaarlikse Malmesbury Skou van 20 tot 22 September 2018.
NUUS • NEWS