454 dié courant Swartland en Bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

31 Januarie 2018

18.1%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 454

31 Januarie 2018

•HOË GEHALTE DRUIWE REEDS GELEWER

Landbouers pas aan

Die Swartland se 2018 parsseisoen het verlede week afgeskop. Hoewel al die streek se wynmakers dit eens is dat die droogte beslis 'n impak op die oesjaar gaan hê, is nie al die nuus sleg nie. Riebeek Kelder in die Riebeekvallei het reeds twee weke gelede begin pars aan wit muskadel en vonkelwyn. Volgens produksiebestuurder Alecia Boshoff, is die seisoen later as verlede jaar, maar normaal as mens dit opweeg teenoor 'n 10-jaar gemiddeld. "Ons verwag 'n baie ligter oes as gevolg van die droogte. Alhoewel die meeste wingerde nog baie goed lyk, steek daar nou sonbrand en ander stressimptome kop uit. In Desember was ons nog baie optimisties, maar die wingerde kort nou dringend water. Ons bid steeds hard dat daar reën sal val om verligting te bring." Pieter-Niel Rossouw, hoofwynmaker by Darling Cellars, sê aan hulle kant is dit nog te vroeg om met sekerheid te sê tot watter mate die droogte die jaar se opbrengs beinvloed het. "Ons het sover Sauvignon Blanc, Nouvelle en Rosé ingeneem. Geure op die gistende wit mos is baie mooi. Die Nouvelle se suiker was effens aan die lae kant, maar dit lyk nietemin goed. Van volgende week af gaan ons in die sterker grond in en dan sal ons 'n beter prentjie kan vorm van die oesjaar wat voorlê. Die sanderige gronde trek swaar, maar die sterker gronde doen nog goed, so ons bring die druiwe uit die sanderige blokke eerste in." Volgens Rossouw het hulle, afgesien van 'n geringe hoeveelheid witroes, nog geen verdere siektes opgemerk nie. "Dis eintlik 'n baie gesonde jaar. Mens kan ook opmerk waar boere hul wingerboupraktyke aangepas het teen die droogte, soos om strooi te pak in die rye, nou die vrugte van hul arbeid pluk. Daardie wingerde lyk nog baie goed." Volgens David Sadie, eienaar en wynmaker van David & Nadia, 'n lid van die Swartland Independent Producers wat wyn verbou in die Paardeberg-streek, is dit stresvolle tye vir die streek se stokke en die wynmakers. "Ons het verlede week begin pars en het klaar ons Pinotage ingeneem. Die pars is ongeveer 'n week later as die norm, maar die stadiger rypwordproses kan toegeskryf word aan kleiner loof en minder blare as gevolg van die droogte. Die trosse is minder met ligter korrels en die oes gaan beslis skraler wees, maar dit beteken nie die kwaliteit van die wyn sal enigsins in die slag bly nie. Volgens Drinks Business, 'n industrie-publikasie, gaan dit die kleinste oes in Suid-Afrika wees

Drie kolskote vir Coetzee op Piketberg Gielie Coetzee het op 84-jarige ouderdom ‘n gelukhou geslaan en op PPC De Hoek se gholfbaan ‘n kolskoot aangeteken. Coetzee speel steeds vanaf die gewone bof, al kan hy kies om vanaf ‘n nader bof te speel. Hy is sedert 1965 ‘n lid van die PPC De Hoek Rec-klub, maar die gholfgogga het eers in 1970 gebyt. Hy spog met ‘n 23 voorgee en is ook ‘n ere-lid van die klub. In daardie jare was die setperke van sand en olie en moes jy jou skoppie en besem saamneem as jy aanlê na die gatjie. Vroeër die maand het Coetzee sy derde kolskoot geslaan in sy 48 jaar wat hy die sport beoefen. Hierdie kolskoot is op PPC De Hoek se vyfde gat aangeteken. Dit is 161 meter lank en ‘n par 3-gaatjie. Coetzee se vorige twee kolskote is ook op dié baan aangeteken. sedert 2005, maar daardie jaar is ook bekend as een van die mees besonderse oesjare in onlangse geskiedenis. "Ons is tevrede met wat ons kry, en glo kwantiteit en kwaliteit sal uitbalanseer." Frank Meaker, algemene bestuurder van Org de Rac, is baie positief oor die 2018-oesjaar. "Ons begin hierdie week eers in alle erns pars, maar ons het sover al Chardonnay en Cap Classiquedruiwe ingeneem. Die oes is beslis laat, maar die wingerde lyk goed en die druiwe is mooi. Daar is min sonbrand en die weer koel darem nou so bietjie af. Hier by Org de Rac geniet ons die ondersteuning van die gemeenskap, so ons het nog 'n bietjie besproeiingswater danksy bydraes van Misverstanddam en 'n paar ander plekke. Al wat ons nou kan doen is om te hoop dat die water hou sodat ons die wyn kan maak."

Riaan van der Spuy, hoofwynmaker vir Leeuwenkuil Family Vineyards Swartland, is versigtig optimisties. Hoewel hulle eers verlede week hulle eerste druiwe ingeneem het, vermoed hy reeds dat die algehele oes met 20-30% sal afneem in vergelyking met verlede jaar. "Die droë jaar knel die wingerde. Ons verneem in party streke is die produsente se opbrengs met tot 50% minder. Sover kan ons waarneem dat die korrels en trosse kleiner en ligter is, maar die witwyn-druiwe wat ons reeds ingeneem het, het pragtige geure en die oes is mooi gesond. Die kwaliteit van die druiwe hang grotendeels af van waar dit geplant is en of daar darem nog grondwater beskikbaar was. Ons glo ons ou staatmakers, Steen en Pinotage, behoort goed te doen. Intussen hoop ons vir bietjie koeler weer vir die res van die parsseisoen."

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
454 dié courant Swartland en Bergrivier by DieCourant - Issuu