c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
18 April 2018
13.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 465
18 April 2018
•LAE REËNVAL LEI TOT HOËR GEHALTE VAN OLIE
Olyfoes ook kleiner
Die olyfoes het vanjaar in volume afgeneem, maar die olyfolie se kwaliteit het aansienlik verbeter. Hier word daar op Kloovenburg in die Riebeekvallei geoes. •Charlotte Lesch RIEBEEK-KASTEEL - Die droogte in die Wes-Kaap het 'n reuse-impak op die grootte van landbouoeste, maar dit het ook bygedra tot 'n toename in die gehalte en konsentrasie van produkte se karakter en geure. Nie net het die afgelope parsseisoen 'n kleiner wyndruifoes met 'n hoë kwaliteit druiwe opgelewer nie, maar dieselfde geld nou ook by olywe in die Swartland. Die meeste olyfprodusente het twee tot drie weke gelede begin pluk, terwyl Goedgedacht by Riebeeksrivier van vandag af wil begin oes. Die eienaar van die Kloovenburg Wyn– en Olyflandgoed op Riebeek-Kasteel, Pieter du Toit, is dit eens dat die olywe ‘n "harde knou vat met die droogte," maar hy sê hy is tog baie bly oor die hoë gehalte van die olyfolie tot dusver. Die landgoed het twee weke gelede begin oes soos die waterbronne begin minder raak het. Volgens Du Toit is die vrug nie baie groot nie en boonop verrimpeld. “Die olywe is baie kleiner, maar die olie se kwaliteit is baie goed. Waar ons gewoonlik 6kg vir ‘n liter benodig het, sukkel ons nou om 'n liter uit 8kg te kry.”
Die seisoen is ook vervroeg en korter. Waar die olyfseisoen gewoonlik teen Junie tot ‘n einde loop, voorspel Du Toit dat hulle reeds teen einde volgende maand klaar sal wees. "Dit is ‘n bose kringloop en affekteer ook werksgeleenthede. Ons het juis olywe geplant om die seisoen uit te rek, maar tot dit is nou korter.” Kloovenburg het verlede jaar 200 ton olywe geoes. Vanjaar word ‘n kleiner oes verwag met 'n afname van tot 60%. Daar is nog nie baie tafelolywe van die bome afgehaal nie en die moontlikheid vir die verkoop van vars olywe raak ook al hoe skraler. Hy is egter hoopvol dat dit binnekort sal reën. "Die reën sal wel nie die olywe groter maak nie, maar wel mooier en nie so verrimpeld nie," verduidelik hy. Du Toit skerts en sê hy het darem nog goeie vars wyn wat gedrink kan word. Op die buurplaas Het Vlock Casteel is die oes tot dusver ook kleiner as gewoonlik weens die droogte. Hulle "is egter baie dankbaar dat daar wel vanjaar ‘n oes is". Maar almal het nie swakker oeste nie. Van die produsente in die Bergrivierstreek glimlag van oor tot oor. Jan-Hendrik Basson, bestuurder by Andanté Olives op Porterville, verwag vanjaar ‘n
groter oes as verlede jaar. Op die Wêreldsgeluk Olyflandgoed het hulle ook twee weke gelede begin oes. Volgens Basson het die droogte nog nie ‘n impak op hulle gehad nie. “Ons het nog genoeg water,” verduidelik hy. Hulle het tot dusver nie net olywe vir olieproduksie gepluk nie, maar ook al tafelolywe begin oes. Die landgoed het verlede jaar 225 ton geoes. Vanjaar word ‘n oes van 270 ton verwag. Die produksiebestuurder by Darling Olives, Nicole Koen, sê hulle olywe was nog altyd kleiner as gevolg van droëland-olyfboorde, maar sê die droogte het beslis ‘n effek op hulle oes wat kleiner sal wees. Darling Olives oes ook al sowat twee weke lank. Hulle het verlede week begin om swart tafelolywe te pluk. Koen sê hulle "sal eers kan sê hoe groot die effek op vanjaar se oes werklik is, wanneer die seisoen oor sowat twee maande verby is". 'n Woordvoerder vir Goedgedacht Olives sê die droogte sal ook hul oes vanjaar beïnvloed. "Ander produsente vanwaar ons olywe ontvang om olyfolie te produseer, het egter mooi olywe en redelike tonne van hul bome afgehaal danksy genoegsame waterbronne."
NUUS • NEWS