courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
25 April 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 466
25 April 2018
•ORGANISASIE SIEN EERSTE LIG IN VOORSTRAAT
Krisante vir 102de keer op skou te sien •Jaomi Zeeman Die Wellington se Krisante Vereniging (Wellington Horticultural Society) gaan hierdie jaar vir die 102de agtereenvolgende jaar hul jaarlikse Krisanteskou aanbied. Dit maak Wellington die dorp wat al vir die langste aaneenlopende tyd hierdie tradisie en erfenis in stand hou. Die Krisanteskou sal vanjaar op 5 Mei om 13:00 in die stadsaal afskop. Volgens professor Michael le Cordeur, een van die bestuurslede van die Wellington Krisante-vereniging is hulle al druk besig met voorbereidings vir hul 102de skou. “Ons is baie opgewonde oor hierdie groot mylpaal in dié belangrike tradisie op ons dorp en die laaste reëlings is besig om getref te word,” sê hy. Die ontstaan van hierdie meer as ‘n eeuoue-tradisie het in 1916 met die inisiatief van vyf manne in Voorstraat, Wellington, begin. Hierdie vyf legendariese manne was CP Adams van Parkstraat (voorsitter), JD Pietersen van Voorstraat (onder-voorsitter), JJ Isaacs van Kortstraat (onder-sekretaris, NC Brink van Parkstraat (tesourier) en AV Maurice van Voorstraat (sekretaris). Hulle het besluit om ‘n vereniging te stig waar die belangstelling in die plant van blomme, veral krisante, gestimuleer en bevorder kan word. Die eerste krisante-skou in Wellington is op Saterdag 26 April 1916 in die Nederduits Gereformeerde Sendingskool, die hedendaagse Pauw Gedenkskool, deur hierdie aanvanklike klein vereniging gehou. Prof. Le Cordeur, wat al ongeveer 32 jaar lank by die vereniging betrokke is, vertel dat hy die liefde vir hierdie stokperdjie van sy pa geërf het. Volgens hom het die droogte wat tans die Wes-Kaap teister ‘n groot invloed gedurende die laaste jaar op die krisante-kwekers se werk gehad. “Die droogte het definitief ‘n negatiewe invloed op die krisante gehad en talle uitdagings aan die kwekers gebied. Baie van die blomme is nog nie heeltemal oop nie, omdat dit nie die hele jaar vars water gekry het nie,” sê hy. Die droë toestande het mense egter volgens prof. Le Cordeur genoop om nuwe planne met hul krisante te maak.
Rust-toekenning se finaliste nou bekend
“Die kwekers moes nuwe vaardighede aanleer en innoverend dink om hul blomme tydens die droogte te versorg. Ons het ‘n paar waardevolle lesse, nuutgevonde vaardighede en innovasies, sowel as ‘n meer ekonomiese lewenstyl met die droogte, aangeleer. Dit was in die meer as 32 jaar dat ek aan die Krisante Vereniging verbonde is, die moeilikste tyd nog. Die lede het mekaar egter deurentyd bemoedig en nuttige raad met mekaar gedeel,” vertel hy. Die skou gaan egter nie net oor die vertoon van plaaslike kwekers se krisante nie. Die vereniging het ook ‘n been waar die dames met hul kundigheid en kreatiwiteit kan spog. Hulle neem onder andere aan afdelings waar hul naaldwerk, versierings, blommerangskikkings en fyngebak beoordeel word. Onder die top-presteerders in die damesafdeling was al bekendes soos Sylvia Le Cordeur (ag keer), R. Williams (vyf keer), P. Cavernelis (ses keer) en F. April (vier keer). Mev. Venitia Bosman is die mees onlangse wenner wat sedert 2000 al vyf keer die kroon ingepalm het. Volgens prof. Le Cordeur sal die geleentheidspreker by die skou Christo van der Rheede,
adjunkhoof van Agri SA, wees. ‘n Nuwe groep krisant-entoesiaste van die Bosmanplase sal ook hierdie jaar vir die eerste keer aan die Skou deelneem. “Met al die uitdagings rondom die droogte eer ons eintlik hierdie jaar, meer as enige jaar tevore, die nalatenskap van hierdie erfenis in ons dorp. Die mense wat 102 jaar gelede met hierdie inisiatief begin het, het nie krane met lopende water gehad om vir hul blomme te gebruik nie. Vandag, in 2018, moet ons op dieselfde wyse as 102 jaar gelede ons blomme versorg deur saam met die natuur te werk om die blomme te versorg,” sê prof. Le Cordeur. Hierdie unieke plaaslike vereniging, wat nie eens tydens die Tweede Wêreldoorlog ‘n skou gemis het nie, sal hierdie jaar, soos die afgelope 102 jaar, op die eerste Saterdag in Mei die pragtige vrug van hul handewerk, arbeid en toewyding ten toon stel. Wellingtonners wat deel in hierdie 102-jaar oue tradisie en erfenis wil hê, kan die Krisante Skou op 5 Mei in die stadsaal besoek. Dit open om 13:00 en toegang beloop R10 per persoon. Belangstellendes kan Anthony Cavernelis by 083 447 0309 kontak.
106 jaar: 'Ek voel nog springlewendig'
Rolene en kie inspireer by kinderoggend
NUUS • NEWS