c urant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
14 Februarie 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 456
14 Februarie 2018
Heuwels maak Wellington fantasties
Leerders van die Weltevrede Sekondêre skool is die afgelope tyd deel van die Piemp-projek waartydens poësie gebruik word om hul te help om hul omstandighede te verstaan, te verwerk en te verwoord. Pierre Greeff en Hunter Kennedy van die Heuwels Fantasties het saamgewerk om dele van die kinders se gedigte in ‘n gesamentlike liedjie te gebruik wat saam met hierdie kunstenaars opgeneem is. Hier is al die Piempers en hul Afrikaanse onderwyseresse by Thérèse Hulme, Hunter Kennedy en Pierre Greeff. Sien berig binne.
•DRAKENSTEIN SPAAR 235 887MEGALITER
Aksieplan vir droogte •Jaomi Zeeman Die Drakenstein Munisipaliteit het onlangs ‘n aksieplan vir die knellende droogte ter tafel gelê. Volgens hierdie plan word alle oorsake en die bes moontlike oplossings vir die droogte aangespreek. Volgens die munisipaliteit is die oplossing om die droogtesituasie te oorkom nie net tegnies van aard nie, maar behels dit ‘n definitiewe gedragsverandering en -aanpassing. Vir hierdie doel het die Drakenstein Munisipaliteit ‘n 4-punt aksieplan saamgestel waarmee hul hoop om die negatiewe gevolge van die situasie te probeer voorkom en moontlik aan die donker vooruitsigte van Dag Zero te ontsnap. Dié plan behels: 1. Die bestuur van bestaande waterbronne. 2. Die verkenning van nuwe waterbronne. 3. Effektiewe kommunikasie deur die loop van die proses. 4. ‘n Rampbestuursplan ter voorbereiding vir Dag Zero. Wat die bestuur van bestaande waterbronne betref, het die munisipaliteit veral aandag gegee aan die installering en onderhoud van watermeters. Hulle het ook ‘n veldtog ter bewusmaking van waterbesparing en toestelle wat hiermee kan help, van stapel gestuur. Bestaande dele van die waternetwerk is met hoë kwaliteit materiale vervang en die teleme-
triese sisteem, sowel as webtuiste inligting is opgegradeer. Drukverlaging in die hele waternetwerk is in werking gestel en die munisipaliteit kommunikeer op ‘n daaglikse basis met hoë waterverbruikers. Verskeie vlakke van waterbeperkings is ook reeds sedert 2015 geïmplementeer. Hierdie bestuursplanne het huidige waterverliese tot 9,27% laat daal - ‘n syfer wat heelwat minder as die nasionale norm van 20-30% beloop. Wanneer die verwagte waterverbruik wat volgens vooruitskouing vir die Drakenstein Munisipaliteit teen die werklike verbruik opgeweeg word, blyk dit dat inwoners in die Drakenstein ongeveer 235 887 megaliter water in die laaste jaar gespaar het. Hierdie besparing het, teen R5/kl, ‘n geldwaarde van R1,1 biljoen. Wat die verkenning van nuwe waterbronne betref, is 28 toetsgate is die afgelope paar maande regoor die Drakenstein Munisipaliteit geboor om ondergrondse waterbronne te toets en te probeer ontgin. Industrieel word rioolwater reeds hergebruik. Daar word ondersoek ingestel na die suiwering van rioolwater vir menslike hergebruik - ‘n konsep wat reeds met sukses in Windhoek toegepas word. Addisionele damme word ook beplan en planne vir selfvoorsienende gebruikers word goedgekeur. Verskeie veldtogte wat bewusmaking onder skoliere, toeriste en die publiek ten opsigte van waterbesparing bevorder het, is deur die munisi-
paliteit geloods. Artikels wat gereeld in plaaslike publikasies verskyn, onderhoude en inligtingspraatjies op plaaslike radiostasies, sowel as deelname aan streeksveldtogte is alles deel van die munisipaliteit se effektiewe kommunikasieplan tydens die droogte. Wat hul planne rondom Dag Zero betref, is ‘n aktiewe rampbestuurskomitee op die been gebring wat ‘n noodwatervoorsienings- en verspreidingsplan bedink het. Privaat boorgate is op ‘n register en databasis geplaas wat in die geval van Dag Zero benut sou kon word. Water kan ook, per munisipale toekenning, vir noodvoorraad uit die Bergrivier onttrek word. Die definisie wat die munisipaliteit aan Dag Zero gee, is as volg: “…wanneer watervoorsiening na inwoners nie meer deur die normale waterverspreidingsnetwerk kan geskied nie, maar deur middel van waterkollekteringspunte.” Waar moontlik, wil die munisipaliteit in die geval van Dag Zero met watertoevoer na industrieë volhou. Hulle het ook ‘n aparte aksieplan vir Hermon en Gouda. ‘n Moontlike ooreenkoms met Stad Kaapstad ten opsigte van watergebruik van die Wemmershoekdam, die moontlike gebruik en suiwering van water uit die Nantes- en Bethel-damme, sowel as ‘n aanname ten opsigte van verwagte water uit boorgate, kan moontlik ‘n sleutelrol speel om Dag Zero vir Drakenstein se inwoners verder op die kalender te laat aanskuif.
NUUS • NEWS