c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
17 Januarie 2018
19.3%
Bou saam met goeie nuus
17 Januarie 2018
Uitgawe 452
Skool toe!
Graad R en Graad 1-leerders van talle skole in die Swartland en Bergrivier het gister reeds 'n draai by die skool gemaak om hul onderwysers vir 2018 te groet. Die leerders van die Laerskool Swartland op Malmesbury het met hul splinternuwe skoolklere en tasse hul skoolloopbaan begroet. Leerders van Liebenberg Primêr op Malmesbury was ewe entoesiasties oor hul nuwe skoolomgewing en onderwysers.
Bo: Fransie Paterson van die Laerskool Swartland neem haar Graad 1-klas vir 2018 na hul nuwe klaskamer. Regs: Sharon Marais, leerkrag van Liebenberg Primêr op Malmesbury, het 'n tweeling, Elvino en Elorise Maarman, as deel van haar klas vir 2018.
•WERK AAN VOËLVLEI BEGIN REEDS 2019
Dam ‘n prioriteit Die vlak van die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, het gister gedraai op 19.3%. Dit is 1.3% laer as 'n week gelede. Die dam het verlede jaar dieselfde tyd op 47.8% gelê. Die nasionale minister van waterwese en sanitasie, Minister Nomvula Mokonyane, het verlede jaar by 'n kongres aangedui dat vergrotings aan dié dam 'n prioriteit is en dat planne in plek is om teen 2024 met hierdie aanpassings en veranderinge te begin. Dié plan is met vyf jaar vervroeg en volgens die departement se verteenwoordiger, Sputnik Ratau, sal die proses versnel word om so vroeg as 2019 reeds in aanvang te neem. Een van die aanpassings wat by dié dag aangebring sal word, is die pomp van winterneerslag van die Bergrivier na die dam. 'n Voorlegging is in Desember ter tafel gelê wat dui dat die veranderinge aan die dam van nasionale belang is en dat dringende aandag hieraan gegee moet word.
Die Voëlvleidam is deel van die Wes-Kaapse waterskema wat volgens wet deur die nasionale regering besit, bestuur en beheer word. Dit sluit die bewaring, verbruik en ontwikkeling van die damme in die skemas in. Volgens Ratau sal daar eersdaags slote in die dam gegrawe word, sodat die laaste 10% van die water bekom kan word. Tans is dit onbruikbaar en onbereikbaar. Na verwagting sal die krane in die Wes-Kaap op 22 April leegloop. Die Voëlvleidam is die tweede grootste dam in die Wes-Kaap, naas die Theewaterskloofdam, wat tans op 16% staan. Intussen het Ratau daarop gewys dat die verkoop van privaat boorgatwater onwettig is. "Water vanuit 'n privaat boorgat op 'n perseel is slegs bedoel vir redelike verbruik op daardie perseel van 10 kiloliter. "Indien hierdie water verkoop word, moet die eienaar van die boorgat oor 'n lisensie, wat deur die departement uitgereik word, beskik,"
waarsku Ratau. Volgens burgemeester Tijmen van Essen word daar na talle alternatiewe waterbronne gekyk, maar is die koste-implikasie verbonde hieraan, uiteraard baie hoog. Een van die moontlikhede is ontsouting. "Die moeilikheidsgraad hieraan is baie hoog. Die onttrekking van seewater, die aansluiting en gebruik van baie elektrisiteit, die terugplaas van sout in die see en die pomp van die varswater na die reservoir op die koppie bo Yzerfontein, is uitdagend," verduidelik Van Essen. Vraghouer-aanlegte is ook oorweeg. Hierdie is die goedkoopste opsie. "Die operasionele kostes hieraan beloop ongeveer tussen R6 miljoen en R8 miljoen per dag. "Daarby moet die pyplyn wat die water onttrek ook bygereken word. Die elektriese aansluitkostes beloop ook ongeveer R1 miljoen. "Dan moet daar ook 'n tydelike reservoir gebou word en 'n drukpomp met 'n pyplyn moet aangebring word.
NUUS • NEWS