464 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

11 April 2018

14.2%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 464

11 April 2018

Miskombers

As die mis sy arms om Malmesbury loswikkel, hou Tafelberg 'n wakende oog oor dié dorp in die hartjie van die Swartland. Die jaar is besig om vinnig momentum op te tel en voor jy jou oë uitvee, is dit weer tyd vir interskole-stryde, skoue en meer - dit wat 'n gereelde inskrywing op die plaaslike dagboek is. Die skougronde op Malmesbury (links) sluimer nou, maar sal oor 'n paar maande weer 'n miernes van bedrywigheid wees as skoutyd aanbreek. Foto: Johan Viljoen

•DIENSTE KAN MET 6 TOT 6.8% STYG

SM fokus op armes

•Charlotte Lesch MALMESBURY – Die hooffokus van die Swartland munisipale kapitaalbegroting vir die volgende finansiële jaar, val op die laerinkomste-gebiede binne die munisipale grense met 'n toekenning van 72%. Só het die Swartland Munisipaliteit (SM) se uitvoerende burgemeester Tijmen van Essen gesê oor die konsepbegroting voor die raad. Hy het die voorlopige kapitaal- en bedryfsbegrotings vir die jare 2018/2019, 2019/2020 en 2020/2021 asook die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) tydens ‘n raadsvergadering voorgelê. “In ’n poging om die munisipale rekening bekostigbaar te hou, die finansiële volhoubaarheid van die plaaslike munisipaliteit te verseker én die meerjarige begroting se geloofwaardigheid te behou, is die voorlopige gemiddelde verhoging op huishoudings vir die 2018/2019 se finansiële boekjaar sowat 7% tot 8%.” Luidens die raadsnotule voorsien die owerheid dat vlak 6-waterbeperkings met die aanvang van die nuwe boekjaar voorlopig van krag sal bly en word 'n gemiddelde verhoging van 6% daarvoor voorgestel “Die voorlopige tariewe is nie vasgestel in ‘n poging om ekstra inkomste te genereer nie.”

Die SM sal vanaf 1 Julie 2018 15.26% meer vir water vanaf die eerste kiloliter betaal. Die voorgestelde verhoogde watertariewe lyk soos volg: Waar inwoners tans R4.50 per kiloliter betaal het vir verbruik tot 4 kiloliter, sal dit nou R5.04 per kl kos, wat neerkom op 'n 12% verhoging. Die verbruik van 5-10kl styg van R12.58 na R14.09 (12%). Die verbruik van 11-15kl kos voortaan R14.60, 16-20kl kos R15.10, 21-25kl se tarief styg na R27.44 en 26-50kl styg van R17.32 na R57.18 . Die verbruik van 51kl en meer styg van R26.81 na R78.91 per kl. Die voorgestelde verhoging vir belastingtariewe op residensiële eiendom is 6%. Die verhoging op sake-eiendomme beloop 8%. Elektrisiteitstariewe styg voorlopig met 6.84, maar is onderhewig aan verandering en moet deur NERSA oorweeg word. Die finale tariefvasstelling deur NERSA word later vandeesmaand verwag. Vullisverwyderingstariewe styg voorlopig met 8.6% (R2.95), terwyl 'n styging van 6% vir riool voorgestel word. Die totale konsep-kapitaalbegroting vir die komende boekjaar beloop R88, 146 miljoen met R50 miljoen wat deur die raad bygedra word, ter-

wyl die voorlopige totale aanwendings van die kapitaalbeleggings oor die volgende drie fiskale jare ‘n bedrag van R308,765 miljoen beloop. Dit sluit ‘n verhoging van R63,252 miljoen in. Die konsep bedryfsuitgawes klim voorlopig van R668,443 miljoen na R702,594 miljoen wat neerkom op ‘n verhoging van 5.1%. Die konsep bedryfsinkomste styg ook van R730,552 miljoen na R747,705 miljoen, wat neerkom op ‘n jaar op jaar groei van sowat 2.3%. “Die SM het met die opstel van die begroting, veral ook gekyk na die druk op inkomstevlakke van die betalende publiek, die pleidooi van die armes, asook die potensiële negatiewe impak op toekomstige uitstaande skulde en betalingsvlakke, veral in die lig van noodwatertariewe wat nie addisionele inkomste genereer nie.” Die voorlopige totale salarisbegroting styg van R202,638 miljoen na R219,215 miljoen om sodoende ruimte te skep vir die nasionale vasgestelde jaarlikse aanpassings in salarisse en voordele. Insette moet skriftelik aan die munisipale bestuurder gerig word voor of op 3 Mei om 12:00 en kan per e-pos gestuur na swartlandmun@ swartland.org.za gestuur word. Die finale GOP en begroting sal op 31 Mei aan die raad voorgelê word vir goedkeuring.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.