449 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

6 Desember 2017

25.8%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 449

6 Desember 2017

Die personeel en ondersteuners van Sinethemba op Malmesbury het Vrydag hul ondersteuning vir die bewusmaking van Vigs gewys toe hulle gewapen met plakkate 'n optog vanaf die kliniek in Jakarandastraat tot by die rugbyvelde van die Bloues-rugbyklub gestap het. Vrydag is internasionale Vigsdag regoor die wêreld gehou.

•GEEN PRESTASIEBONUSSE BETAAL

SM: 7 skoon oudits

Die Swartland Munisipaliteit het vir die sewende agtereenvolgende jaar 'n skoon oudit van die ouditeur-generaal van Suid-Afrika ontvang. Volgens munisipale bestuurder Joggie Scholtz is dit 'n groot eer en voorreg om deel van die Swartland-span te wees. "Ons skoon oudit, met die klem op die feit dat ons geen 'comafs' gekry het, wat saamval met die onlangse toekenning as groenste munisipaliteit in die Wes-Kaap, is 'n lekker erkenning vir skoon regering," sê Scholtz. Die 'comafs' waarna Scholtz verwys, is navrae wat deur die OG gedoen word wat kan lei tot rapportering in die ouditverslag (communication of audit findings). Die hoeveelheid hiervan wat uitgereik word, is 'n aanduiding van die hoeveelheid foute wat die OG vind en op hierdie bevinding word nie net die oorsake gemeld nie, maar moet daar ook

bestuurskommentaar gelewer word. "Omdat die oudit deur die OG munisipaliteite baie geld kos, was SM se benadering van die begin af dat ons met die OG se interaksie, waarde vir geld wil hê. "Hiermee bedoel ek dat ons vir enige bevindinge van 'n betrokke jaar, regstellende optrede en uiteraard kontroles in plek stel om seker te maak dat die leemtes wat toe die bevindinge aanleiding gegee het, reggestel word. "Die ontwikkeling van hierdie regstellende optrede en kontroles word geïnstitusionaliseer deurdat daar prestasie-aanwysings en teikens ontwikkel word om implementering te verseker. Volgens Scholtz is dit "genade en nogmaals genade" 'n groot bydraende faktor was vir die sewende skoon oudit. Leierskap, wedersydse vertroue, 'n stabiele politieke klimaat en raadslede wat hul rol verstaan en toelaat dat amptenare hul werk op die

Superspar Boland Botha gee siviele vier 30 jaar vaandel aan

regte manier doen, is ook hoog op Scholtz se lys. Die munisipaliteit het 'n zero toleransie teenoor bedrog, korrupsie en oneerlikheid. "Ek kan nie met vrymoedigheid sê dat ons korrupsievry is nie, maar dit is net 'n kwessie van tyd voor ons korrupte handeling en aktiwiteite aan die kaak stel en dan moet die skuldiges die gevolge dra," sê Scholtz. Volgens Scholtz speel die feit dat Swartland nie prestasiebonusse betaal nie, ook 'n rol in hul sukses. "Hierdie is in teenstelling met baie ander munisipaliteite en staatsinstellings. Die geen betaling van prestasiebonusse gee aanleiding tot die stel van innoverende en uitdagende indikatore en teikens om die stelsel te verbeter. "Dis tog net menslik dat indien daar geld aan prestasie gekoppel word, minder uitdagende indikatore en teikens gestel gaan word, weens die moontlike finansiële benadeling.

Dranklisensies nou hernieu

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
449 dié courant swartland by DieCourant - Issuu