c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
13 Desember 2017
25.4%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 450
13 Desember 2017
Sand, stof en spoed
Die jaar se laaste knortjor-resies is Saterdag op Malmesbury gehou. Die karretjies het weer vir baie opwinding gesorg soos hulle om die ovaalbaan gejaag het en stof opgeskop het.
•KWALITEIT VAN GRAAN STEEDS GOED
Produsente bly hoop Wingerd- en graanprodusente van die Swartland bly steeds positief, al staar kleiner oeste hul in die gesig. Volgens Neels Welman van WKG (Wes-Kaap Graanprodusente) op Malmesbury toon die amptelike oesskatting soos gepubliseer deur die oesskattingskomitee op 28 November dat die Wes-Kaap se skatting 684 600 ton koring teen 'n gemiddeld van 2.1 ton per hektaar was. "Nie amptelik lei ons af dat die oesskatting vir die Wes-kaap meer na 600 000 ton is en moontlik nog laer. Daar is dele van die Swartland wat meer as twee ton per hektaar geoes het, maar as jy die res van die Swartland in berekening bring, kan die opbrengs vir die Swartland so laag soos 1.6 ton per hektaar wees en selfs laer. "Die kwaliteit van die koring was goed en ongeveer 62% van WKG se ontvangstes was eerste graad," sê Welman. Volgens Welman was die afgelope jaar ekonomies uitdagend vir die produsente en is dit met hierdie syfers en opbrengste nie volhoubaar om so voort te gaan nie. Hoewel 'n kleiner wingerdoes vanjaar verwag word, bly die produsente steeds positief oor hoe die wingerde tans vertoon.
Dit terwyl die Suid-Afrikaanse wynbedryf hul staal vir moontlik een van die kleinste oeste in meer as tien jaar. Volgens 'n opname deur Sawis (SA Wynbedryf-inligting en Stelsels) kan vanjaar se oes die kleinste sedert 2005 wees. Die huidige droogte, 'n krimpende wingerdstand en rypskade word as die drie vernaamste oorsake voorgehou. "Die meeste van die bedryf se groot besproeiingsdamme is op hierdie stadium tussen 30% en 40% vol. Dit beteken dat wyndruifprodusente se watervoorrade met tussen 40% en 60% gesny is en dus nie aan die wingerde se volle waterbehoeftes kan voldoen nie," sê Francois Viljoen van VinPro. "Die lae damvlakke en onvoldoende watervoorrade sal waarskynlik die grootste bepaler van 'n kleiner 2018-oes wees. Goeie, gereelde reënbuie in Desember en Januarie kan natuurlik groot verligting bring en die vooruitsig nog verbeter," sê Viljoen. “Hoewel wynrakke nie skielik leeg gaan wees nie, bied die relatiewe wyntekort 'n gulde geleentheid vir die Suid-Afrikaanse bedryf om teen hoër pryspunte mee te ding,” sê Basson. Suid-Afrika is die negende grootste wyndruifprodusent ter wêreld en dra 4% tot globale produksie by. Die bedryf voer 440 miljoen liter wyn
uit en verkoop 400 miljoen liter plaaslik. Intussen voorspel die hoof uitvoerende beampte van Agri Wes-Kaap, Carl Opperman, dat die Swartland se koringoes vanjaar met die helfte kleiner is as vorige jare. "Die oes in die Swartland is met meer as 50% af, wat ‘n verlies van tot R650 miljoen kan beteken. Suid-Afrika gaan tot soveel as 60% van sy koringaanvraag moet invoer. "In die hele provinsie is die oes met ongeveer 40% af. Die Swartland is die kern van die provinsie se koringproduksie, so dit is nie goeie nuus nie. "Produsente in die gebied en verder noord is midde-in een van die ergste droogtes in meer as ‘n eeu. "Vir sommige is dit reeds die derde jaar met ondergemiddelde oeste, wat hul kontantvloei onder groot druk plaas. "Die uitwerking van die ondergemiddelde reënval kan duidelik gesien word. Produsente in die Swartland het met groot verwagting geplant, maar in sekere gebiede het produsente nie eers hul stropers ingestuur nie, net hulle vee. Ons is egter dankbaar vir die oes wat wel behaal is. "Hopelik is volgende jaar 'n beter jaar," het Opperman hoopvol gesê.
NUUS • NEWS