463 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

4 April 2018

14.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 463

Darling-kaptein sorg vir skitterdrie

4 April 2018

Die Darling-rugbyklub se span het die naweek hul merk gemaak in die Paastrofee wat op Saldanha gehou is. Die span het in die stryd om die Baktrofee kragte gemeet teen die span van Vredenburg. Die Darling-kaptein, Earl Lewis, se hardloopdrie van een kant van die veld na die ander, het groot opslae gemaak. Die eindtelling was Darling 36 Vredenburg 32.

•SWARTLANDER EN SPAN MIK NA SA-REKORD

‘Super amazing’ •Charlotte Lesch MALMESBURY - Die Swartland se haastigste vrou in die saal van 'n baanfiets, Elfriede Wolfaardt, is tans in die Goudkus (sesde grootste stad in Australië) waar die 2018 Statebondspele vandag met die openingseremonie afskop. Wolfaardt (43), een van 5 vrouebaanryers in die SA Statebondspan, sê uit die Race Village van die spele in Queensland, wat sy as “pragtig en kleurvol” beskryf, haar “senuwees was aan flarde die eerste klomp dae, maar dit lyk darem of my bene intussen ook opgedaag het.” “Dit was ‘n lang vlug,” sê Wolfaart. En voeg by dat sy boonop op pad na Australië bietjie siek geword het. Sy het die naweek ook haar verjaarsdag daar gevier. Daar is vanjaar meer as 6600 delenemers en beamptes van 71 nasies by dié Gemenebesspele wat oor 11 dae beslis word. Sy vertel steeds opgewonde van die oproep wat sy vroeër vanjaar gekry het om haar insluiting in die span te bevestig. “Ek was druk besig om te werk en het die oproep met die goeie nuus nie verwag nie.” Maar daar moes baie werk gedoen word en logistieke hindernisse oorkom en ook 'n bietjie naels gekou word op pad na die Goue Kus, voeg

sy by. In Mei verlede jaar was daar die eerste sprake dat die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) ‘n baanspan na die spele kon stuur. Toe het die jaers begin fokus om dit te laat gebeur. Die uitdunne om die span saam te stel, het in Oktober by die Bellville Velodrome plaasgevind. ‘n Maand later is hulle na Johannesburg om aan ‘n oefenkamp deel te neem en die beste tyd aan te teken. Twee van die ryers was egter toe oorsee en die goedkoopste opsie was om in Desember in Maleisië die kwalifiserende tyd te gaan ry. Vandaar was dit tande kners voor die span bekend gemaak is. “Met interne politiek was dit ‘n groot verrassing dat ons wel bo ander dissiplines ‘n span kon stuur,” verduidelik sy. Die span het die 24ste Maart vanuit Johannesburg direk na Sydney gevlieg en vandaar na Brisbane. Haar eerste wedren is môreoggend om 06:42 Suid-Afrikaanse tyd wanneer die SA Span in die

Anna Meares Velodrome in die eerste kwalifiserende wedren vir die 4000m spanagtervolging jaag. Oor haar eerste besoek aan dié baan die naweek het Wolfaardt gesê die houtbaan is “glad, vinnig en super amazing”. Die baan het 'n helling van 43.9 grade. Die finale wedrenne begin om 11:30 Suid-Afrikaanse tyd. Wolfaard jaag ook Vrydag om 05:26 (SA-tyd) in die uitdunne van die 3000m enkelagtervolging. Die eindronde begin om 11:30 (SA-tyd). Daar was nie baie tyd om as ‘n baanspan saam te oefen nie. Hulle fokus steeds daarop om ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord op te stel, maar ook om elke geleentheid aan te gryp. Sy beskryf dit as ‘n “ongelooflike ervaring en voorreg” om daar te kan wees en bedank almal by die huis vir hul ondersteuning. “Ek het mense op Malmesbury raakgeloop wat my sterkte toegewens het en kry baie bemoedigende boodskappies op Facebook en Whatsapp. Dit laat my regtig baie werd voel,” voeg die beskeie jaer by.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.