468 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

9 Mei 2018

14.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 468

9 Mei 2018

Grond gebreek in planttyd

Dit is planttyd in die Swartland en oral is masjinerie op die lande druk aan die werk om die grond om te keer en die saad in die grond te plant. Op Paddavlei van Lammie Louw is dit ook geen uitsondering nie Hier is al die implemente ingespan om die werk gedoen te kry.

•SM SÊ JA VIR WARMWATER-ONTWIKKELING

Bron kry nuwe lewe •Charlotte Lesch MALMESBURY - Die water van die dorp se minerale waterbron wat die laaste jare saam met stormwater see toe vloei, kry moontlik weer lewe nádat een tender vir die gebruik van dié water ontvang is. Die De Bron-winkelsentrum is byna 18 jaar gelede op die plek gebou waar die warm water uit die grond vloei. Die Swartland Munisipaliteit het in 2016 tenders aangevra met gebruiks- en ontwikkelingsvoorstelle van voornemende ontwikkelaars of gebruikers. In 2015 het dié courant berig oor die minerale inhoud en gesondheidswaarde van die water nadat die koerant monsters van die water by 'n laboratorium laat toets het om vorige verslae oor die water te bevestig. Die warm mineraalwaterbron, waarvan die

plaaslike munisipaliteit sedert 1930 die eienaar is, is ‘n standhoudende fontein wat ontdek was voor die dorp in 1827 gestig is e Dit het ook tot die dorp se naam aanleiding gegee. Sir Lowry Cole, destydse goewerneur aan die Kaap, het die bron besoek vir sy genesingswaarde en die dorp na sy skoonpa, die Graaf van Malmesbury, vernoem. Die munisipaliteit het een tender van La Belle Creations CC ontvang vir die mineraalwater. Die tenderaar, Lynn Bell van La Belle Creations, se tender is goedgekeur, onderhewing aan bepaalde opskortende voorwaardes. Die voorwaardes sluit onder meer in dat La Belle Creations teen 30 Junie moet bewys dat daar met die eienaar van die De Bron-perseel ooreengekom is op ‘n roete vir die herleiding van die waterpyp oor die betrokke perseel na Erf 8857 in Smutsstraat waar die tenderaar besig is

met die ontwikkelingsproses van ‘n fasiliteit vir beide gesondheids- en onstspanningsdoeleindes. Die tenderaar moet ook geskrewe goedkeuring van die SM se direkteur van siviele ingenieursdienste kry vir die plan met die pypleiding. Daar moet ook vir dié doel ‘n toepaslik gekwalifiseerde ingenieur aangestel word om die ontwerp te doen. Die SM is nog in die proses om die ooreenkoms te finaliseer. Luidens die notule van die vergadering waar goedkeuring verleen is, word beplan dat die ontwikkeling reeds so vroeg as die einde van Augustus vanjaar voltooi kan wees, onderhewig aan ‘n lening van R3.5 miljoen wat bekom moet word vir fase twee, drie en vier van die projek. Die minerale fonteinwater sal teen ‘n bedrag van R5/kiloliter aangekoop kan word deur verbruikers.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.