461 dié courant Wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

21 Maart 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 461

21 Maart 2018

•KONSTABEL WILLIAMS TRAP DIEP SPORE

Polisieman ploeg terug Hugenote se mooistes gekroon

•Jaomi Zeeman Konstabel Terrence Williams van die plaaslike SAPD is nie net ‘n getroue lid van hierdie instansie nie, maar ploeg ook in sy vrye tyd terug in sy gemeenskap. Hy is die leier van die Wellington Kerskoororkes wat onlangs as die wenner van die Kaapse Wynlanddistrik se kompetisie vir hierdie groepe uit die stryd getree het. Terrence, wat sy hele lank al op Wellington woon, is 36 jaar oud en ‘n gesinsman met ‘n vrou en twee kinders. Ten spyte van die uitdagings en lang ure wat sy werk in die SAPD van hom eis, ruim hy ook nog tyd in om ure saam met die Wellingtonse Kerskoor te oefen - iets wat hy met groot welslae doen. Volgens Terrence verg dit harde oefening om vir ‘n kompetisie soos dié van die Kaapse Wynlande voor te berei. “Voor ‘n kompetisie oefen ons elke dag van Maandag tot Vrydag. Andersins oefen ons so een tot twee keer per week en ons tree gereeld by verskillende geleenthede op,” sê hy. Terrence is van kleins af aan musiek blootgestel en het in ‘n huis waar musiek ‘n belangrike rol gespeel het, grootgeword. “My pa het die orrel en die klavier bespeel en is baie musikaal. Ek het in ‘n huis vol musiek grootgeword,” vertel hy. Hy het sy kennis van musiek by die kerk uitgebrei waar hy deur die jare op verskillende platforms by musiekbediening betrokke was. “In 2015 het mnr. Mitchell by die Nuwe Apostoliese Kerk my gevra of ek bereid sou wees om die musiekbediening en koor te behartig. Ek het toe ook die leier van die Kerskoor geword,” sê Terrence. Alhoewel hy geen formele musiekopleiding het nie, het hy homself geleer om musiek te lees en kan hy ‘n verskeidenheid van instrumente bespeel. Hy gebruik nou hierdie kennis om iets in sy gemeenskap terug te ploeg. Dit was hierdie jaar die eerste keer dat Wellington as gasheer vir die Kaapse Wynlande musiekkompetisie opgetree het en daarom is die Wellington Kerskoor se oorwinning vir hulle ekstra spesiaal. “Daar is verskillende afdelings waarin ons orkes moes deelneem. Daar is ‘n voorgeskrewe lied, waarin ons as die beste orkes aangewys is,

Francois Marais en Andrea Louw is op Donderdagaand 15 Maart as 2018 se wenners van die Mnr. en Mej. Hugenote-kompetisie aangewys. Die seremoniemeester was die bekende Izak Davel. Die beoordelaars was Amaria Carstens, Viljé Maritz en Armand du Plessis. Bo is: Armand du Plessis (beoordelaar), Izak Davel (seremoniemeester), Ashleigh Parsons (eerste Prinses), Francois Marais (Mnr. Hugenote), Farron Eland (tweede Prinses), Thomas Linnegar (eerste prins), Reinard Reitsma (tweede prins), Amaria Carstens (beoordelaar). Voor is Andrea Louw (Mej. Hugenote) en Viljé Maritz (beoordelaar). velditems, ‘n afdeling vir die bes geklede groep en die besgeklede drum major, sowel as ‘n afdeling vir die grand march pass,” vertel Terrence oor die formaat van die kompetisie. Alhoewel die Wellington Kerskoor eers in 2015 gestig is, het hulle in 2016 reeds ‘n vierde plek by die kompetisie behaal. In 2017 het hul na die tweede plek gevorder en hierdie jaar het hulle met die louere weggestap. Hul ledetal het ook van ‘n aanvanklike 10 lede na 25 lede gegroei en volgens Terrence is daar steeds ongekende belangstelling van mense wat graag deel van die orkes wil word. Kaptein Basil Seekoei van die plaaslike SAPD het as een van die beoordelaars by die kompetisie opgetree en is baie beïndruk met die plaaslike orkes se prestasie. “Hierdie kompetisie verg meer dissipline as byvoorbeeld die kompetisie wat vir die Klopse gehou word. "Ons beoordeel hul drilbewegings en peletonne. ‘n Mens kon duidelik die presisie en dissipline wat konstabel Williams in die SAPD

geleer het in sy orkes se vertoning bespeur. Vir ons is dit ‘n bron van trots. In ‘n tyd van sosiale en morele verval is sulke dinge miskien net die oplossing om hierdie probleme teen te werk,” het hy gesê. Volgens Kaptein Seekoei is die deelname aan kore en orkeste soos hierdie ‘n gesonde, gestruktureerde manier om mense, en veral jongmense, uit die kwaad te hou en ‘n gedissiplineerde lewenswyse en toewyding te kweek. “Ek hou van die idee dat dit vir mense ‘n plek gee waar hulle voel hulle behoort. "Dit is ‘n gesonde alternatief vir bendebedrywighede en kriminele aktiwiteite,” het hy laat hoor. “Daar is baie jongmense en kinders wat ook deel is van ons orkes. Sommige van hulle was voorheen met dwelms deurmekaar. "Hul betrokkenheid by die orkes gee hulle iets sinvol om hulle mee besig te hou en leer hulle dissipline. "Dit is dinge wat ons gemeenskap en ons land kan vorentoe vat. Dáárom belê ek daarin,” sê Terrence.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.