463 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

4 April 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 463

4 April 2018

Die span van Roses Unitedrugbyklub het die naweek aan die Paastoernooi op Saldanha deelgeneem en stof in die teenstanders se oë geskop toe hulle as die wenners van die toernooi aangewys is. Links: Betram Vraagom, voorsitter van die Saldanhabaai-rugbyklub en burgemeester Marius Koen oorhandig die wenbeker aan Thurlow March, kaptein van Roses United. Hy is ook as Agterspeler van die Toernooi aangewys.

Roses, jou doring! •'EK KAN JUL NET KOMPLIMENTEER'

Dankie - Dr. Rust •Jaomi Zeeman Dr. Manie Rust het op Dinsdag 27 Maart ‘n hele groep van die plaaslike SAPS-lede na sy huis genooi vir ‘n geselligheid waartydens hy hul vir hul puik diens tydens die moordondersoek van sy vrou, die bekende skrywer Winnie Rust, bedank het. Vriende en lede van die Wellington Aksie Groep (WAG/Stopmisdaad) het ook die geleentheid bygewoon. Dr. Manie het vroeër in ‘n verklaring gesê dat hy dankbaar is vir die wyse waarop die plaaslike SAPS die hele aangeleentheid hanteer het en hulle geprys vir die wonderlike werk wat hulle, ten spyte van moeilike werksomstandighede, doen. Hy het hierdie sentiment tydens die spesiale geleentheid wat hy vir die SAPS-lede gereël het, bekragtig. “Julle het my in ‘n baie moeilike situasie bygestaan. "Die manier waarop julle almal my hanteer het, en die deeglikheid waarmee julle gewerk het, is iets waarop ek julle net kan komplimenteer,” het hy dankbaar gesê. Volgens dr. Manie het hy nie voorheen veel ervaring van die werkswyse van die polisie gehad nie, maar hy het wel onlangs ‘n paar keer die polisiestasie besoek. “Dit skok my om te sien in watter omstandighede julle moet werk. Ten spyte hiervan doen julle ongelooflike deeglike werk. Daar is baie vet katte met groot salarisse wat met groot, slap karre rondry, terwyl julle onbaatsugtige, geweldige belangrike werk met min hulpbronne doen. Ek was baie beïndruk met hoe julle werk. Ek wil ‘n glasie klink op die SAPS,” het hy hulle geprys. Die SAPS-lede was dankbaar vir die erkenning

Francois Theron en Stephan Landsberg van WAG/Stopmisdaad, kol. J. Barkhuizen, stasiekommissaris, dr. Manie Rust, kaptein L. Burden, luitenant-kolonel A.D. Brown, sersant I. Karriem en AO N. de Lange (afwesig sersant P. Koordon). wat op hierdie wyse aan hulle gegee is. “Dit is min dat die deeglike werk wat ons doen raakgesien en geprys word. Ons weet dat dit ook ‘n moeilike pad vir dr. Manie en sy familie was en ons wens hom alle sterkte toe,” het die SAPS-lede gesê. Volgens Francois Theron van WAG/Stopmisdaad was dit van die begin af dr. Manie se behoefte om na afloop van die saak ‘n verklaring uit te reik waarin sy dankbaarheid, tevredenheid en bewondering teenoor die werk wat die plaaslike SAPS tydens die moordsaak gelewer het, beklemtoon word. “Ons wil hê dat hierdie boodskap ook na die

groter SAPS-organisasie deurgedra word. Ons wil namens WAG/Stopmisdaad ook vir julle baie dankie sê vir wat julle in en vir die gemeenskap doen. Baie van die suksesse wat die plaaslike polisie behaal is as gevolg van die feit dat ons ‘n georganiseerde gemeenskap is wat mekaar se hande wedersyds versterk,” het Francois gesê. Dr. Manie het self die spyskaart vir die geselligheid beplan en eiehandig die kos waarop hy die SAPS-lede getrakteer het, voorberei. “Dit is vir my ‘n eer en ‘n voorreg om julle vanaand hier by my huis te ontvang. Ek is oneindig dankbaar vir die manier waarop julle hierdie hele saak hanteer het,” het hy gesê.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.