461 die courant Weskus/Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

21 Maart 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 461

21 Maart 2018

•DAG ZERO IS IN ONS HANDE - LINDE

Water steeds beperk

•Alida Buckle en Izélle Garcia As deel van die Saldanhabaai-munisipaliteit se maatreëls om water te bespaar, oorweeg die owerheid die verkoop van die Saldanha vakansieoord. Só het die munisipale bestuurder, Pierre Voges, verlede week by ‘n paneelbespreking van die Weskus Sakekamer op Paternoster gesê. Hy het bygevoeg dat die fyner besonderhede nog nie uitgewerk is nie. Dit is een van die stappe wat die munisipaliteit oorweeg om te sorg dat inwoners in die gebied elke dag van water voorsien word. Die geld wat spruit uit die verkope van munisipale bates is ‘n druppel in die emmer, omdat die bou van ‘n ontsoutingsaanleg, soos beplan by Danger Bay by Saldanha, ongelooflik baie kos, het Voges gesê. Die munisipaliteit bespaar, luidens ‘n onlangse verklaring, aansienlik op die hoeveelheid water wat hulle by die Wes-Kaapse Watervoorsieningstelsel verkry. Dit word bereik deur deurlopende vraagbestuursinisiatiewe en die gebruik van die bestaande boorgate in die Langebaanweg-waterdraer. Volgens munisipale woordvoerder Ethne Julius is die beskikbare waterbronne, selfs met die verminderde aanvraag, steeds onvoldoende om te hou tot die winterreën val. Die voltooiing van alternatiewe waterbronne gaan ook te lank neem. “Die watervoorsieningstelsel is onder erge druk en verdere ingryping om die vraag te verminder en die beskikbare waterhouvermoë van bronne te verleng, is dus uiters belangrik. Daar sal bykomend bespaar moet word om basiese waterdienste aan inwoners te verseker.” Die Saldanhabaai munisipale raad het aanbevelings op ‘n spesiale raadsvergadering op Donderdag 15 Maart te Vredenburg aanvaar om die munisipaliteit met sekere ingrypings te help om die vraag na water te verlaag en die beskikbare watervoorsiening te verleng: • Waterklampe van 6kl per maand gaan by alle behoeftige huishoudings aangebring word. • Alle waterwinkels mag slegs water afkomstig van buite die munisipale gebied verkoop. Geen drinkbare water van dié munisipaliteit mag daarvoor gebruik word nie. • Alle geleenthede moet bewys dat hulle waterneutraal is en 'n waterplan aan die owerheid voorlê, voor die geleentheid goedgekeur sal word. • Munisipale oorde mag maandeliks net 50% van hul 2017 besoekergetalle toelaat. • Bykomend tot Vlak 6B-waterbeperkings word alle huishoudings met vier inwoners beperk tot 'n maksimum verbruik van 200 liter per dag of 6 kl per maand. Huishoudings met meer as vier inwoners moet formeel aansoek doen om Vlak 6B-vrystelling. •Alle bouprojekte, insluitend die bou van huise, mag slegs met nie-drinkbare water uitge-

Polisie wys hul staal Die Internasionale Polisievereniging se jaarlikse buitelugstaptog in die Vredenburgstreek, is vanjaar deur Porterville en Milnerton oorheers. Konst. Alethea Rhode (links) van Vredenburg se polisie wys haar vreugde nadat sy die 6km pretloop al langs die strand by Tietiesbaai voltooi het.

voer word. Voorkeur sal aan nywerhede, grootmaat-konstruksie en bouprojekte vir die gebruik van afvalwater gegee word. Oortreders van dié beperkinge sal swaar gestraf word en dit sal op hul rekeninge einde April wys – eerste oortreding ná waarskuwing: R1000boete; tweede oortreding ná 'n waarskuwing: R2000-boete; ná die derde oortreding gaan ‘n waterklamp van 6kl per maand aangebring word om waterverbruik te beheer. Volgens Julius is die munisipaliteit bewus van onlangse gerugte dat die Nasionale Departement van Water en Sanitasie waterverspreiding na die gebied beëindig het, maar verseker inwoners dat dit onwaar is. Inwoners en sakeondernemings word aangemoedig om op die munisipale SMS-databasis te registreer om boodskappe oor waterbeperkings te ontvang. Om te registreer, stuur jou selfoonnommer saam met jou woonadres na register@sbm. gov.za. *Intussen doen advokaat Hanlie Linde, munisipale bestuurder van die Bergrivier-munisipaliteit, ook 'n beroep op inwoners in dié munispale area om krane stywer toe te draai, ten spyte van 'n besparing van 45%.

"Sedert Januarie het die hele munisipale gebied 45% bespaar. "Elke persoon mag slegs 50 liter water per persoon per dag gebruik. Dit gebeur nog nie. Op ons huidige verbruik word Dag Zero bereken vanaf 15 Mei, maar ons kan dit uitstel deur soveel as moontlik te bespaar. Kom ons mik vir 55%. Ons vra dat almal minder as 50 liter water per dag sal gebruik. Dag Zero is in ons hande," maan sy. Linde beklemtoon dat kraanwater wel tans drinkbaar is. "Indien 'n kook-instruksie of geen-drink-water-instruksie in die toekoms begin geld, sal inwoners dit deur die amptelike kanale hoor." Volgens haar word die waterkwaliteit op 'n weeklikse basis getoets deur 'n onafhanklike diensverskaffer. Die uitslae word oor vier kategorieë geplaas naamlik mikrobiologies, chemies, fisies en organoleptiese afdelings en ook SANS 241. Bergrivier het 'n punt van 98.8% behaal. Dit is bo die norm en dui op uistekende waterkwaliteit. Velddrif/Noordhoek en Dwarskersbos se waterverspreidingsnetwerk kom via die Withoogte-waterskema en ook Saldanhabaai-munisipaliteit. Hier is die berekende Dag Zero ook 15 Mei. Dié water kom ook vanuit die Misverstanddam.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.