c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
21 Maart 2018
14.8%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 461
21 Maart 2018
Kap dit uit by kermis
Die Laerskool Swartland op Malmesbury het die naweek hul jaarlikse kermis op die skool se velde gehou. Talle vermaak vir oud en jonk was weer op die spyskaart. Terwyl daar gebraai is deur die volwassenes, het die jongspan 'n draai met die kaskarre gery en hulself in die pret verdiep.
•RIEBEEK-BOORLING: SJEFSKOOL TOT TOP-HOTEL
Koppies tot u diens Charlotte Lesch RIEBEEK-WES - Van ‘n toekoms in die grootmenswêreld wat eens baie beroerd gelyk het tot ‘n top-posisie by ‘n gesogte hotel, het Peter Koppies van Riebeek-Wes bewys dat harde werk en eerbare kwaliteite ‘n mens ver kan bring. Hy het grootgeword op Riebeek-Wes waar sy ouers en drie susters steeds woon. Koppies het elke oggend douvoordag die bus na Malmesbury gehaal en aan Schoonspruit Sekondêr gematrikuleer. Om nie ‘n standvastige werk te hê nie, was buite die kwessie in die Koppies-huishouding. Hy het aanvanklik ná matriek ingeskryf vir ‘n onderwyskursus by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, maar niks van hul gehoor nie. “Ek vermoed ek het te laat ingeskryf.” Drie maande later is Koppies voorgestel aan Don King, deesdae van die bekende Ikusasa Sjefskool op Riebeek-Wes. King het aanvanklik kom aftree op die dorp ná ‘n loopbaan in die gasvryheidsbedryf waar hy as lektor by 'n internasionale hotelskool gewerk het. Hy kon nie stilsit nie en het die sjefskool begin. In 2013 was Koppies een van die eerste 10 studente aan dié skool wat ‘n gratis kursus in kookkuns ontvang het. Nie net was hy die top-student nie, maar het ook weggestap met ‘n internasionaal erkende kulinêre sertifikaat én ‘n beurs om ‘n drie-jaarlange kursus by 'n internasionale hotelskool by te woon.
“Don het my oortuig om eerder op bestuur te fokus,” voeg Koppies by. ‘n Sjefkursus verander toe in hotelbestuur wat uiteindelik die weg baan tot binne in Franschhoek - die geleentheid om deeltyds as ‘n bestuursleerling by die gesogte Le Franschhoek Hotel en Spa te werk. Hy was een van 20
leerlinge wat in haas elke departement in die hotel gewerk het - van skoonmaakdienste tot ontvangs. Met die sjefkwalifikasie in sy sak, het Koppies wel die kombuis gesystap. Vandag is hy die enigste van die 20 wat oorgebly het. Intussen het Koppies deur die vlakke opbeweeg van vakleerling tot kliëntediensopsigter in Februarie verlede jaar. Aan die einde van 2017 is hy bevorder tot assistent-kliëntediensbestuurder van dié veelbekroonde hotel. “Toe ek my eerste salaris aan die einde van Desember kry, het ek gedink, vir ‘n beter tyd plek kon ek nie vra nie,” sê ‘n opgewonde Koppies. Hy geniet dit nog om kos te maak en te kyk wat in die kombuis gebeur, maar is baie gelukkig in sy huidige pos. Die hotel waardeer hom só dat hulle hom op ‘n kol moes oortuig om nie 'n pos elders te aanvaar nie. Koppies het in ‘n streng huis grootgeword, waar respek, eerbare kwaliteite en geloof hoog geag was en steeds belangrik is. Hy droom nie te ver nie, maar is baie opgewonde oor die toekoms. Sy werkgewer besit verskeie hotelle en is ook besig met die oorname van verskeie ander. “Ek kan moontlik verplaas word om te help om ander hotelle te vestig of op die regte standaard te help bring. Ek is baie dankbaar teenoor Don en Anne Fischer wat my leer kook het en Ikusasa vir die geleenthede wat hulle my gegee het,” voeg Koppies by.
NUUS • NEWS