courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
31 Januarie 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Uitgawe 454
Bou saam met goeie nuus
31 Januarie 2018
•TRADISIE TROTS VOORTGESIT OP WELLINGTON
Klopse kookwater •Jaomi Zeeman Saterdag 27 Januarie was ‘n groot hoogtepunt op die plaaslike Klopse se kalender. Dit was die finale rondte van hul jaarlikse kompetisie en die onderskeie groepe kon vir oulaas in die laaste kategorieë van die kompetisie met mekaar meeding. Die wenners van die onderskeie kategorieë is ook aangekondig. Wellington se strate is reeds vroeg Saterdagoggend in aansteeklike ghoema-klanke gehul en die kleurvolle uitrustings van die verskeie groepe wat deur die strate geloop het, het vir groot vermaak gesorg. Dorpenaars het hul aan die vermaaklike danspassies, vernuftige orkesspel en lekkerte van hierdie tradisie vergaap. Klopse-groepe in die dorp het hulself in twee unies verdeel en neem aan twee verskillende kompetisies deel. Een groep neem op Boland-stadion, en die ander by Pelikaan-park deel. Die eerste rondte van die kompetisie het op Nuwejaarsdag en die tweede rondte op 13 Januarie plaasgevind. Tydens die eerste rondte moes groepe in die afdelings vir “Best board”, “Best dressed”, “Best band”, “Grand march pass”, die junior moppie in Afrikaans, die senior moppie in Engels en die “Junior Combine” meeding. In die tweede rondte op 13 Januarie, is die afdelings vir “Junior drummajor”, junior duet, “Adult coon song”, “Senior combined chorus” in Engels, die senior duet en die “Junior combined chorus” in Afrikaans afgehandel. Tydens Saterdag se finale rondte moes die verskeie groepe hul staal in die afdelings vir “Senior drummajor”, “Group song”, Junior solo, “Senior moppie” in Afrikaans, “Senior combined chorus” in Afrikaans en die senior solo wys. Hierdie tradisie het ‘n jarelange geskiedenis en weerspieël die ryke erfenis wat sedert die dae van slawerny aan die Kaap in stand gehou is. Wellington is die enigste dorp buite die Kaapse metropool met ‘n Klopsekultuur wat al vir meer as 100 jaar deur die gemeenskap in stand gehou word. Die hitte ten spyt, was daar geen keer aan die deelnemers se energieke optredes en die ondersteuners se toejuiging op die volgepakte hoofpawiljoen nie.
Beoordelaars moes omtrent kopkrap om die beste groep in elke afdeling te kies. Volgens hulle was die kwaliteit van die vertonings van ‘n baie hoë gehalte en haal hulle hul hoed af vir die groepe wat soveel moeite gedoen en so hard geoefen het. Die kriteria vir elke afdeling is baie streng toegepas en groepe is deeglik van die vereistes vir elke item bewus. Die Drakenstein Coon Carnival Association, wie se lede op Boland-stadion aan die finaal deelgeneem het, het ‘n breedvoerige lys met die uiteensetting van die spesifikasies waaraan deelnemers in elke afdeling moet voldoen. Die Klopse-groepe wat Saterdag aan die finale rondte van die Coon Carnival deelgeneem het, was Drakenstein Youth Development, Pniel
Eerstejaars begin op hoë noot
Nel se pen nou stil
Entertainers, Pelican Sylvanians, Fabulous Pearlites en die Caledonian Roses. Die Caledonian Roses, wat met 12 eerste plekke spog, is as die kampioen van 2018 aangewys, terwyl die Fabulous Pearlites in die tweede en Pelican Sylvanians in die derde plek geëindig het. Die skouspel van helder, netjiese uitrustings, kleurvolle bykomstighede, foutlose samespel, goed uitgewerkte danspassies en aansteeklike energie van al die orkeste en groepe het van maande se deeglike voorbereiding en ure se oefening getuig. Hierdie tradisie, wat in 2018 steeds voortleef, is veel meer as ‘n blote vertoning of makietie – dit is ‘n integrale deel van die geskiedenis en erfenis van ons dorp, streek en land.
Boland-balle rol plaaslik
NUUS • NEWS