455 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

7 Februarie 2018

17.5%

Bou saam met goeie nuus

7 Februarie 2018

Uitgawe 455

Agter tralies vir Kansa

Die Kansa-kantoor op Malmesbury het Donderdag belangstelling van inwoners geprikkel toe loeiende polisiesirenes aangekondig het dat daar êrens iets in die dorp aan die gang is. Burgemeester Tijmen van Essen is voor niksvermoedende inwoners "in hegtenis" geneem en na die De Bronsentrum gebring waar hy en medegevangenes voor die "hof" gedaag is. Die manne en vroue met hul geel oorpakke, moes blikskud vir fondse en hulself bewys, voor hulle uit die "tronk" vrygelaat is. Dit was alles deel van vanjaar se "Jail 'n Bail", 'n jaarlikse inskrywing op die Kansa-kantoor se dagboek. Links is skoolhoof Willie Taylor, burgemeester Tijmen van Essen en Fanie Malherbe, besig om Renata van Wyk te oorreed om in hul houers 'n donasie te plaas.

•KAPASITEIT UITGEBOU TOT MAKSIMUM

Hospitaal gesloop? Die geskarrel en miernes van bedrywighede by die Swartland Hospitaal in Hospitaalstraat op Malmesbury, is die afgelope maande doodstil. Die versperringsbande keer enige inkommers en hekke hou enige besoekers buite. Die oorspronklike gebou, wat reeds dekades pasiënte en hul naasbestaandes ontvang, staan verwese na 'n brand dit verlede jaar grotendeels verwoes het. Dié gebou sal heel moontlik in die toekoms gesloop word, maar die datum wanneer, hang nog in die weegskaal en is onderhewig aan besluitneming deur die Departement Gesondheid in oorleg met Departement Vervoer en Publieke Werke. 'n Kennisgewing hiervan wat Desember teen die heinings aangebring is deur die erfenisraad, dui op die einde van 'n era. Die ou hospitaal het 'n ryke geskiedenis. Na die destydse administrateur, sir Frederick de Waal, in 1912 die Hospitaal-ordonnansie deur die provinsiale raad geloods het, is daar onverwyld stappe geneem om 'n hospitaal vir

Malmesbury te verseker. Hierdie pogings deur middel van 'n petisie is met sukses bekroon toe Malmesbury tot 'n hospitaaldistrik in die Staatskoerant van April 1913 verklaar is. Dit het die pad oopgemaak vir die samestelling van die eerste hospitaalraad wat op 8 Julie 1913 in die stadsaal onder die voorsitterskap van AC de Villiers byeengekom het. Hierdie raad het hom dadelik beywer vir die bou van 'n plaaslike hospitaal, wat dan ook op 15 Maart 1915 plegtig geopen en ingewy is met suster Lowrie as eerste matrone. Hierdie eerste hospitaal het oor 17 beddens beskik en die oprigting het 5130 pond gekos. Hierdie hospitaal was vinnig te klein, maar eers teen 1934 kon die hospitaal vergroot word met 15 beddens teen 'n koste van 4245 pond. Steeds was dit nie voldoende nie en is 'n splinternuwe hospitaal oorweeg. In Januarie 1940 het 'n afvaardiging bestaande uit B de V Smuts, FF Werdmuller en Dr. Euvrard die administrateur (Kaptein Joubert) en

sy uitvoerende komitee hiervan probeer oorreed. Hul poging was suksesvol. Na die plaaslike afdelingsraad 400 pond per jaar en die provinsiale administrasie 'n subsidie van 600 pond jaarliks gewaarborg het, is tot die bou van 'n nuwe hospitaal oorgegaan. Hierdie hospitaal, wat bekend staan as "Die Swartland Hospitaal" is op 12 Junie 1944 amptelik deur die administrateur, maj GB van Zyl, geopen. Die nuwe hospitaal het oor 64 beddens beskik en die oprigting het 52 000 pond, insluitende die uitrusting, beloop. Sowat 23 personeellede is in die verpleegsterstehuis gehuisves. Die hospitaal word tans grotendeels gebruik, maar die beskadigde geboue het die kapasiteit 'n groot knou gegee. Daar word tans moontlikhede ondersoek om die hospitaal tydelik uit te bou om te voorsien in die behoeftes van die pasiënte van die omgewing.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
455 dié courant swartland by DieCourant - Issuu