455 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

7 Februarie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 455

7 Februarie 2018

Een en 'n halwe dosyn dubbeldore By die Laerskool Hugo Rust sien besoekers behoorlik dubbeld as hulle in die gange van die skool beweeg. Dié laerskool spog vanjaar met 18 stelle tweelinge as deel van hul leerdertal.

• WOEKER MET SY TALENTE

Musiekman se muse Die Wellingtonner Lawrence Adams eet, dink en leef musiek. Hierdie energieke man se talent en passie ken geen einde nie en hy woeker voort om sy drome een vir een te bewaarheid. Lawrence is sy lewe lank al ‘n Wellingtonner en baie lief vir die dorp. “Ek is gebore op Wellington en woon nog maar van altyd af hier. Ek het al ‘n paar keer probeer om die dorp te verlaat, maar dan kom ek altyd weer terug,” lag hy. Hy is die trotse pa van ‘n vyfjarige seun en is baie lief vir sy pa, ma, broer en suster. Volgens Lawrence bestaan sy dae uit vokale opleiding, die maak van klankbane en die skryf van liedjies. Hy is reeds sedert sy kinderjare versot op musiek en alles wat daarmee gepaard gaan. “Ek onthou dat ek eenkeer toe ek vyf jaar oud was iemand sien dans het. Dit het my aangegryp en ek het dadelik geweet dat dit iets is wat ek wil doen. Hierdie liefde het later uitgebrei en gegroei tot ek ook begin sing en instrumente begin bespeel het,” sê hy. Vandag spog Lawrence met ‘n hele rits titels en baie ondervinding in die musiekwêreld. “Ek het opleiding by professor Andrew Strauss ontvang. Vandag is ek ‘n sanger, ‘n danser, ‘n vocal arranger, ‘n choreograaf, ‘n musikant, ‘n music producer, ‘n dirigent en ook ‘n recording artist,” vertel hy. Lawrence het al saam met talle bekende

kunstenaars opgetree en met groot name in die bedryf skouers geskuur. Hy is lid van die groep, Blacshuga, wat al op 7de Laan verskyn het. Hy het ook al saam met die Fireballs, The Rockets, Oryan Winter, Sydwell Beziek, No Sweat, Zenobia Jentels, Beiron Truskey, Joshua Meyer en die gewilde Dr Victor opgetree. Talle van sy liedjies en verwerkings het onlangs weer tydens die plaaslike Klopse-kompetisie opgeklink. Lawrence vertel dat hy sy lewe lank al deel van die Klopse-kultuur is en elke jaar daaraan deelneem. “Ek neem al van 5-jarige ouderdom aan die Klopse deel. "Ek geniet dit ook om minderbevoorregte kinders te help met die uitbrei van hulle talente en verkies om groepe of spanne af te rig wat aandag nodig het met hulle sang - nie groepe wat reeds goed is nie. Ek het omtrent tien liedjies vir die Klopse geskryf en verwerk,” vertel hy oor sy liefde vir hierdie deel van ons erfenis. Vir hom was dit ‘n hoogtepunt om as deel van die groep Blacshuga op 7de Laan te verskyn en op nasionale televisie te verskyn. Hy put sy inspirasie uit die dinge wat hy elke dag rondom hom waar-

neem. “Alledaagse gebeurtenisse, ander mense se pyn, hartseer en blydskap - en selfs my eie inspireer my wanneer ek musiek skryf,” verduidelik hy. Lawrence is op die oomblik besig om liedjies vir die bekende Suid-Afrikaanse groep, The Rockets, se nuwe Afrikaanse album te skryf. “Ek skryf ook vir Sydwell Beziek vir sy nuwe album en ook vir No Sweat en Blacshuga,” vertel hy. Lawrence se musiekpad tot waar hy nou is, was egter nie sonder uitdagings en struikelblokke nie. “Ek sal ‘n boek kan skryf oor die opofferings wat ek moes maak en geliefdes wat ek verloor het langs die pad ter wille van musiek. Die pad was vol opofferings en ek wou verskeie kere tou opgooi. Maar my liefde vir musiek was elke keer te sterk,” sê hy. Lawrence het groot drome vir die toekoms. “Ek beplan ‘n CD. Maar eers wil ek my toekenning vir beste liedjieskrywer by die Grammy-toekennings gaan haal - hopelik vir een van die albums waaraan ek nou werk. Ek wil vir Wellington en Suid-Afrika trots maak,” sê hierdie groot musikant.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.