460 dié courant weskus

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus

dié

14 Maart 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 460

14 Maart 2018

•700 STAPPERS WYS HUL ONDERSTEUNING

'Relay' raak aan harte

Bo: Reko-rekenmeesters se span het hul ondersteuning vir die Relay for Life getoon. Regs: Die span van Laerskool Saldanha. Onder: Willie Swart en Yvette van Hooi (links) en Elfrieda Engels en Hendrik Schronen (regs). Regs onder: Die oorwinnaars se borsspelde word aangesteek.

Alida Buckle VREDENBURG – Stappers by vanjaar se CANSA Relay For Life het, ten spyte van reën wat bly dreig het, hul ure om die baan voltooi. Riana Oosthuizen, woordvoerder, skerts dat “almal voorbereid met seep en handdoek was sou dit reën, aangesien water so skaars is ...”. Op ‘n ernstiger noot - 65 spanne het aan die jaarlikse kankerbewusmakingsveldtog deelgeneem. Prinro het sommer vier spanne en Sea Harvest drie ingeskryf. Sea Harvest het ook die meeste geld vanjaar ingesamel. Die spangeesbeker is aan Siyabonga se Sia-Daisies toegeken, Sunshine Energy het die prys vir die beste vaandel gekry en die Purple Hearts-fondsinsamelingspan se kampplek is as die mooiste aangewys. Oosthuisen het gesê dat 'n heerlike atmosfeer deur die nag geheers het, met spanne wat in

massas om die baan gestap, gesing en selfs met ander spanne saamgespan het om die gees aan die gang te hou. Sy was veral beïndruk met die jongmanne wat gratis drukkies uitgedeel het, net in geval iemand dit sou nodig hê. Heibré Schronen, voorsitter van die kankeroorlewendes en haar span het sowat 134 kankeroorlewendes onthaal en bederf met ‘n driegangmaal en vioolmusiek. Met die openingseremonie het oorlewendes borsspeldjies vir hulle versorgers aangesteek, om so vir hulle dankie te sê. ‘n Jong vrou het ook haar lang hare vir 'n aansienlik korter kapsel verruil en haar poniestert geskenk, sodat ‘n pruik daarvan gemaak kan word. “Met hierdie gebaar het sy die hartsnare geroer.” Twee kinders het ook kom vertel hoe hulle kanker ervaar het. Marius Bester, spitsvondige seremoniemeester, het sy "moves" tydens die taebo-oefening

gewys. Vermaak is deurnag verskaf onder meer deur Weskus Kallie en Due West. Spanlede kon ook hul talente op die verhoog deel. Volgens Oosthuizen het die manne in die nuwe fopdos-ronde se uitrustings en hoë hakke het vir “heerlike vermaak” gesorg. Kinders kon aan inkleurkompetisies deelneem, hul hare laat sprei en gesigte laat verf, met June Haupt en haar span wat na hulle omgesien het. Vierhonderd dagbesoekers het ook die Saterdagaand deelgeneem, tot die baan om 23:00 vir buitestaanders gesluit is. Oosthuizen, ‘n nuwe intrekker van Gauteng, was verbaas oor die goeie ondersteuning en lekker gees. “Dit is altyd lekker om te sien as die komitee se maande van beplanning in plek val.”

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.