459 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

7 Maart 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 459

7 Maart 2018

Feestelikheid:

Silwerkruin het op Vrydag 2 Maart hul jaarlikse basaar gehou. Hul hele parkeerarea is in ‘n kuierarea omskep waar Wellingtonners saam met die inwoners in die feestelikhede kon deel. “Dit is wonderlik om te sien hoe die gemeenskap saamstaan om hierdie belangrike gebeurtenis op Silwerkruin se kalender moontlik te maak,” het Melanie Crozier, bemarker van Silwerkruin gesê. Sien berig op bladsy 4.

•'HANNE INNIE LIG' VERANDER TALLE LEWENS

Skrywer ryg pryse in •Jaomi Zeeman Die plaaslike skrywer, digter, dramaturg en aktrise, Gaireyah Fredericks, is besig om die een na die ander toekenning vir haar werke in te palm. Sy het onlangs met die prys vir die beste teks by die Best of DCAS-dramakompetisie in die Wes-Kaap weggestap. Die DCAS-dramakompetisie is ‘n projek van die Wes-Kaapse regering wat hulle deur middel van die departement van kultuur en sport van stapel stuur. Hiermee word ‘n platform geskep waar dramagroepe van regoor die provinsie hul oorspronklike produksies op die planke kan bring. Werkswinkels word ook vir die deelnemers aangebied. Deur middel van hierdie inisiatief kry dramagroepe en dramaturge die geleentheid om deur die uitdunrondtes na die semi-finaal en uiteindelik tot die finaal van hierdie kompetisie deur te dring. Gaireyah het reeds verskeie toekennings, pryse en benoemings vir haar teaterwerk, digkuns en skryfwerk, waaronder ‘n benoeming vir die Eugene Marais Literêre Prys en die Nal’ibali se Story bosso-storieskryfprys, ontvang. Vir haar is hierdie nuutste toekenning vir haar teks ‘n hoogtepunt. “Ek het al baie ander toekennings ontvang maar dit het my nog nooit soos hierdie swaar glastoekenning getref nie. Toe ek die prys van die DCAS Dramafees verlede Saterdag in die Paarlse stadsaal in my hande hou, het ek só gehuil,” sê sy. “Ek huil elke keer wanneer ek binne-in die baie stories en onderhoude reis om ‘n persoonlike

interpretasie van ‘n sekere kwessie te vind. Ek moet elke keer versigtig en sensitief wees teenoor die gemeenskap wat daardeur geraak word, maar ook bereid wees om die spreekbuis te word om die letsels wat mense elke dag ervaar en in die verlede ervaar het, onder die soeklig te plaas,” verduidelik sy. Gaireyah se wenteks met die titel “Hanne innie lig, voete oppie grond” handel oor die uitdagings van mense wat in bendegeteisterde gebiede woon. Volgens haar was die skryf van hierdie teks veral ‘n emosionele proses, omdat dit “baie naby aan die huis is.” “Ek het al in Magnolia en Chicago, Las Vegas, gewoon. Altwee hierdie gebiede is bendegeteisterde areas. Ek wou met my teks egter nie die geykte sienings wat mense oor hierdie areas het, laat herhaal nie,” sê sy. Sy het ure se harde werk aan die teks gewy. “Ek moes my pen deur jare se herinneringe aan hierdie areas wat vir lank onder die oppervlak weggekruip het, laat swoeg,” vertel sy. Volgens haar het sy gekies om in “Hanne innie lig, voete oppie grond” se teks erkenning te gee aan dié area, ook bekend as Rooiland, se sagte krete. Sy het geweier om die gebreke in die area te ignoreer, maar dit liewer meer subtiel gestalte te gee. “Rooiland het nou ‘n stem gekry en die gemeenskap kan nou saamstaan in die geveg om misdaad en bendegeweld te bekamp. Ons moet die stilte breek en die moontlikhede vrymaak,” sê Gaireyah.

Sy is baie opgewonde oor die boek, ook met die titel “Hanne innie lig, voete oppie grond”, wat binnekort bekendgestel word. In hierdie boek word die kreatiewe skryfwerk van die kinders van die MCM-dramagroep wat die gelyknamige toneelstuk opgevoer het, vervat. “Die boek bevat die stories van die kinders by youth@risk, wat ek liewer my studente wil noem, wat hulle vir so lank al met hulle saamdra. Ondervindings wat hulle beleef en oorleef het, om die dood al in die doeke te aanskou, met geen behandeling vir die post traumatiese stres met die wêreld waarin hulle hulself bevind nie. Hulle het met ‘n gedetermineerdheid geskryf wat die krag van die pen leer ken het. "Die krag om trane vir ink te verruil en die swaar binnekant buitentoe te weerspieël. Hulle skryfwerk het hulle op ‘n pad geplaas waar hulle vrylik en veilig kan huil in ‘n spasie met geen oordeel, geen leuens en geen skande nie,” vertel sy opgewonde. Gaireyah het ook onlangs as een van die gewilde digters by die Adam Small-fees op Pniel opgetree. Haar poppekasteater, Tik Tok, is boonop gekies om vir ‘n week by die Zabalaza-dramafees in die Baxter-teater op te tree. Haar talle toekennings en verskeie uitdagings ten spyt, is sy kliphard aan die werk aan nog baie ander projekte. Haar "Hanne is innie lig", besig om jongmense se lewens te verander en die onvertelde stories van haar mense op die voorgrond te plaas, maar haar voete is stewig "oppie" grond.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.