448 dié courant Wellington

Page 1

courant 29 November 2017

dié

• Bergrivier 1Swartland Wellington

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 448

•'HIER IS WATER - ONS SAL DIT KRY'

29 November 2017

Kundiges soek na nóg water in droogte

•Jaomi Zeeman As deel van Drakenstein Munisipaliteit se planne om die waterskaarste tydens die heersende droogte die hoof te bied, word daar na die ontginning van alternatiewe waterbronne gekyk. Een van hierdie bronne is die ondergrondse water wat op Wellington beskikbaar is. Fonteinstraat en sy fonteinwater, boorgatwater en putwater wat inwoners en instansies reeds jare lank gebruik, wys die rigting aan na die standplaas van die eerste munisipale boorgate wat tans in ons dorp getoets word. Die openbare parkgebied oorkant die Hugenote Hoërskool in Generaal Hertzoglaan was die afgelope week ‘n bedrywige area. Daar is afgesperde gebiede waar groot boormasjiene toetsgate boor op soek na alternatiewe waterbronne. Die area is ook die afgelope week die kampplek van ‘n handvol boorgatkundiges wat poog om hier water te vind om die watertekort-probleem die hoof te bied. Volgens Jacobus Nel, toesighouer van Steyn’s Drilling wat hierdie boorgate langs Generaal Hertzoglaan boor, is hulle optimisties oor die ondergrondse water wat hier beskikbaar is. “Ons weet dat hier ‘n ondergrondse rivier is wat baie water kan voorsien. Ons boor reeds op 30 meter water raak, maar gaan tot sover as 200 meter boor om die maksimum water te probeer kry,” het hy gesê. Hulle gaan verskeie boorgate op die terrein sink om die ondergrondse waterbronne te probeer benut. Die samestelling van die grond, wat ‘n kombinasie van klei, sand en ondergrondse rivierklip insluit, bemoeilik egter die taak. “Sodra ons suksesvol tot op die regte diepte geboor het, sal die water deur kundiges getoets word om te bepaal waar die geskikste boorgat uiteindelik sal wees,” het Nel verduidelik. Hierdie is geen maklike taak nie en die modderdeurdrenkte werkers wat dit verrig probeer hul bes om die mees geskikte plek vir ‘n suksesvolle boorgat vir Wellingtonners te verseker. “Hier ís water, en ons sal dit kry. Dit gaan miskien net langer neem as wat ons gedink het,” het Nel gesê. Regs: Sterk water word reeds op ‘n diepte van 30 meter raakgeboor. Daar gaan egter tot so ver as 200 meter geboor word om die sterkste ondergrondse waterbronne te probeer ontgin.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.