c urant
dié
Swartland • Bergrivier Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
25.4%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 450
13 Desember 2017
Druk op noodnommer se knoppie Die Bergrivier Munisipaliteit het gister 'n spesiale noodnommers bekendgestel wat inwoners kan skakel in geval van nood. Die nommers verskil van gebied tot gebied in die Bergrivier. Dean Josephus (raadslid), Deon Alberts (hoof van rampbestuur van die Bergrivier Munisipaliteit), Adam du Plooy (raadslid), burgemeester Evert Manuel, Deon van der Westhuizen (peleton offisier - Weskus Dristirksmunisipaliteit Brandweer en Redding) en Charl du Plessis (bestuurder groter Cederberg Brandbeskermingsvereniging) was teenwoordig by gister se bekendstelling. Die nommer vir Porterville is 076 695 7454. Vir Velddrif, Dwarskersbos en Redelinghuys is die kontaknommer 076 694 8683 en vir Piketberg, Eendekuil, Aurora, Wittewater en Goedverwacht, kan 079 349 8619 geskakel word. Hierdie nommers kan gebruik word in enige geval van nood, hetsy brand, aardbewings of ander ramptoestande. Alternatiewelik kan 10177 tolvry vanaf enige landlyn of 022 433 8700 vanaf 'n selfoon of landlyn vir hulp en bystand in geval van nood geskakel word.
•17 JAAR AAN STUUR VAN SKOOL OP PIKETBERG
Scholtz groet PHS Marius Scholtz, jarelange hoof van Hoërskool Piketberg, het verlede week afgetree na 16 jaar en 9 maande aan die stuur van dié suksesvolle skool. Scholtz, wat tussen 1976 en 1979 aan Kovsies studeer het, was vanaf 1982 tot 2001 deel van die personeel van Hoërskool Colesberg in die Noord-Kaap en het op 1 April 2001 aangesluit by PHS. "Ek het nog altyd 'n passie gehad daarvoor om met kinders te werk. "PHS was 'n wonderlike plek om te werk, want die gemeenskap koop in by die visie van die skool. "Voorts is daar 'n kultuur van ondersteuning en uithouvermoë onder die personeel en leerders. "Gedurende my termyn as hoof was dit verblydend om te sien hoe die skoolgetalle styg en
die uitstekende prestasies van die leerders op elke gebied verbeter." "Die waarde daarvan om ‘n Zebra te wees en dit te beleef, was ‘n ervaring op sy eie! "Die unieke kenmerke van Zebras om aan te hou, uit te hou, nooit moed op te gee nie en te volhard in alles wat hulle aanpak, word onmiddellik aangeleer en uitgeleef. "Dit is wat PHS so lekker maak - die opwinding, gees, samehorigheid en die 'ek behoort hier' gevoel van almal wat deur die hekke stap." Scholtz kyk met trots terug op my loopbaan. "Daar is so baie dinge wat my hart warm laat klop. Onder andere die inwyding van die klubhuis en die wynveiling waar ons oor die R1-miljoen ingesamel het om skoolbusse aan te koop." Hy sien uit na sy aftrede en gaan eers lekker vakansie hou voor hy enige verdere planne beraam vir die toekoms.