466 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

25 April 2018

13.8%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 466

25 April 2018

•KITS HERSTEL, DOEN NOU BREINNAVORSING

Doktoraal ná die ‘dood’ •Charlotte Lesch MALMESBURY - Die neuroloog het vir hom gesê hy gaan nie die nag oorleef nie. Tjerk Kits (53) van Malmesbury het sy kop op die hospitaalbed se kussing neergelê en gesê: “Liewe Here net nie dit nie.” Dit is vandag 17 jaar later en sy drome is groter as ooit. Kits, sy vrou en twee kinders, het in 1998 na Malmesbury verhuis, waar hy vir die departement van korrektiewe dienste gewerk het. Hy was ‘n aktiewe man wat in 1999 vir die Boland pluimbal gespeel het. Hy het marathonne gehardloop en tot aan die Cape Argus-fietstoer deelgeneem. Hy het voluit geleef. Of so het hy gedink. Ná 'n rugbesering in 2000 was hy genoodsaak om 'n rugoperasie te ondergaan. Vroeg in 2001 was daar nog teenspoed met bloedklonte wat deur sy hart na sy longe is. Hy het volledig herstel, maar kort daarna op 16 Julie 2001 verander sy lewe onherroeplik. Daar was weer ‘n bloedklont deur sy hart. Dié keer is dit na sy brein met ‘n erge beroerte wat gevolg het. “Die neuroloog het vir my gesê die beroerte was so groot dat ek dit nie sal oorleef nie. “Met my seun (toe 9) en my vrou, Benita, wat langs my bed staan, het hy gesê ek sal die volgende dag nie sien nie." Maar die volgende oggend was die swelling en die bloeding op sy brein wat tot sy dood sou lei, heeltemal weg. Daar was wel baie skade. Kits vertel die neuroloog het hom gesien en gesê hy sal vir die res van sy lewe in ‘n rolstoel vasgekluister wees en nooit weer kan loop nie. Drie maande later het hy ingestap by die kantoor van korrektiewe dienste, waar hy met 34 jaar diens tot verlede jaar gewerk het. Kits sê die linkerkant van sy liggaam dra vandag nog die gevolge van daardie beroerte. Hy kan nie sy linkerarm gebruik nie en sukkel om te stap, maar hy kán stap. “Ek het die onmoontlike oorwin en gestap en so stap ek nou nog. Ek stap waar ek wil wees. Ek ry

Kragmeting:

Twee van Malmesbury se plaaslike hoërskole, Schoonspruit Sekondêr en Hoërskool Swartland, se netbal- en rugbyspanne het gistermiddag op die velde van Swartland kragte gemeet. Hier is die o.16A-rugbyspan van die skole in aksie. waar ek wil wees. Ek het nie hulp nodig nie.” Hy sê gereeld vir mense: “I am not disabled, I am differently abled." "Ek kan steeds dinge doen, al doen ek dit stadiger. Daar is niks verkeerd met my brein nie.” Benita moes wel leer om eenvoudige takies soos ‘n spyker in die muur in te kap, self te doen. Soms doen hy die kapwerk dat sy net hoop hy kap op die regte plek, skerts hy. Sedertdien het hy keer op keer wonderwerke beleef. Kits erken dat hy ook sy af dae kry en dan antwoorde van sy Skepper vra. “Hy antwoord my, ek tel my kop op en gaan weer aan." Hy sê hy het nog altyd daarvan gehou om mense te motiveer. Hy was voor die beroerte ‘n positiewe mens. Hy het destyds ‘n program, The Power of Attitude, wat deur ‘n vriend van hom geskryf is, aangebied, omdat hy ‘n passie daarvoor het. Ná sy beroerte, het die passie om ander te motiveer al sterker geword. Hy het besluit om sy lewensomstandighede te gebruik om vir mense te sê dat ongeag jou omstandighede, jy steeds kan uitstyg. Kits glo positiewe denke gee aanleiding tot ‘n positiewe leefstyl en selfs

genesing. Hy bly glo dat hy weer "normaal" sal kan loop. In 2012 het hy weer sy neus agter die boeke ingeskuif en begin studeer met behulp van ‘n berader, dr. Marius Falck van Therapeia Training op Melkbosstrand. Kits het die Bybelse beradingskursus voltooi en besluit om aan te gaan met sy meestersgraad in teologie met die tema, die emosionele effek van die beroerte op die mens. Hy is tans besig met sy doktoraal in teologie met die tema, die mag van positiewe denke om trauma te oorwin. “Jou denke beheer jou brein en jou brein beheer dan op sy beurt jou liggaam.” Hy verduidelik sy besering is so groot soos ‘n gholfbal. "Soos ek hier sit, sê ek vir my hand om te lig en dit voel so, maar die aksie vind nie plaas nie, omdat die boodskap vassteek by die beskadigde deel.” Nou moet die brein ‘n manier kry om die boodskap by die linkerkant te kry en dit kan maande en jare vat om te herstel, maar dit kan,” sê hy. Kits doen nou self berading. Hy wil nog ‘n internasionale spreker word en hy "gee nie om of daar 2 of 2000 mense opdaag om te luister nie, solank ek een persoon se lewe aanraak". Kits sê sy grootste wens is om Suid-Afrika terug te vat na "die droom wat God vir ons het: SA is nie dood nie.”

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.