c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
14 Maart 2018
15.1%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 460
Swartland trek herfskle(u)re aan
14 Maart 2018
Swartlanders kan sien en voel dat herfs op pad is. Die aande is langer en die oggendluggie het 'n byt wat tot onlangs nie daar was nie. Lamtyd kruip nader en die bome gooi hul blare op die grond. Hierdie boom in die Riebeekvallei het reeds homself kaal gestroop en wag nou vir die winter om aan te breek.
•PRIKKELVOEDING DEURSLAGGEWENDE FAKTOR
Hoop vir lammers •Charlotte Lesch Lamtyd in die Swartland lê om die draai. Met die voortslepende droogte is dit nie altyd so duidelik watter vooruitsigte die seisoen vir die veebedryf inhou nie. Daar blyk egter ‘n positiewe sy aan die droogtetoestand te wees. Veearts, Francois de Villiers, verduidelik die droogte van twee jaar gelede het ‘n goeie lammeroes tot gevolg gehad, nadat ooie noodgedwonge prikkelkos gevoer is, omdat daar nie voldoende kos op die lande was nie. Ooie het danksy dié voer soms twee- tot drielinge in die lewe gebring. “‘n Goeie lammeroes word gewoonlik bepaal deur die prikkelvoeding wat ooie so vier tot ses weke voor dekking ontvang. Ons sal maar moet sien wat die seisoen inhou,” voeg hy by. Vee is nou skaars. Pryse wat boere vir hul rooivleis betaal word, is nog baie hoog, verduidelik De Villiers. Waar skaapvleis sowat ‘n jaar gelede R33/kg gekos het, kan verbruikers nou tot R44/kg betaal. “’n Verbruikersweerstand ontstaan gewoon-
lik wat verbruikers eerder laat oorskakel na hoendervleis en varkvleis, wat die prys van rooivleis uiteindelik weer afbring.” Volgens John Dürr, voorsitter van Agri Malmesbury en rooivleiskenner, is produksievlakke in die melkbedryf tans baie goed en dit word ondersteun deur goeie pryse, relatief tot die voerprys. “Die mieliepryse is tans ook nog baie gunstig, maar hierdie mooi prentjie kan met die naderende wintermaande dalk drasties verander as ruvoerbronne, veral die beskikbaarheid van koringstrooi, onder druk begin kom en die melkprys dalk ook kan daal. "Die afgelope koringseisoen se swak oeste het ‘n geweldige negatiewe impak gehad op die beskikbaarheid van ruvoer, wat baie noodsaaklik is, veral op melkplase, maar ook by vleisbeeste en skape.” Lusernpryse begin ook nou stadig maar seker styg. Biosekuriteit op alle veeplase gaan in die nabye toekoms ‘n al groter rol speel om die uitbreek van aansteeklike siektes te voorkom, saam
met veediefstal (klein kalfies), asook die diefstal van infrastruktuur. Wat die skaapbedryf betref, word daar steeds baie goeie wolpryse behaal, ondersteun deur vleispryse wat gedaal het, maar steeds heelwat hoër is as gedurende die voorafgaande jaar. Boere wat die afgelope jaar baie goed na hul skaapkuddes omgesien het en deurlopend, veral gedurende kritieke periodes, hul diere gevoer het, sal vanjaar weereens hul buurmanne uitstof wat dragtigheids- en lampersentasies betref. “Dié wat gebruik maak van intensiewe stelsels, sal veral ook groter rendement op hul belegging ontvang, veral gesien in die lig van die feit dat stoppellande tans baie kaal is en ruvoer dus vir hierdie bedryf, net soos die beesbedryf, baie skaars en duur is. "Ook hier speel veral veediefstal ongelukkig ‘n baie groot negatiewe rol en sal lede van die algemene publiek wat snags op ons openbare paaie beweeg, ons veeboere moet help om ‘n ogie te hou deur verdagte voertuie en mense, onverwyld aan te meld.”
NUUS • NEWS