c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
24 Januarie 2018
18.5%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 453
24 Januarie 2018
Gereed, weg! Die begin van die jaar kondig altyd die atletiekseisoen aan. Die Graad 1-leerders van die Laerskool Swartland op Malmesbury het verlede week hul slag gewys toe hulle mekaar tussen die kalklyne aangedurf het.
•VOËLVLEI HET 29 000 ML WATER OOR
SM boor vir water Die Swartland Munisipaliteit (SM) sink nou toetsgate vir water op Riverlands in sy soeke na alternatiewe waterbronne vir die Swartland. Navorsing wat gedoen is, dui daarop dat Yzerfontein ook redelike sterk ondergrondse water het en beplan die SM om ook daar vir water te boor. Die burgemeester, Tijmen van Essen, het aan dié courant gesê dat Dag Zero, die dag wanneer watertoevoer na huishoudings en besighede gestaak word, na raming met huidige omstandighede op 21 April sal aanbreek, mits waterverbruik bestendig bly. Van daardie dag sal inwoners genoodsaak wees om water te tap by versamelpunte wat later bekend gemaak sal word. Die Swartland (Moorreesburg en Koringberg, wat water uit die Misverstanddam kry, uitgesluit) gebruik nou sowat 10 megaliter water per dag en daar is tans in totaal sowat 29 000 megaliter bruikbare water in die Voëlvleidam beskikbaar. Daar is die laaste tyd 220 megaliter per dag onttrek waarvan Swartland 4.5%, Kaapstad 4.5%, Saldanha Munisipaliteit 11.4%, landboubesproeiers 39.5%, verdamping 36.4% en gebiede soos Piketberg, Velddrif, Hermon, Gouda en landelike gebiede 3.7% gebruik het. Landboubesproeiers het reeds hul gesamentlike kwota uit die dam opgebruik en sal verdere verbruik opgeskort word. Kaapstad het sy verbruik uit die Voëlvleidam vroeër verminder van 200 megaliter per dag tot 10 megaliter per dag, maar sal weer sy daaglikse verbruik binne die verlaagde perke moet verhoog.
Volgens Van Essen het die owerheid bontgestaan om druk- en vloeibeheer toe te pas en alle lekplekke by inwoners herstel en sal hulle voortaan huishoudings wat meer as 20 kiloliter water per maand verbruik, beboet. Onder Fase 1 van die munisipaliteit se waterstrategie wat besparing deur bewusmaking, druken vloeibeheer, verhoogde tariewe, boetes en monitering van verbruik insluit, is 'n besparing van 40% reeds bewerkstellig. Die doelwit is om 45% te bespaar en dus moet hierdie syfer nog verbeter word. "Ons bedank graag die residensiële, sake- en industriële verbruikers van Swartland wat bygedra het tot die besparing en moedig almal aan om dit voort te sit en ander verbruikers moet steeds meer bespaar." Swartland sal die volgende waterhekkie na verwagting teen middel Maart bereik wanneer die dam se water gesak het tot onder die munisipaliteit se onttrekkingspunt, dit is ongeveer by 12.5%. "Die Departement van Waterwese en Sanitasie sal dan begin met die ompomp van water (sowat 600 meter) uit die dieper gedeelte na die watersuiweringswerke. Dus sal daar steeds water beskikbaar wees," verduidelik Van Essen. "Daar kan nie voorspel word of alle verbruikers wel in belang van die meerderheid gaan optree en sal ophou water gebruik nadat hulle gesamentlike toegekende kwota bereik is nie, of selfs wanneer die winterreën begin nie. Ons vertrou op die samewerking van alle verbruikers en dat dit betyds sal reën. Elke inwoner behoort egter die risikos op te weeg en daarvolgens voorsorgmaatreëls te tref. Alle opberging van water sal voordelig wees
indien Fase 2 wel ingestel moet word as gevolg daarvan dat sekere groepe verbruikers nie bereid is om saam met die meerderheid water te spaar nie," sê hy. *Die Departement van Waterwese het onlangs bevestig dat die verkoop van privaatboorgatwater onwettig is. Dié beheer word deur die departement hanteer. Die Swartland Munisipaliteit het nie die jurisdiksie om die verkoop of koop van boorgatwater te beheer of goed te keur, of die verkopers van boorgatwater te vervolg nie. Van Essen het 'n beroep op inwoners gedoen: "Ons versoek egter weer dat indien u boorgatwater beskikbaar het, u dit by die munisipalitiet sal aanmeld. Ons sal graag die water wil toets of dit vir menslike gebruik geskik is en ook wat die leweringsvermoë van die boorgat per uur is. "Die munisipaliteit gaan geen privaat boorgate en putte toemaak en die water konfiskeer nie, vir solank as wat die droogteramp aanhou." "Ek sal enige tyd ons inwoners die versekering gee dat solank ons 'n rampgebied is, sal niemand vervolg word oor die versprei van boorgat- en putwater nie. Solank jy nie die water verkoop nie, maar wel pomp- en vervoerkostes in berekening bring, sal jy onaangeraak bly. Meld dit net by die munisipaliteit aan," vra Van Essen. Om in die waterskaarste te voorsien, raai Van Essen inwoners aan om groter hoeveelhede skoon water by hul huise aan te hou. "Bewaar die water verkieslik in die yskas, of in 'n koel en donker omgewing, indien moontlik." Van Essen het ook gemeld dat geen droogteheffings vir die Swartland oorweeg word nie.
NUUS • NEWS