c urant
dié
Swartland • Bergrivier Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
25.8%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 449
6 Desember 2017
Die personeel en ondersteuners van Sinethemba op Malmesbury het Vrydag hul ondersteuning vir die bewusmaking van Vigs gewys toe hulle gewapen met plakkate 'n optog vanaf die kliniek in Jakarandastraat tot by die rugbyvelde van die Bloues-rugbyklub gestap het. Vrydag is internasionale Vigsdag regoor die wêreld gehou.
•BOERDERY EN LEWENDE HAWE BEOORDEEL
Studente blink uit Op 23 November het Kaap Agri Akademie in Porterville ’n spoggeleentheid gereël om sertifikate aan suksesvolle studente te oorhandig. Die Akademie gaan reeds sedert sy ontstaan in 2009 van krag tot krag. Verskeie studente wat reeds die Boerdery-ontwikkelingsprogram voltooi het, het hulself intussen as kommersiële boere gevestig. Die BathoPele-ontwikkelingsinstituut is reeds van die begin af deur die Akademie as diensverskaffers aangewys en speel ’n betekenisvolle rol in die Akademie se sukses. In 2017 het die Akademie twee programme aangebied, naamlik ’n program in boerderypraktyk op NQF vlak 2, en ’n leerlingskap in lewendehawe-bestuur op NQF vlak 3.
Die Akademie werk sedert 2016 saam met die Departement van Landbou in die Wes-Kaap en daarom was dit gepas dat die hooftoespraak by die oorhandiging-seremonie deur Darryl Jacobs, die adjunk-direkteurgeneraal van die Departement, gelewer is. Sy boodskap aan die studente was baie inspirerend en hy het benadruk hoe belangrik dit vir boere is om aktief by hul boerdery betrokke te wees en om praktyke met verantwoordelikheid toe te pas. As deel van die seremonie het 21 studente sertifikate ontvang vir die suksesvolle voltooiing van die program in boerderypraktyk, en 16 studente wat die program in Lewendehaweboerdery voltooi het, het ook sertifikate
ontvang. Studente wat uitgeblink het, het toekennings vir hul besondere prestasies ontvang.
Die Bergrivier Munisipaliteit met sy hoofkantoor op Piketberg, het vanjaar weer 'n skoon oudit van die ouditeur-generaal (OG) van SuidAfrika ontvang. Elke munisipaliteit in Suid-Afrika word aan die einde van 'n finansiële jaar geoudit en 'n skoon verslag wys na 'n ongekwalifiseerde oudit, sonder enige kwessies wat aangespreek moet word.
'Dit is voorwaar 'n groot prestasie en neem 'n groot gesamentlike spanpoging om dit te vermag," sê advokaat Hanlie Linde, munisipale bestuurder van dié munisipaliteit. "Ons bedank graag ons volle raad, ons ouditen prestasie-ouditkomitee, ons MPAC (Municipal Public Accounts Committee), die amptenare van Bergrivier en elke lid van die publiek wat ons voortdurend op ons tone hou en sorg dat
ons effektiewe en skoon administrasie toepas. Intussen het dié munisipaliteit, wat onlangs ook Vlak 5-waterbeperkings ingestel het, 'n besparing van 41% in waterverbruik getoon. "Hiervoor wil ons almal bedank wat so goed saamwerk. "Kom ons gebruik hierdie as 'n aansporing om nog verder te bespaar en dag zero so ver as moontlik uit te stel," aldus Linde.
Die volgende toekennings is oorhandig: Program in Boerderypraktyk Spesiale toekenning: Elizabeth Josephus Merietetoekennings: Johannes Job, Wayne Mansfield Top-presteerdertoekenning: Manley Adams Program in Lewendehawe-boerdery Spesiale toekenning: Michael van Wyk Merietetoekennings: Ronald van Schalkwyk, Hilton Papier Top-presteerdertoekenning: Jaqueline van der Poll
Skoon oudit vir Bergrivier Munisipaliteit