462 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

28 Maart 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 462

28 Maart 2018

Chris tuis met nuwe hart

Wellington se held, die elfjarige Chris Truter wat net meer as ‘n maand gelede ‘n hartoorplantingsorperasie ondergaan het, het op Maandag 26 Maart teruggekom huis toe. Leerders van Hugenote Hoër- en Laerskool het hom verwelkom deur ‘n erewag al langs Blouvleiweg te vorm. Hulle het rooi balonne, vlaggies en baniere gewaai om hierdie besonderse Wellingtonner, wie se storie van hoop mense landwyd geïnspireer en aangegryp het, te vereer en terug in die dorp te verwelkom. Chris se groot glimlag en waaiende handjie het hulle deur die motorvenster begroet.

•AANKONDIGER BY NASIONALE BYEENKOMSTE

Man agter die stem •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Kobus Basson is eintlik ‘n nasionale bekende. Al sal die meeste mense hom nie noodwendig op straat herken nie, sal enige atleet of sportentoesias sy stem uitken, want hierdie man was al die aankondiger by van die streek, provinsie en land se voorste atletiekbyeenkomste. Kobus woon van kleins af op Wellington. As die seun van ‘n plaaslike boukontrakteur sou hy nooit as kind kon droom dat sy stem by nasionale sportbyeenkomste oor die luidsprekers van groot stadions sou weerklink nie. “Ek het my skoolloopbaan op Oudtshoorn by die HTS voltooi. Ek het myself daarna as ‘n plaatmetaalwerker in Soutrivier by winkel 45 bekwaam en my weermagopleiding in 1984 op Bethlehem voltooi,” vertel Kobus. Hy is tans ‘n onderwyser by die Westcliff skool in Bellville. Sy loopbaan as aavkondiger het eintlik toevallig begin.

“Ek was gekies as ‘n beampte vir ‘n atletiekbyeenkoms op Coetzenburg. Die aankondiger vir die byeenkoms het nie opgedaag nie en toe vat ek maar die kans agter die mikrofoon,” lag hy. Hy het so ‘n groot sukses van hierdie kans gemaak, dat hy sedert 2007 ‘n gereelde aankondiger by byeenkomste is. “Ek doen feeste, atletiekbyeenkomste en is ook gereeld seremoniemeester by troues,” sê hy. Van die grootste byeenkomste waar hy al as afkondiger opgetree het, sluit Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkomste vir Hoër- en Elsen-skole in. Hy was ook al ‘n paar keer die afkondiger by die plaaslike Safari-halfmarathon, sowel as die toptien skolebyeenkomste. “Ek het ook al die WP skolebyeenkoms by die

Groenpunt Stadion gedoen en verlede naweek was ek die aanfkondiger by die Suid-Afrikaanse Junior Atletiekbyeenkoms by Dal Josaphat in die Paarl,” vertel hy. Volgens Kobus moet ‘n mens ‘n liefde vir en belangstelling in sport hê om as ‘n aankondiger by sulke groot byeenkomste te kan optree. “Ek leef myself in ‘n byeenkoms in, want ek hou van atletiek, omdat dit so n mooi sport is,” sê hy. Kobus droom daarvan om eendag ook die aankondiger by ‘n nasionale senior-atletiekbyeenkoms te wees. Hy het ook ambisies om homself as ‘n afslaer te bekwaam. Hy is ook baie dankbaar teenoor die mense wat hom op sy pad as aankondiger gehelp het. “Mense soos Brandon du Plessis, Brice Carelse en Deon Wertheim het my ongelooflik ondersteun en gehelp tot waar ek nou is. Vir hulle wil ek baie dankie sê,” sê hierdie nederige man met ‘n liefde vir atletiek en die groot, goue stem.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.